top of page

Search this site

1614 results found with an empty search

  • Liggies vereer by Msukaligwa 1 prysuitdeling

    Liggies vereer by Msukaligwa 1 prysuitdeling 1/2 Share SH HATTINGH 27 April 2021 Ligbron is ook aangewys onder die Top 2 skole algeheel, in Msukaligwa 1. Alle vakke wat 100% slaagsyfer verwerf het, het ‘n sertifikaat ontvang. Op Vrydag, 16 April, het Msukaligwa 1 ‘n prysuitdelingsgeleentheid aangebied om skole te vereer vir hulle goeie matriekuitslae van 2020. Ligbron het by hierdie aangeleentheid die volgende toekennings ontvang: Beste Wiskunde (Me Elsa van Zyl en Me Lenie van Zyl) en Wetenskap (Me Magdeli Bosman) prestasie in Msukaligwa 1. Ligbron is ook aangewys onder die Top 2 skole algeheel, in Msukaligwa 1. Alle vakke wat 100% slaagsyfer verwerf het, het ‘n sertifikaat ontvang. Hierdie vakke sluit in: Afrikaans FAL (Me Edith Hattingh) , Engels HL en FAL (Me Mari Bosman, Me Caroline de Wet, Me Margaret van Helsdingen, Me Magda Smit en Me Talita Coetzer), Lewensoriëntering, Wiskunde (Me Lenie van Zyl en Me Elsa van Zyl), Wiskundige Geletterdheid (Me Frankie Nell), Fisiese Wetenskappe (Me Magdeli Bosman), Tegniese Fisiese Wetenskappe (Me Marelize Delport en Me Lizmari van Eeden), Rekeningkunde (Me Elsa vander Schyff), Toerisme (Me Erika Brand en Me Carinche Pretorius), Inligtingstegnologie (Mnr Gerhard Prinsloo), Rekenaartoepassingstegnologie (Mnr Pierre van Wyngaard), Elektriese Tegnologie (Mnr Scholly Johannes, Mnr Christiaan van Greunen en Mnr Jacques Snyman), Meganiese Tegnologie (Mnr Jan Bosman en Mnr Gerhard Ebersohn), Siviele Tegnologie (Mnr Andrew Els) en Ingenieursgrafika en –ontwerp (Mnr Arrie Lombard). Ammaarah Arbee achieved outstanding results in the Grade 12 2020 final exam! Not only is she Ligbron's Top Achiever with a percentage of 94.43 %, but also the top achiever in the region. Ammaarah received a trophy, certificate and bag. “Baie geluk aan elke onderwyser en leerder. Dankie vir julle toewyding en harde werk. Facta non Verba!” < Previous Article Next Article >

