top of page

Search this site

1614 results found with an empty search

  • Hoërskool Ermelo 2020 Graad 12-leerders vier uitslae

    Hoërskool Ermelo 2020 Graad 12-leerders vier uitslae 1/2 Share SH HATTINGH 2 March 2021 "Ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.” Die Erries is met opgewonde harte dankbaar oor die 2020 matriekuitslae wat na lang afwagting bekend gemaak is op Dinsdag. 23 Februarie 2021. Hoërskool Ermelo se slaagsyfer is uitstekende 99.1%, met slegs een druipeling. 79% Het universtiteitstoelating, 18.1% kwalifiseer vir ‘n diploma, en 97% kan verder studeer. Die 2020 Graad 12’s van Hoërskool Ermelo behaal die volgende simbole: 89 A-simbole, 143 B-simbole (waarvan 16 van dié leerders 78%/79% gekry het) en 172 C-simbole. Lewensoriëntering behaal 38 A’s, Engels Eerste Addisionele Taal behaal 13 A’s, Wiskunde behaal ses A’s, en Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe behaal elk vier A’s. Twee van die 23 vakke wat by die Erries aangebeid word se gemiddeld is bo 70%, sewe vakke bo 60% en die ander 14 vakke bo 50%. Die matrieks van 2020, asook die onderwysers, se gemoedere is oorlaai met trots en vreugde. Hoërskool Ermelo se top presteerder, Vosjan Grey, spog met ‘n uitstekende gemiddeld van 85,4%. Hy het ses onderskeidings: 92% vir Rekeningskunde, 91% vir Lewensoriëntering, 90% vir Fisiesewetenskappe, 83% vir LewensWetenskappe, 82% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 81% vir Wiskunde en ‘n B-simbool vir Afrikaans Huistaal met ‘n persentasie van 79%. Alana Leibbrandt spog ook met ses onderskeidings: 88% vir beide Geografie en Lewensoriëntering, 85% vir beide Lewenswetenskappe en Afrikaans Huistaal, 83% vir Engels Eerste Addisionele Taal en 80% vir Wiskunde. Alana het ‘n B-simbool vir Fisiese Wetenskappe. Sy eindig haar skoolloopbaan met ‘n pragtige gemiddeld van 83,6%. Die leerder met die tweede beste gemiddeld (84%) is Zara Büchling wat vyf onderskeidings behaal het: 93% vir Lewensoriëntering, 91% vir Visuele Kuns, 90% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 89% vir Besigheidstudies en 85% vir Afrikaans Huistaal. Sy behaal ‘n B-simbool in Musiek en ‘n C-simbool in Wiskunde. Simoné Beyer behaal ook vyf onderskeidings: 94% in Lewensoriëntering, 88% in FisieseWetenskappe, 85% in Wiskunde, 82% in Engels Eerste Addisionele Taal en 80% Lewenswetenskappe. Sy behaal B-simbole is onderskeidelik Afrikaans Huistaal en Rekeningkunde en eindig met ‘n gemiddeld van 83%. Another learner with five distinctions is Precious Matshaya: 87% for both Life Orientation and Afrikaans First Additional Language, 86% for Physical Science, 83% for Economics and 81% for Mathematics. She achieved two B symbols and has an average of 81,5%. Jana Nel behaal 80,8% vir haar gemiddeld en behaal vier A-simbole in onderskeidelik Lewensoriëntering, Wiskunde, Rekeningkunde en Engels Eerste Addisionele Taal. Hiermee saam behaal sy twee B-simbole en een C-simbool. Dané du Toit spog ook met vier onderskeindings: Lewensoriëntering, Engels Eerste Addisionele Taal, Afrikaans Huistaal en Lewenswetenskappe. Sybehaal ook twee B-simbole en een C-simbool en haar gemiddeld is 79,9%. Die volgende leerders behaal elk drie onderskeidings: Elizia van Heerden (gemiddeld van 80,7%), Kerry-Anne Botha (gemiddeld van 76%), Danie van Rooyen (gemiddeld van 75,1%), Princess Maleleka (gemiddeld 73,2%) en Lianie Jansen van Vuuren (gemiddeld van 70,9%). “Baie geluk aan elke Matriek leerder van 2020 wat ‘n moeilike jaar suksesvol agter die rug het. Dankie vir elke leerder en onderwyser se harde werk, Hoërskool Ermelo is besonder trots op die prestasies wat die EHS bereik het, en ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.” < Previous Article Next Article >

