top of page

Search this site

1614 results found with an empty search

  • EHS-Musieksentrum bied prysuitdeling aan

    EHS-Musieksentrum bied prysuitdeling aan 1/1 Share SH HATTINGH 17 November 2020 Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit. Daar is onder andere eksamens gespeel, Unisa eksamens gespeel, en leerders het deelgeneem aan Con Spirito. Ondanks die feit dat COVID-19 die hele jaar op sy kop gekeer het, het die Hoërskool Ermelo-Musieksentrum steeds uitstekend gefunksioneer. Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit. Daar is onder andere eksamens gespeel, Unisa eksamens gespeel, en leerders het deelgeneem aan Con Spirito. Op 5 November het die EHS-Musieksentrum hulle prysuitdeling aangebied. Hier het elke leerder ‘n sertifikaat ontvang. Daar is ook spesiale- en eretoekennings gegee aan spesifieke leerders. Die volgende leerders het spesiale toekennings ontvang in die vorm van ‘n wisseltrofee vir die beste kandidaat in die onderskeie afdelings: Blokfluit Junior: Zanlie du Plessis; Houtblaas Junior: Talita Jansen van Rensburg (Dwarsfluit); Kitaar Junior: Megan Möller; Kitaar Senior: Jake Hoffeldt; Klavier Junior: Johandi Bezuidenhout; Klavier Senior: Tamar Randell; Klawerbord: Isabelle Moussier; Koperblaas Junior: Henroux Robberts (Trompet); Perkussie: ZJ Fourie; Sang Senior: Michelle van der Linde; Strykers Junior: Annemae Manders (Viool); Strykers Senior: DaniellAppelgryn (Viool); Ukulele: Lana Herholdt; Musiek teorie Junior:Yatteer du Toit en Musiek teorie Senior: Nikao du Toit. Ere-toekennings is ook by dié geleentheid aan sekere leerders gegee: Beste Unisa Prakties, Junior: Nikao du Toit en Beste Unisa Prakties, Senior: Tamar Randell. Op grond van die teorie-uitslae wat na verlede jaar se prysuitdeling eers ontvang is, is besluit om hierdie kinders ook erkenning te gee vir Unisa Teorie 2019: Beste prestasie Unisa teorie, Junior 2019: Nikao du Toit; Beste prestasie Unisa teorie, Senior 2019: Tamar Randell; Laerskool Dux Junior: Luan Odendaal; Laerskool Dux Senior: Kerené du Toit en Yatteer du Toit deel dié prys; Hoërskool Dux Junior: Nikao du Toit en Hoërskool Dux Senior: Tamar Randell. Tamar Randell ontvang ook die besonderse EHS-Kunssentrum-wisseltrofee vir die mees uitstaande bydrae tot die kunste. “Die personeel van die EHS-Kunste sentrum is met reg trots op elke leerder wat die ekstra myl gestap het in die jaar, om steeds die melodie van die lewe ‘n positiewe een te hou. Dankie vir elke leerder, ouer en onderwyser se harde werk.” < Previous Article Next Article >

  • JJ onnies verwerf graad

    JJ onnies verwerf graad 1/1 Share SH HATTINGH 23 February 2021 Vier onderwysers van Laerskool JJ van der Merwe het onlangs hul grade verwerf. Vier onderwysers van Laerskool JJ van der Merwe het onlangs hul grade verwerf. Retief van der Walt ontvang sy B.ed graad in Intermediêre en Senior Fase in 2020, en gee tans Wiskunde. Carli Oberholster ontvang haar BSW (Bachelors degree in Social Work) graad in 2021. Sy is tans die Maatskaplike werkster by JJ. Ansuné Neethling ontvang haar B.ed graad in Grondslagfase in 2020. Sy gee tans Afrikaans HT, Afrikaans EAT en Wiskunde. Marlene Robinson ontvang haar B.ed graad in Grondslagfase in 2020. Sy is tans ‘n Graad 2 onderwyseres. Op die foto verskyn (v.l.n.r) Retief vd Walt, Carli Obeholster en Ansuné Neethling. Inlas - Marlene Robinson. < Previous Article Next Article >