  • Hof staan borgaansoek toe na fratsongeluk

    Hof staan borgaansoek toe na fratsongeluk 1/5 Share SM HATTINGH 26 July 2022 Tydens hof was daar verskeie kere breek geneem oor die mediese verslae wat nog nie beskikbaar was nie. Vrydag, 15 Julie 2022, wat ‘n gewone werksdag sou wees vir ‘n plaasboer, het egter ontaard in ‘n groot ongeluk. Mnr. Louis Grobler (41) ‘n welbekende plaasboer wat op die Ermelo-Lothair pad boer, het die afgelope ruk groot skade gely as gevolg van diefstal op sy plaas. Louis het vanaf 2000 die boerdery oorgeneem om na sy moeder (71) en suster om te sien, asook na sy vrou en twee kinders. Louis het op dié Vrydag, tussen 12:00 en 14:00, gegaan na die landerye, waar daar beweer was dat van sy mielies gesteel word. Met aankoms by die landery het drie minderjarige kinders, onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud, uit die mielieland gehardloop. Hy het remme geslaan toe hy die kinders gewaar, maar weens die mielie blare wat in die lande gelê het, het die bakkie begin gly, en twee van die kinders is deur die bakkie gestamp. Louis het dadelik uit sy voertuig gespring om die kinders te help, en het ook dadelik vir Mnr. Lion du Plessis gekontak om hom te vertel van die ongeluk en om vir Louis te kom bystand gee. Hulle het dadelik die SAPD gekontak, asook mediese dienste vir die kinders. Na ongeveer ‘n uur was die SAPD steeds nie op die toneel gewees nie, waarna hul weer gekontak was. Louis het aan die SAPD verduidelik wat gebeur het, en hy is dadelik gearresteer. Hy staar nou twee aanklagtes van poging tot moord, en ‘n aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die oë. Tydens die gebeure was daar geen oog getuies op die toneel, behalwe Louis en die drie kinders nie. Hy het sy eerste verskyning in Ermelo Hof gemaak op Maandag, 18 Julie 2022, waarna die saak uitgestel was na Woensdag, 20 Julie 2022. Op Woensdag, tydens sy tweede verskyning, was die straat voor die hof gepak met verskeie politieke partye, waar daar gesing en gedans was. Elke persoon het ‘n plakaat gehad met verskeie spreuke soos “We want the dog behind the cell, no bail” en “All white dogs must fall”. Op Woensdag het Mnr. Mario Jungbluth aan die hof gesê dat Louis nie ‘n vlug risiko is nie, dat hy bereid is om sy paspoort in te handig, en dat hy glad nie sal inmeng met die ondersoeke nie en die plaaslike SAPD sal los om hul werk te doen. Hy het geen familie of enige bates buite die grense van Suid-Afrika nie. Mnr. Jungbluth het ook aan die hof gesê dat op die dag van die ongeluk, het Louis nie die toneel verlaat of weg gehardloop nie. Hy was inteendeel die een wat die SAPD, asook die mediese personeel dadelik gekontak het. Op Woensdag is die saak uitgestel na Vrydag, 22 Julie 2022. Vrydag was die straat voor die hof afgespêr deur die SAPD sodat geen voertuie daar kan beweeg nie, en die verskeie politieke partye was weer van vroeg oggend af besig om te dans en sing. Mnr. Werner Jungbluth, Louis se advokaat, was Vrydag in die hof, waar hy verskeie ander sake as voorbeelde gebruik het, soos die geval in Piet Retief van Pampoenkraal, asook ‘n saak in Groblersdal. Mnr. Jungbluth het in die hof gesê dat daar Woensdag in die hof gesê was dat minderjarige kinders nie weet wat reg en verkeerd is nie, waarop hy gevra het, “sal minderjarige kinders dan weet wat is die verskil tussen ‘n leun en die waarheid?” Daar is ook gerugte wat die rondte doen oor omkopery vanaf Mr. Saaiman, waarna Advokaat Jungbluth gesê het “indien dit die waarheid is, hoekom het die SAPD nie Saaiman gearresteer nie, en hoekom is daar nie ‘n saak geopen of gesê dat SAPD besig is met ondersoeke oor die gerugte nie?” Vrydag was ‘n baie moeilike en emosionele dag vir familie en vriende in die hof gewees. LUR Vusi Shongwe het ook Vrydag sy verskyning buite die hof gemaak. Die LUR het in sy toespraak aan die verskeie media huise gesê dat die plaaseienaar, plaaswerkers en plaasbewoners moet kan saam werk, en dat die plaaswerkers en plaasbewoners dadelik die plaaseienaar moet inlig indien hul sien of hoor van vreemde optrede, of indien iets fout is. Verskeie lede van die gemeenskap van Ermelo, asook vriende van Louis, het aan die Tribune gesê dat Louis nie in die tronk hoort nie, dat hy glad nie ‘n rassis is nie, en dat hy altyd daar is om te help, en sal altyd luister en raad gee. Op 10 Januarie het ‘n plaaswerker ‘n oproep gekry terwyl hy op die trekker gery het, dat sy kind weg was, en dat hul nie die kind kon vind nie. Die plaaswerkers het Louis dadelik ingelig, en toe Louis by die plaasdam kom, het hy sy lewe gewaag om ‘n kind se lewe te red. Hy het so ver gegaan om vir die kind mond-tot-mond asemhaling te gee, net om die kind te red. Nou staan die vraag, sal ‘n rassis ‘n swart kind mond-tot-mond asemhaling gee? Die man wat ‘n rassis genoem word, het vir die kind, wat ongelukkig later oorlede is, se begrafnis betaal, want die ouers het nie die finansies gehad nie. Louis maak altyd seker dat sy plaaswerkers net die beste het, en hy doen alles in sy vermoë om mooi en goed om te sien na sy plaaswerkers. Net soos wat hulle afhanklik is van Louis, net so afhanklik is hy van hulle. Tydens hof was daar verskeie kere breek geneem oor die mediese verslae wat nog nie beskikbaar was nie. Ten tye wat die verslae onder oë was deur beide partye, het die magistraat, Mnr. Motsepe, geen borgtog aan Louis toe gestaan nie, en was die saak uitgestel na, Dinsdag, 26 Julie 2022. Louis het intussen borgtog verkry, en is voorwaardelik vrygelaat. < Previous Article Next Article >

