top of page

Uiteindelik klap die krieketkolwe weer

SM HATTINGH

31 August 2021

Die o/15's speel ook teen HPR, en kolf eerste. Ruben Kruger (23) en Adrien Sturgiss (21) teken flink lopies aan voordat Ligbron op 112 uitgeboul word.

Die lang sport droogte is weer gebreek, en die krieketspelers kon laat waai tydens die eerste wedstryde teen Piet Retief. Die o/14's stuur HPR eerste in om te kolf, en hulle teken 124/1 op die telbord aan. Ayden Lehmgrubler staan 12 lopies in 4 beurte af, en De la Rey Barnard neem 1 paaltjie vir 10 lopies in 2 beurte. Ligbron neem die kolf op, en steek die telling verby in die 14de beurt met 10 paaltjies staande. Renier van Staden (48) en Janco Kleynhans (44) blink uit met die kolf.

Die o/15's speel ook teen HPR, en kolf eerste. Ruben Kruger (23) en Adrien Sturgiss (21) teken flink lopies aan voordat Ligbron op 112 uitgeboul word. HPR steek die telling verby in die laaste boulbeurt, met 9 paaltjies plat. Kyle Goslin neem 3 paaltjies in 4 beurte, en Ruben Kruger 1 paaltjie vir die verlies van 7 lopies in sy 4 beurte.

bottom of page