  • JJ Langasems oefen baie hard

    JJ Langasems oefen baie hard 1/1 Share SH HATTINGH 16 March 2021 Die byeenkomste word by Hoërskool Hoogenhout en Secunda Hoërskool aangebied, en tien JJ atlete neem daaraan deel. Mpumalanga Atletiek bied saam met Mpumalanga Klubs atletiek byeenkomste aan op 13 en 20 Maart 2021. Die byeenkomste word by Hoërskool Hoogenhout en Secunda Hoërskool aangebied, en tien JJ atlete neem daaraan deel. Die atlete en hul afdelings is as volg: Marlione Erasmus (200mH,100m), Willem Jacobsz (VS,150mH), Jani Uys (75mH,200mH), Elizca Lotz (75mH,200mH), Quinet Swart (75mH,VS), Megan Herbst (70mH,100m), FD Lotz (70mH), Liané Cilliers (70mH,VS), Inge Dafel (70mH) en Bertie Uys( 70mH). < Previous Article Next Article >

  • EHS-slimkoppe presteer by Olimpiade

    EHS-slimkoppe presteer by Olimpiade 1/1 Share SM HATTINGH 3 August 2021 “Baie sterkte met die volgende rondte van die Olimpiade. Mag julle soos volwaardige Erries Hoërskool Ermelo se naam hoog hou, en elke oomblik geniet.” ‘n Groep Erries het deelgeneem aan die eerste rondte van die Proverto Olimpiade vir Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie. Uit die byna 5000 leerders wat jaarliks aan dié kompetisie deelneem, is dit ‘n groot prestasie en eer vir die volgende nege Erries om op 4 Augustus deel te neem aan die tweede en finale rondte van die Olimpiade: Altus Boshoff (Graad 10), Johan Strauss (Graad 10), Raees Tikly (Graad 10), Sihle Maseko (Graad 11), Lood Geldenhuys (Graad 11), Mpumelelo Malaza (Graad 12), Liandri Viviers (Graad 12), Anke de Kock (Graad 12) en GJ Swanepoel (Graad 12). “Baie sterkte met die volgende rondte van die Olimpiade. Mag julle soos volwaardige Erries Hoërskool Ermelo se naam hoog hou, en elke oomblik geniet.” < Previous Article Next Article >

  • Liggies presteer in Grey College 7's reeks

    Liggies presteer in Grey College 7's reeks 1/1 Share SM HATTINGH 2 November 2021 Die seuns wen Vrystaat Ontwikkeling 41–0, en wen teen Westville in die CUP kwartfinaal met ‘n telling van 14-12. Twee Blou Masjien -spanne het die afgelope naweek die lang pad na Bloemfontein aangedurf om aan die Grey College 7's deel te neem. Ligbron se eerste span eindig derde in die prestige toernooi. Die Liggies wen Goudveld met 31-7, en haak daarna vas teen Outeniqua met 33-7. Die seuns wen Vrystaat Ontwikkeling 41–0, en wen teen Westville in die CUP kwartfinaal met ‘n telling van 14-12. Ligbron verloor teen Grey 1 in die semi-finaal om derde in die toernooi te eindig. “Baie geluk, seuns! Die Liggies is trots op julle.” Ligbron se gekombineerde o/14 -15 span eindig 6de uit die 14 skole. Hul wen met 26-14 teen Welkom Gim, verloor 7-36 teen Grey 1, verloor 7-10 teen Goudveld, wen met 38-5 teen Marais Viljoen, en speel in die skildfinaal teen Outeniqua, en verloor 12-36. “This is the first year we've taken part in the 7's rugby, and we've kicked off with a bang against schools much bigger that Ligbron. The boys have proven that they are a force to be reckoned with on the field- you've made us very proud!” < Previous Article Next Article >

  • Erries vaar uitstekend tydens ATKV 2020

    Erries vaar uitstekend tydens ATKV 2020 1/1 Share SH HATTINGH 17 November 2020 “Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. EHS is besonder trots op hierdie uitsonderlike prestasie!” Vier Graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo is aangewys as deel van die Mpumalanga top twintig in die ATKV-Senior Afrikaanse Olimpiade: Zara Büchling behaal 76,67% en eindig sewende. Sy is ook onder die top 100 Nasionaal. Alana Leibbrandt neem twaalfde plek in met 74%, Lianie Jansen van Vuuren is sestiende met 70% en André Strauss is nommer twintig met 68,67%. “Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. EHS is besonder trots op hierdie uitsonderlike prestasie!” < Previous Article Next Article >