  • LJV skuts presteer in bloedige hitte

    LJV skuts presteer in bloedige hitte 1/9 Share GK CRONJE 20 October 2020 Die LJV sien uit om alle skuts, beginner of veterane, te sien by die volgende 3 Gun Shoot, wat op 14 November 2020 sal plaasvind, op die Klipfontein Skietbaan, 15km uit Ermelo op Amersfoort pad, met die afdraai by Familie Hoek. Die Laeveld Jagters Vereniging (LJV) Ermelo het onlangs hul staal gewys tydens ‘n prettige skietdag. Alhoewel die hitte drukkend was, het die skuts geskitter met hul prestasies. Die senior skuts het gewys hoe word dit gedoen, met Dawie Nieuwenhuis wat wegstap met eerste plek, Lourens Holtzhausen neem tweede plek in, Ernste Fourie derde plek, Johan Theron neem vierde plek in, en Marius Grobbelaar stap weg met vyfde plek. Die dames afdeling het goed presteer, met Izande Erasmus in eerste plek, en Laetitia van Rooyen in tweede plek. Die veterane het hul spiere gebult, met Pieter Ackermann in eerste plek, Dirk Snyman in tweede plek, en Da Costa Klonaris wat derde plek inneem. Die junior afdeling het nie op hul laat wag nie, en Loutjie Holtzhausen stap weg met eerste plek, en Loutjie Theron wat tweede plek inneem. Op die dag was ook ‘n gelukkige trekking aangebied, met ‘n glimlaggende Laetitia van Rooyen wat die prys ontvang. Die LJV bied voortaan met elke skietdag ‘n gelukkige trekking aan, en nooi alle belangstellendes uit om die skietdae saam te kom geniet. Skuts wat belang stel hoef noe noodwendig lede van die LJV te wees nie, en kan met ‘n skamele bedrag van slegs R50 deelneem aan die skietkompetisies. Op die dae word eet- en drinkgoed ook te koop beskikbaar gestel, en alle ouderdomsgroepe word hartlik uitgenooi. As u belangstelling toon om die dae te geniet saam met die LJV, kan u gerus vir Santie Rautenbach, LJV Ermelo sekretaresse, kontak by 071 674 8178. Die LJV sien uit om alle skuts, beginner of veterane, te sien by die volgende 3 Gun Shoot, wat op 14 November 2020 sal plaasvind, op die Klipfontein Skietbaan, 15km uit Ermelo op Amersfoort pad, met die afdraai by Familie Hoek. < Previous Article Next Article >