  • My hart klop tjoklits vir hokkie

    My hart klop tjoklits vir hokkie 1/2 Share SH HATTINGH 23 March 2021 We hope you've enjoyed every minute of the clinic and we look forward to hear about your successes during the season. Die klap van hokkiestokke het die afgelope naweek oor Ligbron se astro weergalm tydens die Princess Dutch hokkiekliniek. Kyle Marks en Kavesh het kragte saamgespan met die Liggie-afrigters om 'n uitstekende wegspringplek vir passievolle hokkiespelers te bied. Top coaches shared their elite hockey knowledge and the latest skills in hockey. We hope you've enjoyed every minute of the clinic and we look forward to hear about your successes during the season. Op die foto verskyn die leerlinge wat die Princess Dutch hokkie kliniek bygewoon het. < Previous Article Next Article >

  • JJ redenaars deelnemers debateer ‘n hond uit ‘n bos

    JJ redenaars deelnemers debateer ‘n hond uit ‘n bos 1/3 Share SM HATTINGH 17 February 2022 Geluk aan elke leerder wat 'n puik voorlegging aangebied het. Die leerders van Laerskool JJ van der Merwe het elk verskeie onderwerpe gehad waaroor hulle kon debateer tydens die redenaarsbyeenkoms. Hier is die leerders van verskeie grade van die interne redenaarskompetisie - Graad 1 tot 3: agter (v.l.n.r): Kelcey Botes, Eddie Prinsloo, Janko Rautenbach, Luney Robberts, en voor (v.l.n.r): Amonette van Eck, Amjee Mentz en Genevieve Bell. Top 6 deelnemers van die interne redenaarskompetisie - Graad 4 en 5: agter, (v.l.n.r): Yuné Janse van Vuuren, Marizé Cilliers, en voor (v.l.n.r): Danieke van der Meulen, Lienke van der Walt, Marguerite de Jager en Ané Grobler. Graad 6 en 7 se top 6 deelnemers is agter (v.l.n.r): Adoné Burger, Michaél Ronquest, AJ van Niekerk, Kaeleigh Botes, en voor (v.l.n.r): Aletha Kloppers en Julie Uys. < Previous Article Next Article >

  • MLA hoofseun blink uit

    MLA hoofseun blink uit 1/2 Share GK CRONJE 2 March 2021 Sukses val in niemand se skoot nie, en om suksevol te wees, is 'n keuse. Híérdie jong man het nie net by MLA gelewe met hart en siel nie, maar pluk dus die soetste vrugte oor sy uithouvermoë en determinasie. Op klein dorpies soos Morgenzon is langarm en kleilat vir die kinders tweede natuur. Iets wat egter by kinders gekweek moet word, ongeag van hulle ligging, is bloed sweet en deursettingsvermoë. Morgenzon Landbou Akademie (MLA) staan breë bors as hul praat van Jan-Hendrik Zwarts, matrikulant en hoofseun van 2020, wat híér skool gegaan het en Maandag hul as skool bederf het met drie onderskeidings. Sukses val in niemand se skoot nie, en om suksevol te wees, is 'n keuse. Híérdie jong man het nie net by MLA gelewe met hart en siel nie, maar pluk dus die soetste vrugte oor sy uithouvermoë en determinasie. < Previous Article Next Article >

  • Liggies skitter as top leerders

    Liggies skitter as top leerders 1/1 Share SH HATTINGH 9 March 2021 Op die foto staan die topleerders van 2020, saam met die hoof, Mnr. Brand. Baie geluk aan die Graad 12's van 2020, wat by die Distrik Prysuitdeling vereer is vir hulle uitnemende akademiese prestasies. Top 10 in distrik is as volg: Ammaarah Arbee is die algehele toppresteerder in die distrik. Cristian Izquierdo Ortega plaas derde in die distrik, en Hannah Peer vierde op die gesogte lys. Ligbron blink weereens uit in Wiskunde, met 3 leerders op die Top 5. Tweede is Christian met 98%, derde is Shraddah Agre met 97%, en in vyfe posisie is Hannah Peer met 96.9%. “Baie geluk, Ligbron is besonders trots op julle prestasie!” Liggies take the honors! Liggies were given accolades at the District Award Ceremony for excellent academic achievement. Top 10 in district: Ammaarah Arbee takes the lead as the best academic learner in the district, with Cristian Izquierdo Ortega in third position, and Hannah Peer takes up fourth position in the district. Ligbron takes top honors in Mathematics, with 3 learners in the Top 5 of the district. Cristian Izquierdo Ortega takes second position with 98%, Shraddah Agre settles in third position with 97% and Hannah Peer secures the fifth position with 96.9 %. Op die foto staan die topleerders van 2020, saam met die hoof, Mnr. Brand. < Previous Article Next Article >