  • EHS kondig leierrade vir 2022 aan

    EHS kondig leierrade vir 2022 aan 1/6 Share SM HATTINGH 31 August 2021 Leierskapsontwikkeling is vir Hoërskool Ermelo van kardinale belang, omdat dit 'n wesenlike bydrae lewer tot die vorming van leerders, veral met betrekking tot leerders se volwasse en beroepsgerigte lewe na skool. 'n Tasbare gees van opwinding het op Vrydag, 20 Augustus, by Hoërskool Ermelo geheers ten tyde van die verkiesing en bekendstelling van 2022 se leierrade, by name die Errieraad, koshuisrade, graadverteenwoordigers, asook die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL). Leierskapsontwikkeling is vir Hoërskool Ermelo van kardinale belang, omdat dit 'n wesenlike bydrae lewer tot die vorming van leerders, veral met betrekking tot leerders se volwasse en beroepsgerigte lewe na skool. Om dié rede is dit vir die EHS 'n hoë prioriteit om leerders te onderskraag, en aan hulle die nodige leierskapshulpmiddels te bied ten einde elke individu se leierskapstyl optimaal te ontgin en uit te bou. “Hartlik geluk aan elke verkose leier. Die Erries staan bankvas agter julle, en wens julle alle voorspoed toe met al die uitdagings wat 2022 aan jul gaan stel.” Errieraad 2022: Dogters (alfabeties): Aloné Arnoldi, Nkosephayo Dlamini, Carla Ferreira (presidente), Hilde Jacobsz, Danielle Koçaj, Caylin Loock, Megan Marais, Sphesihle Msiza, Ilandri Nel, Danél Olivier, Cara Snyman, Surika Struwig, Elandri Swart, Frané Swart, Deidré van der Meyden en Kayla van der Meyden (vise-president). Seuns (alfabeties): Edrich Beyer, Ignus Ferreira, Marko Ferreira, Lood Geldenhuys (vise-president), Tiaan Grobler (president), Rynard Herholdt, Pieter Leibbrandt, Tobie Leibbrandt, Karabo Malatji, Sphesihle Maseko, Marius Nel, CJ Steenkamp, Wian Swart, Billy van der Walt, Diederick van der Walt, Walter van der Walt en CJ van Huyssteen. Presidente: Carla Ferreira en Tiaan Grobler. Vise-presidente: Kayla van der Meyden en Lood Geldenhuys. Voorsitters Sport: Danél Olivier en Marius Nel. Voorsitters Kultuur: Aloné Arnoldi en Walter van der Walt. Sekretaris & Sekretaresse: Wian Swart en Frané Swart. Penningmeesters: Deidré van der Meyden en Tobie Leibbrandt. Hotelraad Voorsitster: Ilandri Nel. Koshuisrade: Dorpsraad (alfabeties): Edrich Beyer, Nkosephayo Dlamini, Marko Ferreira (voorsitter), Hilde Jacobsz, Dirk Maritz, Sphesihle Msiza, Ilandri Nel (voorsitster), Luyanda Nsibande, Danél Olivier, Billy van der Walt. Huis Veltman-raad (alfabeties): Ignus Ferreira, Lood Geldenhuys, Tiaan Grobler, Marius Nel, CJ Steenkamp, Wian Swart, Diederick van der Walt (voorsitter), Walter van der Walt, Kobus van Heerden, CJ van Huyssteen. Nelstehuis-raad (alfabeties): Aloné Arnoldi, Carla Ferreira, Danielle Koçaj, Caylin Loock, Cara Snyman, Elandri Swart (voorsitster), Frané Swart, Deidré van der Meyden, Kayla van der Meyden, Surika Struwig. Voortspruitend uit die Errieraad 2022-verkiesing is 'n paar interessante toevallighede opgemerk: Daar is twee stelle tweelinge, (twee Leibbrandts en twee Van der Meydens), drie Swart-leerders, twee Nel-leerders, drie Van der Walt-leerders, asook drie Ferreira-leerders. Alles in ag genome, getuig die verkiesing van die 2022 Errie-leierskorps van ‘n besonderse groep leerders. Hoërskool Ermelo sien vol verwagting daarna uit om te sien wat hulle gaan vermag. Die VRL wat deel gevorm het van die verkiesing, is as volg: Zané de Wit en Kian Smuts-Erasmus (Graad 11A), Anzelle Vosloo en Riku van der Bank (Graad 11B), Elrize du Preez en Frikkie de Winnaar (Graad 11C), Snovuyo Ndinisa (Grade 11D), Nokwanda Nxumalo (Grade 11E), Lindo Nkosi and Thobekani Mbokane (Grade 11F). Ancois van der Berg en Altus Boshoff (Graad 10A), Nathalie Nel en Kyle Steynberg (Graad 10B), Nicole Meyer en Liam Wilkinson (Graad 10C), Andraya Macheyo and Sphesihle Mkhatshwa (Grade 10D), Yoleka Manasoe and Thobani Zwane (Grade 10E), Bathabile Nkosi and Tabiso Mafokwane (Grade 10F). Hayley van der Walt en Carel Jacobsz (Graad 9A), Marice de Jager en Tredoux Ferreira (Graad 9B), Mia Davel en Tyrone Berning (Graad 9C), Siphesihle Mashinini (Grade 9D), Anathi Santo and Mpilwenhle Mngonyama (Grade 9E), Reitsile Sebogodi (Grade 9F). Selme-Louise Janse van Rensburg en Wian Pretorius (Graad 8A), Elizma Swart en Kryn Romijn (Graad 8B), Wianke Cloete en Ulrich Badenhorst (Graad 8C), Sanele Mathebula and Buhle Lukhele (Grade 8D), Sbongakonke Madela and Siyabonga Makhanya (Grade 8E), Ziyanda Vilane and Nkosinathi Mathunjwa (Grade 8F). Die graadverteenwoordigers van die onderskeie huise vir 2022 is as volg: Dorpshuis: Esmari Kloppers en Ruan Grobler (Graad 9), Hayley van der Walt en Tyrone Berning (Graad 10) en Raees Tikly and Isabelle Moussier (Grade 11). Huis Veltman: Ulrich Badenhorst (Graad 9), Carel Jacobsz (Graad 10) en Liam Wilkinson (Graad 11). Nelstehuis: Wianke Cloete (Graad 9), Marice de Jager (Graad 10) en Isabella Burgers (Graad 11). “Hartlik geluk aan elke leerder. Die Erries is trots op die besondere prestasie.” < Previous Article Next Article >

