top of page

Liggies vereer tydens prysuitdelingsfunksie

SH HATTINGH

27 October 2020

“Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri, sowel as Ermelo Phoenix Rotary Klub, Top Carpets and Floors, Bernina, Mix and Match en ENA Boekwinkel wat die aand moontlik gemaak het.”

Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is Maandag, 19 Oktober, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk en getroue toewyding die afgelope jaar. Daar was baie pryse uitgedeel gedurende die funksie. Van die pryse sluit in die mees waardevolle senior krieketspeler: Ruben Herbst, grootste bydrae gelewer tot netbal in haar skool loopbaan: Jané Bosman, grootste bydrae gelewer tot hokkie in haar skool loopbaan en beste senior dogters hokkiespeler: Cara Bruwer, beste senior seuns hokkiespeler: Hardu Prinsloo en Siyabonga Willie, leierskap: Carla Barnard en Cristian Ortega, grootste bydrae gelewer op kulturele gebied gedurende skool loopbaan: Amor van der Walt, suiwer gebruik van Afrikaans, beste senior redenaar, beste Afrikaanse kreatiewe skrywer: Lelani Davel, top akademiese prestasie vir 2020 - Dux Leerder Graad 12, met ‘n gemiddeld van 93.29%, sowel as beste Engelse huistaal kreatiewe skrywer en tweetaligheid: Ammaarah Arbee. Ligbron Ambassadeurstoekenning – Cara Bruwer, beste senior netbalspeler: Siphosethu Mkwnazi en die beste bydrae gelewer tot bevordering van Afrikaans is skoolloopbaan is Schoeman Terblanche.

“Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri, sowel as Ermelo Phoenix Rotary Klub, Top Carpets and Floors, Bernina, Mix and Match en ENA Boekwinkel wat die aand moontlik gemaak het.”

bottom of page