  • JJ verwelkom nuwe personeel

    JJ verwelkom nuwe personeel 1/1 Share SH HATTINGH 23 February 2021 Laerskool JJ van der Merwe is baie trots om vyf nuwe onderwysers by hulle span te kan byvoeg, en wens sterkte toe aan al die personeel vir die jaar. Laerskool JJ van der Merwe is baie trots om vyf nuwe onderwysers by hulle span te kan byvoeg, en wens sterkte toe aan al die personeel vir die jaar. Op die foto staan (v.l.n.r) Success Mashaba (Onderwys-student), Irma Houy (Onderwys-student), Amanda Turner (Onderwys-student), Bianca Sandenbergh (Onderwys-student) en Nico Grobler (Onderwys-student). < Previous Article Next Article >

  • Ripe for the picking

    Ripe for the picking 1/5 Share GK CRONJE 16 June 2020 Like a frog in a pot of slowly heating water, criminal elements coax more and more from MLM with each passing day, and the lack of maintenance to infrastructure makes it a walk in the park. Scenes such as this one in Erica Avenue is commonplace, with more and more substation doors, coverings, wiring and internals making a miraculous disappearance with each passing day. Amidst constant electricity outages and rotational load shedding by Msukaligwa Local Municipality (MLM), sub- and mini-substations are systematically stripped away and vandalized. Like a frog in a pot of slowly heating water, criminal elements coax more and more from MLM with each passing day, and the lack of maintenance to infrastructure makes it a walk in the park. Scenes such as this one in Erica Avenue is commonplace, with more and more substation doors, coverings, wiring and internals making a miraculous disappearance with each passing day. This coverless substation begs to be vandalized, and should the surrounding field be set alight, the internals will be melted beyond repair. Alas, this is but one of many substations being left without maintenance, without doors and coverings, to rust away and be systematically stripped, and MLM all the while lamenting and blaming the inadequate electrical infrastructure for outages. As the old saying goes, a bad workman always blames his tools. < Previous Article Next Article >

  • EHS-dogtershokkie neem voortou in Mpumalanga-uitspele

    EHS-dogtershokkie neem voortou in Mpumalanga-uitspele 1/1 Share SM HATTINGH 10 August 2022 Die eersteplek in Mpumalanga word gedeel deur EHS en NHS. Op Vrydag en Saterdag 22 en 23 Julie het EHS se A-dogtershokkiespanne deelgeneem aan die Mpumalanga-uitspele. Die dogters het uitsonderlike hokkie gespeel en die tellings getuig van uitstaande hokkietalent waarop EHS trots is: Die o/14A-span wen Hoërskool Volksrust in die kwartfinaal met 4-0 en wen Hoërskool Hoogenhout in die semi-finaal met 2-1. Tydens die finaal teen Hoërskool Middelburg het die Erries weereens koning gekraai en stap as oorwinnaars van die veld af met ’n telling van 4-0. Hoërskool Ermelo se o/14A-span word gekroon as Mpumalanga-wenners! EHS se o/15A-span kom teen Hoërskool Secunda te staan in die kwart-finaal en wen met 2-0. In die semi-finaal wen EHS Hoërskool Nelspruit met twee doele teenoor een. Die finaal was teen Curro Nelspruit en dié klop die Erries met twee doele teenoor een. Die o/15A-span is naaswenners van Mpumalanga! Die o/16A’s het uitstekende groepwedstryde gespeel en deurgedring na die kwart-finaal. Hier het hulle ongelukkig vasgeval teen Hoërskool Middelburg met ’n telling van 0-4. Die Hoërskool Ermelo KS Clothing Eerstespan hokkkiedogters se spel was voorwaar ’n plesier om te aanskou en hul oorwinnings was welverdiend. Hierdie span wen teen Hoërskool Hoogenhout met ses doele teenoor nul en wen ook teen Ligbron Akademie vir Tegnologie met ’n telling van 8-0. Die Erries speel teen Hoërskool Nelspruit in die finaal en die wedstryd eindig gelykop met een doel elk. Die eersteplek in Mpumalanga word gedeel deur EHS en NHS. Die Erries gaan egter deur na Noordvaal as nommer een, aangesien die EHS tydens die 8-sekonde-lopies met ’n telling van 5-4 gewen het. Dankie aan elke hokkie-afrigter van die Erries vir ‘n uitstekende seisoen en baie sterkte aan elke span wat EHS gaan verteenwoordig by Noordvaal. Hoërskool Ermelo is met reg trots op die dogtershokkie! (EHS) < Previous Article Next Article >