  • Serial burglar 'Thando' still terrorizes Ermelo East

    Serial burglar 'Thando' still terrorizes Ermelo East Serial burglar 'Thando' still terrorizes Ermelo East 1/4 Share GK CRONJE 19 January 2022 Residents, especially in Ermelo East, are urged to ensure that valuable items, including gardening tools, are locked away when not in use, and that windows and doors are on latch at night or when you’re not at home. Residents of Ermelo East are well versed with the name 'Thando', which often brings up feelings of anger and dismay. This barefoot female burglar, known as Thando by residents, neighborhood watch, SAPS and security companies, have been a thorn in the sides of residents in this area for years. Thando is recognized by her seemingly nervous demeanor, scruffy clothing, and most notably, her lack of shoes. She often approaches residents at filling stations during the day, begging for morsels or money, claiming to have children to feed. However, at night and during the early hours of morning, Thando transforms from what seems like a harmless down and out individual, to a cold and calculating burglar. She has a reputation of unmatched patience, where she spends hours canvassing properties to plot an escape route once she has the loot. Mostly focusing on items that are easily stolen, such as charcoal grills, gas bottles, gardening tools and any small items of value that can be hawked for a few Rands, Thando has been a major cause of frustration. While she mostly focuses on petty crime, which often carries little to no consequence from the law, she also occasionally attempts more serious burglaries. One resident in Ermelo East approached the Tribune ePaper, where Thando gained access to their resident by squeezing through a shockingly small space in the burglar bars. The occupants of the residence caught her red handed where she was busy carefully packing up a laptop and charger. Residents caught Thando after being alerted by her rank body odor. As the residents contacted ACSU, Thando pulled one of her old tricks out of the hat, and started smearing the walls and floor with her own faeces. When caught in the act or arrested, Thando appears and acts mentally deranged, often removing all her clothing, being able to defecate, urinate and vomit on command, and will attempt to bite anyone who comes close or tries to apprehend her. However, this resident isn’t fooled by Thando’s acting. “If she is truly mentally deranged or as unstable as she appears, she would not have time capacity to carefully and meticulously pack up a laptop and charger. Imagine if you have small children in your house, and they catch Thando in the act?” she stated. “What if she breaks into a residence and hurts your children when she panics? She is actually dangerous when confronted and cornered, despite her small build and nervous act. I appeal to all residents to do what I have done, and open a case with the SAPS if you are burgled by Thando. She gets away with a lot of her petty crime due to residents not bothering to open a case, or by feeling sorry for her when she turns of the waterworks and starts to apologize. She isn’t sorry, not by a long stretch. She needs to be taken care of by the law before the seriously hurts someone.” In a time when violence, murders and property crimes are at an all time high, residents are urged to take serious action and ensure that a case is lodged with the SAPS. Burglaries at residential and non-residential premises saw an increase of nearly 18% in 2021, and it’s not improving. Residents, especially in Ermelo East, are urged to ensure that valuable items, including gardening tools, are locked away when not in use, and that windows and doors are on latch at night or when you’re not at home. If you have a LPG geyser, ensure that your bottle is locked in a sturdy cage or harness to avoid it being stolen. < Previous Article Next Article >

