top of page

EHS atlete gereed vir Interhoër

SM HATTINGH

15 February 2022

Die spelers het waardevolle ondervinding opgedoen ter voorbereiding van die Groot Vyf tennis toernooi eerskomende naweek in Nelspruit.

Op Vrydag, 11 Februarie, het die Erries te Hoërskool Midstream deelgeneem aan die Midstream Atletiekbyeenkoms met deelnemende skole soos Midstream College, Hoërskool Alberton, Hoërskool Overkruin en Curro Hazeldean. Dit was die laaste geleentheid vir die seisoen ter voorbereiding van Interhoër. “Deur hierdie seisoen het die Errie-atlete hul goed van hul taak gekwyt, en ons wil ons opgewondenheid spreek oor die Interhoër wat Saterdag, 19 Januarie gaan plaasvind te Secunda Stadion. Ons is ongelooflik trots op die Errie-Atlete, en ons het volle vertroue dat julle ons baie trots gaan maak by hierdie puik geleentheid.” Die seuns eerste-tennis span van Hoërskool Ermelo het ook Vrydag, terwyl die atletiekbyeenkoms teen Midstream College plaasgevind het, deelgeneem. Die spelers het waardevolle ondervinding opgedoen ter voorbereiding van die Groot Vyf tennis toernooi eerskomende naweek in Nelspruit.

bottom of page