  • Hoërskool Ermelo Top Tien aangekondig

    Hoërskool Ermelo Top Tien aangekondig 1/3 Share SM HATTINGH 17 August 2021 “Baie geluk aan dié Erries, en dankie aan elkeen van EHS se leerders wat hard bly werk. Julle deursettingsvermoë word raak gesien en EHS is trots op die prestasies behaal.” Afgesien van sovéél wat daagliks verander en onseker is, bly akademie EHS se hoogste prioriteit. Juis hieroor is Hoërskool Ermelo besonder trots op die Top tien-leerders wat aangekondig is na aanleiding van die afgelope eksamen. Graad 12 (vanaf nommer een tot tien): Leandri Viviers (96,29%), Michaela van Rensburg (92,36%), Lana Herholdt (92,29%), Anke de Kock (90,91%), Eunika Snyman (90,48%), Margha Greyling, Jolindi Annandale, Lethu Dlamini, GJ Swanepoel en Chané Bester. Graad 11 (vanaf nommer een tot tien): Lood Geldenhuys (90,56%), Danél Olivier (87,31%), Elandri Swart (86,59%), Spesihle Maseko (86,23%), Dirk Maritz (84,64%), Ilandri Nel, Tobie Leibbrandt, Carla Ferreira, Pieter Leibbrandt en Frané Swart. Graad 10 (vanaf nommer een tot tien): Raees Tikly (93,16%), Altus Boshoff (92,22%), Isabelle Moussier (90,35%), Johan Strauss (88,38%), Otto van Schalkwyk (85,64%), Ronique Botha, Zané du Plessis, Nqobile Zwane, Inge Greyling en Yoliswa Ndlangamandla. Graad 9 (vanaf nommer een tot tien): JF Möller (93,78%), Helené Lotz (92,72%), Kayleigh Moore (92,32%), Lariné Strydom (90,48%), Riël Hugo (90,43%), Sulicé Geldenhuys, Mia Davel, Hayley van der Walt, Duan Hugo en Katelyn Potgieter. Graad 8 (vanaf nommer een tot tien): Tharina Viljoen (94,35%), Wianke Cloete (92,39%), Lindi du Plessis (92,21%), Megan McDermid (91,80%), Esmari Kloppers (89,66%), Maret Maritz, Ulric Badenhorst, Wilné Geldenhuys, De La Rey Hattingh en Amori Prinsloo. “Baie geluk aan dié Erries, en dankie aan elkeen van EHS se leerders wat hard bly werk. Julle deursettingsvermoë word raak gesien en EHS is trots op die prestasies behaal.” < Previous Article Next Article >