  • EHS-kultuur kleur gemoedere in

    EHS-kultuur kleur gemoedere in 1/1 Share SM HATTINGH 10 August 2022 ’n Psigiater bevind haarself in ’n sielkundige inrigting om profiele saam te stel van die pasiënte. Die Erries se kultuurliefhebbers het op Donderdag, 28 Julie die eerste kultuuraand gehou en dié was ’n toonbeeld van die sukses wat EHS op kulturele gebied geniet. Die verrigtinge is op die gepaste wyse geopen deur die Kultuurvoorsitters, Aloné Arnoldi en Walter van der Walt. Die senior marimba-groep, onder leiding van meneer Phila Dladla, het eerste opgetree waarna ’n onvoorbereide debat tussen twee spanne plaasgevind het. Hierdie informele debat was aangebied met die doel om aan leerders wat nie bekend is daarmee nie, ’n voorbeeld te gee van wat debat behels. Alhoewel dit informeel was, was die debatsgesprek vurig, maar pret. Me Lizanne Dippenaar, debatsorganiseerder, het leiding geneem as voorsitter. EHS se ensemble-groep het die gehoor met melodieuse klanke bekoor, ook met meneer Phila Dladla aan stuur. Die groot opgewondenheid van die aand was EHS se drie toneelstukke wat opgevoer is ter voorbereiding van die ATKV-Tienertoneelkompetisie waaraan hulle gaan deelneem op Dinsdag 2 Augustus. Die eerste stuk, “Streng geheim,” se regie word behartig deur mnr Lourie du Plooy en mnr Ruben Fouché. Tieners wat as geheime agente optree om Suid-Afrika van ’n toerisme-aanval te red, staar menige uitdagings in die gesig. Die grootste daarvan is om hul eie identiteite ’n STRENG GEHEIM te hou. Die stuk met vele komiese gedeeltes het die gehoor laat skaterlag. Streng geheim is gevolg deur “Al wat ek wil hê” met me Zara Büchling as regisseur. Die komedie handel oor ’n meisie wat haar vorige kêrel om die bos lei nadat hy as gevolg van ’n rugbybesering aan geheueverlies ly. Haar planne en maniere om hom die “perfekte” kêrel te maak, het die gehoor behoorlik aan die lag gehad en vele eienskappe van tipiese tieners is te sien in dié stuk. Die aand is afgesluit deur “kameR-5” wat deur me Marli Murray en me Mariaan Rust afgerig word. Hierdie is ’n fiktiewe sielkundige riller wat afspeel in 2050. ’n Psigiater bevind haarself in ’n sielkundige inrigting om profiele saam te stel van die pasiënte. Sy weet egter nie dat die “Artificial Intelligence” haar misbruik vir ’n baie spesifieke doel nie. Geheimsinnig, onvoorspelbaar en boeiend is onder andere woorde wat hierdie stuk besonder goed opsom. EHS is trots op die talent wat die leerders op die verhoog ten toon stel en waardeer die disipline wat uitvoerende kunste vereis. EHS-kultuur is voorwaar aan die brand! Groot dank aan mnr Lourens Luyt vir die video-opname van die aand, asook mnr Anton Esterhuizen vir die besondere foto’s wat geneem is. Hoërskool Ermelo wens ook die geselskappe wat aan die ATKV-Tienertoneel-kompetisie gaan deelneem, alle sterkte toe. (EHS) < Previous Article Next Article >

