top of page

EHS-Musieksentrum bied prysuitdeling aan

SH HATTINGH

17 November 2020

Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit. Daar is onder andere eksamens gespeel, Unisa eksamens gespeel, en leerders het deelgeneem aan Con Spirito.

Ondanks die feit dat COVID-19 die hele jaar op sy kop gekeer het, het die Hoërskool Ermelo-Musieksentrum steeds uitstekend gefunksioneer. Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit. Daar is onder andere eksamens gespeel, Unisa eksamens gespeel, en leerders het deelgeneem aan Con Spirito. Op 5 November het die EHS-Musieksentrum hulle prysuitdeling aangebied. Hier het elke leerder ‘n sertifikaat ontvang. Daar is ook spesiale- en eretoekennings gegee aan spesifieke leerders.

Die volgende leerders het spesiale toekennings ontvang in die vorm van ‘n wisseltrofee vir die beste kandidaat in die onderskeie afdelings: Blokfluit Junior: Zanlie du Plessis; Houtblaas Junior: Talita Jansen van Rensburg (Dwarsfluit); Kitaar Junior: Megan Möller; Kitaar Senior: Jake Hoffeldt; Klavier Junior: Johandi Bezuidenhout; Klavier Senior: Tamar Randell; Klawerbord: Isabelle Moussier; Koperblaas Junior: Henroux Robberts (Trompet); Perkussie: ZJ Fourie; Sang Senior: Michelle van der Linde; Strykers Junior: Annemae Manders (Viool); Strykers Senior: DaniellAppelgryn (Viool); Ukulele: Lana Herholdt; Musiek teorie Junior:Yatteer du Toit en Musiek teorie Senior: Nikao du Toit. Ere-toekennings is ook by dié geleentheid aan sekere leerders gegee: Beste Unisa Prakties, Junior: Nikao du Toit en Beste Unisa Prakties, Senior: Tamar Randell.

Op grond van die teorie-uitslae wat na verlede jaar se prysuitdeling eers ontvang is, is besluit om hierdie kinders ook erkenning te gee vir Unisa Teorie 2019: Beste prestasie Unisa teorie, Junior 2019: Nikao du Toit; Beste prestasie Unisa teorie, Senior 2019: Tamar Randell; Laerskool Dux Junior: Luan Odendaal; Laerskool Dux Senior: Kerené du Toit en Yatteer du Toit deel dié prys; Hoërskool Dux Junior: Nikao du Toit en Hoërskool Dux Senior: Tamar Randell. Tamar Randell ontvang ook die besonderse EHS-Kunssentrum-wisseltrofee vir die mees uitstaande bydrae tot die kunste. “Die personeel van die EHS-Kunste sentrum is met reg trots op elke leerder wat die ekstra myl gestap het in die jaar, om steeds die melodie van die lewe ‘n positiewe een te hou. Dankie vir elke leerder, ouer en onderwyser se harde werk.”

bottom of page