  • Errieraad van 2021 aangekondig

    Errieraad van 2021 aangekondig Voor (v.l.n.r.): Nicholaas Snyman, Chané Bester, Zimri Büchling (Vise-president), Arend Fourie (President), Anke de Kock (President), Lana Herholdt (Vise-president), Lourens Erasmus (Voorsitter: Huis Veltman), Mignon Ferreira. Middel (v.l.n.r.): Margha Greyling (Sekretaris), Michaela van Rensburg (Penningmeester en Voorsitter: Hotelraad), Hendrik Louwrens, Morné Olivier (Voorsitter: Dorpshuis), Ruchard Cloeté (Sekretaris), Khaya Mkhonza, Desmond Slabberts (Voorsitter: Kultuur), Yolanda Mahlangu, Chantelle Swart (Voorsitter: Sport). Agter (v.l.n.r.): Nadia Kluyts, Carissa Venter, Leandri Viviers (Voorsitter: Kultuur), Corné Jansen van Rensburg (Voorsitter: Sport), GJ Swanepoel (Penningmeester), Christaan Arnoldi, Yvonne Röhm (Voorsitter: Nelstehuis), U-lene Nortjé (Voorsitter: Dorpshuis), Thandiwe Nhlabati. Voor (v.l.n.r.): Nicholaas Snyman, Chané Bester, Zimri Büchling (Vise-president), Arend Fourie (President), Anke de Kock (President), Lana Herholdt (Vise-president), Lourens Erasmus (Voorsitter: Huis Veltman), Mignon Ferreira. Middel (v.l.n.r.): Margha Greyling (Sekretaris), Michaela van Rensburg (Penningmeester en Voorsitter: Hotelraad), Hendrik Louwrens, Morné Olivier (Voorsitter: Dorpshuis), Ruchard Cloeté (Sekretaris), Khaya Mkhonza, Desmond Slabberts (Voorsitter: Kultuur), Yolanda Mahlangu, Chantelle Swart (Voorsitter: Sport). Agter (v.l.n.r.): Nadia Kluyts, Carissa Venter, Leandri Viviers (Voorsitter: Kultuur), Corné Jansen van Rensburg (Voorsitter: Sport), GJ Swanepoel (Penningmeester), Christaan Arnoldi, Yvonne Röhm (Voorsitter: Nelstehuis), U-lene Nortjé (Voorsitter: Dorpshuis), Thandiwe Nhlabati. 1/1 Share SH HATTINGH 22 September 2020 Op Vrydag, 11 September 2020, was die Errieraad van EHS verkies en aangekondig. Dit is altyd ‘n spanningsvolle, maar opwindende gebeurtenis. “Baie geluk aan elkeen wat verkies is, en baie sterkte met die verantwoordelikheid en uitdagings wat vir julle voorlê. EHS staan bankvas agter julle!” Op Vrydag, 11 September 2020, was die Errieraad van EHS verkies en aangekondig. Dit is altyd ‘n spanningsvolle, maar opwindende gebeurtenis. Die dogters wat verkies is tot 2021 se leierraad, is Chané Bester, Anke de Kock, Mignon Ferreira, Margha Greyling, Lana Herholdt, Nadia Kluyts, Yolanda Mahlangu, Thandiwe Nhlabati, U-lene Nortjé, Yvonne Röhm, Chantelle Swart, Michaela van Rensburg, Carissa Venter en Leandri Viviers. Die volgende seuns is verkies tot 2021 se leierraad: Zimri Büchling, Arend Fourie, Lourens Erasmus, Desmond Slabberts, Richard Cloete, Nicholaas Snyman, Hendrik Louwrens, Corné Jansen van Rensburg, Christiaan Arnoldi, Khaya Mkhonza, Morné Olivier en GJ Swanepoel. Die Dorpsraad vir 2021 is U-lene Nortjé (Voorsitter), Morné Olivier (Voorsitter), Chané Bester, Zimri Büchling, Mpho Mashela,Tino Mafura, Khaya Mkhonza, Thandiwe Nhlabati, Desmond Slabberts en Eunika Snyman. Die seuns wat verkies is vir Huis Veltman se raad, is Lourens Erasmus (Voorsitter), Richard Cloete, Arend Fourie, Corné Jansen van Rensburg, Hendrik Louwrens, Nicholaas Snyman, GJ Swanepoel, Jacques van der Merwe. Nelstehuis se raad bestaan uit Yvonne Röhm (Voorsitter), Anke de Kock, Mignon Ferreira, Margha Greyling, Lana Herholdt, Nadia Kluyts, Michaela van Rensburg en Carissa Venter. Die leerders wat tot spesifieke portefeuljes verkies is, is as volg - Presidente: Anke de Kock en Arend Fourie. Vise-presidente: Lana Herholdt en Zimri Büchling. Voorsitters, Dorp: U-lene Nortjé en Morné Olivier. Voorsitter, Huis Veltman: Lourens Eramus. Voorsitter, Nelstehuis: Yvonne Röhm. Voorsitters, Sport: Chantelle Swart en Corné Jansen van Rensburg. Voorsitters, Kultuur: LeandriViviers en Desmond Slabberts. Sekretarisse: Margha Greyling en Richard Cloete. Penningmeesters: Michaela van Rensburg en GJ Swanepoel. Voorsitter van Hotelraad: Michaela van Rensburg. “Baie geluk aan elkeen wat verkies is, en baie sterkte met die verantwoordelikheid en uitdagings wat vir julle voorlê. EHS staan bankvas agter julle!” < Previous Article Next Article >