  • EHS-Graad 11’s ontvang met trots Streepbaadjies

    EHS-Graad 11’s ontvang met trots Streepbaadjies Arend Fourie en Anke de Kock (presidente van 2021) op die verhoog terwyl die hoof, mnr. Pieter Grobler, die formulier aan hulle voorhou. Arend Fourie en Anke de Kock (presidente van 2021) op die verhoog terwyl die hoof, mnr. Pieter Grobler, die formulier aan hulle voorhou. 1/1 Share SH HATTINGH 10 November 2020 Die streepbaadjie lê die Erries na aan die hart, en dit is elke jaar vir die Graad 11’s ‘n groot hoogtepunt om hul baadjies te ontvang. Hoërskool Ermelo se leerders dra dit met trots en passie, soos wat dit die Erries betaam. Op Maandag aand, 2 November 2020, het die Erries hulle jaarlikse Streepbaadjieseremonie in die EHS-Ouditorium aangebied. Tydens die funksie word die Graad 12-streepbaadjie aan volgende jaar se matrieks deur hul ouers oorhandig. Hiermee saam word verskeie formuliere voorgelees. Met die aantrek van die baadjie stem die leerders in om die verantwoordelikhede as leiers na te kom soos uiteen gesit in die formuliere. Die ouers wat die baadjie vir die leerders aantrek onderneem ook, saam met hul kind, om die reëls, verantwoordelikhede en verwagtinge van Hoërskool Ermelo te respekteer, en hul kinders te ondersteun in die leierskapsrol wat hy of sy inneem in hul Graad 12-jaar. Die streepbaadjie is simbolies vir die leierskap wat die Erries hoog op prys stel – dit is nie net die Errieraad wat as leiers gesien word nie, maar al die matrieks. Hulle word onderskei van die res van die leerders, omdat hulle die Erries moet lei. Die streepbaadjie het ‘n diep betekenis en ryke geskiedenis: in 1917 het mej. Adriani, EHS se eerste skoolhoof, die baadjie ontwerp en dit is ingestel as die eerste skoolbaadjie van Hoërskool Ermelo(toe nog genoem die Uitkomstskool). Slegs die erekleure-leerders het die effe-groen baadjie gedra. In 1996 het die streepbaadjie weggeval as gevolg van die hoë koste van die baadjie, omdat die materiaal nie meer beskikbaar was nie. In 2010 het wyle mnr. Bok Martins die streepbaadjie weer ingestel. Die materiaal word ingevoer, en EHS het patentreg op hierdie materiaal. Dit is net nog ‘n area waar die Erries uitstyg bo die res. Die wit van die baadjie is simbolies vir reinheid en hoop. Moed en hoop is die simboliek van die groen. Tydens die seremonie is die Skoolbybel en skoolvlag aan 2021 se presidente oorhandig. Die Bybel is oorhandig aan Anke de Kock as simbool van geloof. Dit het gepaard gegaan met die wens: “Glo in God en glo in die toekoms. Neem dit as ‘n lig vir jou pad, ook vir die Erries.” Aan Arend Fourie is die skoolvlag oorhandig. Die vlag simboliseer eenheid in wil, en eenheid in strewe vir Hoërskool Ermelo. Daarmee saam ook die wens: “Neem dit en bou ‘n beter toekoms vir ons skool en ons land.” Die streepbaadjie lê die Erries na aan die hart, en dit is elke jaar vir die Graad 11’s ‘n groot hoogtepunt om hul baadjies te ontvang. Hoërskool Ermelo se leerders dra dit met trots en passie, soos wat dit die Erries betaam. “Hoërskool Ermelo wens die Graad 11’s van 2020 alle seën en sterkte toe vir die matriekjaar. Mag elkeen groei tot die leier wat EHS wéét in elkeen van julle is.” < Previous Article Next Article >

  • Maskers, maskers, maskers

    Maskers, maskers, maskers 1/1 Share SH HATTINGH 30 March 2021 Die wenners het elke ‘n klein geskenkie ontvang wat geborg was deur Fresh Stop. Op Vrydag, 26 Maart, het Laerskool Ermelo ‘n “Crazy Mask Day” dag by die skool aangebied, waar leerders vir hulle moes maskers maak. Daar was uiters pragtige maskers gemaak, en baie moeite is gedoen met die ontwerpe. Tydens die dag is daar ‘n wenner uit elke graad gekies wat die mees kreatiewe masker gemaak het. Die wenners het elke ‘n klein geskenkie ontvang wat geborg was deur Fresh Stop. Die leerders het die dag vreeslik geniet. Op die foto verskyn die leerders saam met die hoof, mnr. Roelof Ferreira. < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page