top of page

Liggies vereer by Msukaligwa 1 prysuitdeling

SH HATTINGH

27 April 2021

Ligbron is ook aangewys onder die Top 2 skole algeheel, in Msukaligwa 1. Alle vakke wat 100% slaagsyfer verwerf het, het ‘n sertifikaat ontvang.

Op Vrydag, 16 April, het Msukaligwa 1 ‘n prysuitdelingsgeleentheid aangebied om skole te vereer vir hulle goeie matriekuitslae van 2020. Ligbron het by hierdie aangeleentheid die volgende toekennings ontvang: Beste Wiskunde (Me Elsa van Zyl en Me Lenie van Zyl) en Wetenskap (Me Magdeli Bosman) prestasie in Msukaligwa 1. Ligbron is ook aangewys onder die Top 2 skole algeheel, in Msukaligwa 1. Alle vakke wat 100% slaagsyfer verwerf het, het ‘n sertifikaat ontvang. Hierdie vakke sluit in: Afrikaans FAL (Me Edith Hattingh) , Engels HL en FAL (Me Mari Bosman, Me Caroline de Wet, Me Margaret van Helsdingen, Me Magda Smit en Me Talita Coetzer), Lewensoriëntering, Wiskunde (Me Lenie van Zyl en Me Elsa van Zyl), Wiskundige Geletterdheid (Me Frankie Nell), Fisiese Wetenskappe (Me Magdeli Bosman), Tegniese Fisiese Wetenskappe (Me Marelize Delport en Me Lizmari van Eeden), Rekeningkunde (Me Elsa vander Schyff), Toerisme (Me Erika Brand en Me Carinche Pretorius), Inligtingstegnologie (Mnr Gerhard Prinsloo), Rekenaartoepassingstegnologie (Mnr Pierre van Wyngaard), Elektriese Tegnologie (Mnr Scholly Johannes, Mnr Christiaan van Greunen en Mnr Jacques Snyman), Meganiese Tegnologie (Mnr Jan Bosman en Mnr Gerhard Ebersohn), Siviele Tegnologie (Mnr Andrew Els) en Ingenieursgrafika en –ontwerp (Mnr Arrie Lombard). Ammaarah Arbee achieved outstanding results in the Grade 12 2020 final exam! Not only is she Ligbron's Top Achiever with a percentage of 94.43 %, but also the top achiever in the region. Ammaarah received a trophy, certificate and bag. “Baie geluk aan elke onderwyser en leerder. Dankie vir julle toewyding en harde werk. Facta non Verba!”

bottom of page