  • Hokkie kursus: Hubach Hockey Academy

    Hokkie kursus: Hubach Hockey Academy 1/1 Share SM HATTINGH 3 March 2022 Die Liggies het ‘n uitstekende hokkienaweek beleef, en hul vaardighede opgeknap vir die komende seisoen. Die Liggies het ‘n uitstekende hokkienaweek beleef, en hul vaardighede opgeknap vir die komende seisoen. Die afrigters van Hubach het die Liggies omtrent beïndruk met hul kennis en vaardighede, en laat drome droom om dieselfde hoogtes te bereik. What an experience to be coached and motivated by excellent players like Marizan Marais (SA Women’s Tokyo Olympics), Lerato Mahole (SA Women’s Tokyo Olympics), Thati Zulu (SA Women’s Tokyo Olympics, Captain SA u/21 Jnr World Cup Team), Onke Letuka (SA Men’s Team), Kim Hubach (Former national player and vice-captain) and Rassie Pieterse (goalkeeper coach), who played more than 150 tests for SA, and took part in the Olympics. We look forward to the hockey season! - Soos ontvang vanaf skool < Previous Article Next Article >

  • Drie Errie debatspanne presteer nasionaal

    Drie Errie debatspanne presteer nasionaal Op die foto voor staan (v.l.n.r) Mariska van Biljon, Bea Niemand, Chrizanne Joubert en Mienke Cloete en agter staan (v.l.n.r): Johan Strauss, JF Möller, Zané du Plessis en Isabella Burgers. Op die foto voor staan (v.l.n.r) Mariska van Biljon, Bea Niemand, Chrizanne Joubert en Mienke Cloete en agter staan (v.l.n.r): Johan Strauss, JF Möller, Zané du Plessis en Isabella Burgers. 1/1 Share SM HATTINGH 3 November 2021 “Die Erries is sommer baie trots op hierdie drie spanne wat nasionaal hul debat stempel deeglik afgedruk het." Op Vrydag, 22 Oktober, het die Con Spirito Debatkompetisie se nasionale semifinaal plaasgevind te Hoërskool Marais Viljoen in Alberton. Die deelnemende skole was as volg: Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Garsfontein, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Linden, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool Outeniqua, Hoër Meisieskool Paarl en Hoërskool Transvalia. Sestien spanne (agt voorstander- en agt teenstanderspanne) het in sowel die junior- (Graad 8-9) as die senior kategorie (Graad 10-12) teen mekaar kragte gemeet. Mienke Cloete, Zané du Plessis, Johan Strauss, Isabella Burgers (seniors) en Chrizanne Joubert, Mariska van Biljon, Bea Niemand en JF Möller (juniors) het Hoërskool Ermelo by die kompetisie verteenwoordig. Die sestien spanne is uitgedun na die top 10 junior- en top 10 seniorspanne wat op Saterdag, 23 Oktober teen mekaar te staan gekom het. Van die vier EHS-spanne dring drie na die top 10 deur. Die spanne se uitslae was as volg: Johan & Isabella wen hul debat teen Hoërskool Outeniqua, en eindig algeheel sewende (seniors). Mariska van Biljon en Chrizanne Joubert val ongelukkig vas teen Helpmekaar Kollege, en eindig negende (juniors). JF Möller en Bea Niemand wen hul debat teen Hoërskool Durbanville, en eindig met ‘n pragtige vyfde plek. “Die Erries is sommer baie trots op hierdie drie spanne wat nasionaal hul debat stempel deeglik afgedruk het. Ons sien met verwagting uit na 2022 en dank ons Hemelse Vader vir hierdie mooi uitslae.” < Previous Article Next Article >