  • EHS-leerders word vereer tydens Lourierfunksie

    EHS-leerders word vereer tydens Lourierfunksie 1/2 Share Content Supplied 1 November 2022 Die Hoëveld Tribune wisseltrofee vir Afrikaans Huistaal, beste kreatiewe skrywer in Graad 12 is toeken aan Frané Swart. Op 19 Oktober is die Erries beloon tydens die jaarlikse Lourierfunksie. Dit was weereens ’n pragfunksie wat daarvan getuig dat enige iets wat die Erries aanpak, met styl en klas gedoen word. Die leerders is vereer vir hul harde werk en ’n paar pryse wat uitgestaan het, sluit in: Dirk Maritz wat die Theana de Beer wisseltrofee ontvang het vir die beste kultuurbydrae, Danel Olivier ontvang die NJ Robbertse-prys vir die beste Graad 12-leerder in sport en akademie, die boekpryse vir beste tweetaligheid is toegeken aan Dirk Maritz (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Sihle Maseko (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Lood Geldenhuys ontvang die Sybrand Harris-kontantprys vir die hoogste prestasie behaal vanaf Graad 8 tot 12 en Danel Olivier ontvang ook die Dr. Roeline Groenewald-motiveringstrofee en kontantprys vir die naasbeste presteerder in Graad 12. Die Graad 12-top tien (vanaf nommer een tot tien): Lood Geldenhuys, Danel Olivier, Elandri Swart, Dirk Maritz, Ilandri Nel, Sihle Maseko, Tobie Leibbrandt, Pieter Leibbrandt, Frané Swart en Carla Ferreira. 2022 se Dux-leerder is Lood Geldenhuys. Hy ontvang ’n kontantbedrag wat deur dr Odie Swart geborg is, asook ’n silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje wat beide deur TWK geborg is. Groot dank aan TWK, asook elke ander borg wat bygedra het om van 2022 se prysuitdeling ‘n sukses te maak. Baie geluk aan elke leerder wat erkenning ontvang het. Die harde werk wat elke onderwyser en leerder insit, gaan nie ongesiens verby nie. Die Hoëveld Tribune wisseltrofee vir Afrikaans Huistaal, beste kreatiewe skrywer in Graad 12 is toeken aan Frané Swart. - Inhoud en foto’s verskaf deur EHS < Previous Article Next Article >

  • Landtie hengelaars gladnie bang vir koue

    Landtie hengelaars gladnie bang vir koue 1/2 Share SM HATTINGH 24 August 2021 Die A-span dring dan ook deur na die School Of Champs toe, wat in Oktober sal plaasvind. Morgenzon Landbou Akademie se twee hengel spanne het die afgelope naweek die koue trotseer by Tago Vaaldam, vir die Mpumalanga skole liga finaal. Dit was 'n bitter moeilike dag, maar die vissermanne het hulle heel beste gegee ten spyte van die weer. Hier volg die dag en ook die liga se uitslae: Morgenzon B span plaas eerste vir die dag, en Morgenzon A-span neem tweede plek in vir die dag. Dwayne Coetzee verower die swaarste sak vir die dag toekenning, en Louhan Potgieter trek die grootste vis vir die dag vas. Algeheel eindig Morgenzon A eerste, en Morgenzon B vierde. Die A-span dring dan ook deur na die School Of Champs toe, wat in Oktober sal plaasvind. “Sterkte, manne. Ons weet julle sal die Landtie naam hoog hou. Stywe lyne!” < Previous Article Next Article >