  • Liggies vereer tydens prysuitdelingsfunksie

    Liggies vereer tydens prysuitdelingsfunksie Ammaarah Arbee, wat as die Dux Leerder vir Graad12 aangewys is met ‘n gemiddeld van 93.29%. Ammaarah Arbee, wat as die Dux Leerder vir Graad12 aangewys is met ‘n gemiddeld van 93.29%. 1/1 Share SH HATTINGH 27 October 2020 “Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri, sowel as Ermelo Phoenix Rotary Klub, Top Carpets and Floors, Bernina, Mix and Match en ENA Boekwinkel wat die aand moontlik gemaak het.” Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is Maandag, 19 Oktober, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk en getroue toewyding die afgelope jaar. Daar was baie pryse uitgedeel gedurende die funksie. Van die pryse sluit in die mees waardevolle senior krieketspeler: Ruben Herbst, grootste bydrae gelewer tot netbal in haar skool loopbaan: Jané Bosman, grootste bydrae gelewer tot hokkie in haar skool loopbaan en beste senior dogters hokkiespeler: Cara Bruwer, beste senior seuns hokkiespeler: Hardu Prinsloo en Siyabonga Willie, leierskap: Carla Barnard en Cristian Ortega, grootste bydrae gelewer op kulturele gebied gedurende skool loopbaan: Amor van der Walt, suiwer gebruik van Afrikaans, beste senior redenaar, beste Afrikaanse kreatiewe skrywer: Lelani Davel, top akademiese prestasie vir 2020 - Dux Leerder Graad 12, met ‘n gemiddeld van 93.29%, sowel as beste Engelse huistaal kreatiewe skrywer en tweetaligheid: Ammaarah Arbee. Ligbron Ambassadeurstoekenning – Cara Bruwer, beste senior netbalspeler: Siphosethu Mkwnazi en die beste bydrae gelewer tot bevordering van Afrikaans is skoolloopbaan is Schoeman Terblanche. “Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri, sowel as Ermelo Phoenix Rotary Klub, Top Carpets and Floors, Bernina, Mix and Match en ENA Boekwinkel wat die aand moontlik gemaak het.” < Previous Article Next Article >

  • Uiteindelik klap die krieketkolwe weer

    Uiteindelik klap die krieketkolwe weer 1/1 Share SM HATTINGH 31 August 2021 Die o/15's speel ook teen HPR, en kolf eerste. Ruben Kruger (23) en Adrien Sturgiss (21) teken flink lopies aan voordat Ligbron op 112 uitgeboul word. Die lang sport droogte is weer gebreek, en die krieketspelers kon laat waai tydens die eerste wedstryde teen Piet Retief. Die o/14's stuur HPR eerste in om te kolf, en hulle teken 124/1 op die telbord aan. Ayden Lehmgrubler staan 12 lopies in 4 beurte af, en De la Rey Barnard neem 1 paaltjie vir 10 lopies in 2 beurte. Ligbron neem die kolf op, en steek die telling verby in die 14de beurt met 10 paaltjies staande. Renier van Staden (48) en Janco Kleynhans (44) blink uit met die kolf. Die o/15's speel ook teen HPR, en kolf eerste. Ruben Kruger (23) en Adrien Sturgiss (21) teken flink lopies aan voordat Ligbron op 112 uitgeboul word. HPR steek die telling verby in die laaste boulbeurt, met 9 paaltjies plat. Kyle Goslin neem 3 paaltjies in 4 beurte, en Ruben Kruger 1 paaltjie vir die verlies van 7 lopies in sy 4 beurte. < Previous Article Next Article >

  • Die trofee gaan aan Ligbron

    Die trofee gaan aan Ligbron 1/1 Share SM HATTINGH ​ Congratulations to our Grade 10 bridge building team, who have won the SAICE Highveld bridge building competition. Die Graad 10 span het die Hoëveld SAICE Brugbou kompetisie gewen, en die trofee is deur Koketso Kgatle en Johann Veldman aan hulle oorhandig. “Baie geluk aan Beverly Kirsten, Thando Motsoane, Luhlelo Motha en mnr. Andrew Els met die uitstekende prestasie! Congratulations to our Grade 10 bridge building team, who have won the SAICE Highveld bridge building competition. Koketso Kgatle and Johann Veldman visited Ligbron to hand over the well-deserved trophy.” Op die foto verskyn (v.l.n.r): mnr. Andrew Els (vakonderwyser), Luhlelo Motha, Thando Motsoane, Beverly Kirsten, Koketso Kgatle, Johann Veldman, mnr. Gerhard Brand (hoof), mev. Lenie van Zyl (Adjunk hoof), mnr. Antonie Swanepoel (Senior Adjunk hoof). < Previous Article Next Article >

  • Errieraad 2020 open nuwe kafeteria

    Errieraad 2020 open nuwe kafeteria Die binnekant van die kafeteria wat spreek van 'n warm, tuis gevoel. Vosjan Grey en Jana Nel (Errieraad presidente) knip die lint tydens die opening van die kafeteria, 20 TWINTIG. Die binnekant van die kafeteria wat spreek van 'n warm, tuis gevoel. 1/2 Share SH HATTINGH 8 September 2020 Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag, en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank gaan aan die Errie Unie vir die borg van die houtdek. Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette, en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik. Op Dinsdag, 1 September, het die Errieraad van 2020 hulle projek, die Errie kafeteria, amptelik geopen. Die kafeteria se naam is 20 TWINTIG. Dié droom is weens COVID-19 ‘n bietjie vertraag, maar die eindproduk en die wag was sekerlik die moeite werd. Die 2020 Errieraad is trots, en glo dat hierdie nalatenskap waarde sal toevoeg vir elke leerling, ouer en besoeker aan Hoërskool Ermelo. Die kafeteria sal Maandae tot Vrydae, vanaf 8:00-17:00, asook op sportdae en kultuuraande oop wees. Besoek die kafeteria gerus vir heerlike pizzas, burgers, wafels, wraps, pastas, melkskommels, kraakvars slaaie en vele meer. Daar is ook daagliks vars gebakte lekkernye en heerlike cappuccinos. Die kafeteria is geleë in die skoolsaal, langs die Errie Unie Astro en tennisbane. Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag, en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank gaan aan die Errie Unie vir die borg van die houtdek. Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette, en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik. Mnr. Pieter Grobler het tydens die opening gesê: “Ons hoop dat die kafeteria ‘n plek is waar enige iemand gesellig kan verkeer, hegte vriendskappe smee en voortbou op die visie van 2020 se matriekgroep wat berge kan versit.” < Previous Article Next Article >

  • Nuwe buurtwag versterk veiligheid

    Nuwe buurtwag versterk veiligheid 1/1 Share GK CRONJE 14 Julie 2020 “Dié buurtwag vorm deel van ons takstruktuur, en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder van die Hoëveld. Die burgerregteorganisasie AfriForum het onlangs ’n nuwe buurtwag in Ermelo gestig, met die buurtwagbestuur wat bestaan uit Heinrich Jansen van Rensburg (voorsitter) en Frikkie du Plessis (koördineerder). Ander AfriForum-buurtwagte in die nabye omgewing sluit die Standerton-buurtwag, wat al verskeie suksesse behaal het, in. “Dié buurtwag vorm deel van ons takstruktuur, en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder van die Hoëveld. “Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons buurtwag, en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van die polisie alleen laat rus nie; ons moet self betrokke raak,” sê Jansen van Rensburg. Lede wat by dié buurtwag aansluit sal onder meer opleiding ontvang in verskeie modules wat op buurtwagte fokus. AfriForum bied ook deurlopend opleiding aan die organisasie se buurtwagte om te verseker dat lede binne die raamwerk van die wet optree, en het tydens die COVID-19-pandemie telematies opleiding aan die buurtwagte gebied. Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1). < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page