  • Excrement galore in Chris de Villiers Street

    Excrement galore in Chris de Villiers Street 1/5 Share GK CRONJE 1 September 2020 “Clients have a difficult time reaching our premises, and have to take unnecessary alternative routes. The stench also makes it unbearable to open any windows or doors at our establishment,” a local business owner lamented. The road, which is already in a disturbingly shoddy state, has eroded to such an extent that sinkholes of nearly 40cm are present, filled with raw sewage. Heavy vehicle drivers and other road users in this area have to make do with finding alternative routes, as a massive sewage overflow has turned the roadway and surrounding areas into a soggy, smelly mess. A nearby business stated that reporting of the overflow to Msukaligwa Local Municipality (MLM) is yet to yield results, and that the overflow is of great inconvenience to them. “Clients have a difficult time reaching our premises, and have to take unnecessary alternative routes. The stench also makes it unbearable to open any windows or doors at our establishment,” a local business owner lamented. The road, which is already in a disturbingly shoddy state, has eroded to such an extent that sinkholes of nearly 40cm are present, filled with raw sewage. Brave HMV drivers who dare to attempt traversing the road quickly realize the error of their ways, as their tyres are submerged nearly halfway in sewage and all manner of unsavory excrement. Road users are hereby advised to avoid this area when traveling, and to find alternative routes. “The municipality appeal to the community to report any sewer spillage, as and when they see it, to the municipal Call Centre for speedy resolution,” MLM stated in response. You may view more photos and videos pertaining to this article on our Facebook page, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >

  • Erries word gemotiveer deur entrepreneur

    Erries word gemotiveer deur entrepreneur 1/2 Share Content Supplied 18 October 2022 Albert is ‘n passievolle 29-jarige filantroop, wat saam met sy span al bykans 26 000 studente en 235 skole bereik het met sy “millionaire”- projek. Albert van Wyk is ‘n entrepreneur, eiendomsbelegger en skrywer van die topverkoper “How to Become a Millionaire at 22”. Hy is tans besig om duisende Suid -Afrikaners se lewens te verander deur hulle in staat te stel om finansieël onafhanklik te word. Hy bemagtig studente en entrepreneurs regoor SA om ook miljoenêrs te word. Albert is ‘n passievolle 29-jarige filantroop, wat saam met sy span al bykans 26 000 studente en 235 skole bereik het met sy “millionaire”- projek. Van kleins af het hy besef dat harde werk sukses voortbring, en het sy eie sakgeld verdien. Hy verwerf sy Bedryfs-Ingenieurswese-graad . Op 19 jaar oud het hy sy eerste eiendomme gekoop, en op die ouderdom van 22 sy eerste boek, “How to Become a Millionaire at 22”, gepubliseer. Vandag is Albert se hoofprojekte eiendomsbelegging, 'n ingenieurs-firma, ‘n aanlynmedia-besigheid (Gazzaroo) en sy “Millionaire at 22” landswye projek. Albert lewe volgens die mantra “MAAK dit werk”, en glo dat as jy ‘n miljoenêr wil word, moet jy by ‘n miljoenêr leer. Hy het sy storie met die Erries gedeel, en EHS se leerders begeesterd gelaat. - Inhoud en foto verskaf deur EHS < Previous Article Next Article >

  • Cassim Park getting the short end of the stick

    Cassim Park getting the short end of the stick 1/3 Share GK CRONJE 2 March 2021 Residents also allege that they face constant electricity issues on a daily basis, often being left for hours without electricity, with a very slow response rate from municipal departments. Amidst the service delivery issues experienced by Ermelo and its surroundings, Cassim Park is getting the short end of the stick regarding maintenance from Msukaligwa Local Municipality (MLM). What was once the pride and joy of residents in this area, Cassim Park has since regressed to a hollow shadow of its former glory. Streets are riddled with potholes, a myriad of worksites are left incomplete, several streetlights are either damaged and leaning dangerously towards the roadway, or completely out of order, and uncollected refuse litter the sidewalks. Grass on municipal grounds are long and unkempt, and council buildings, covered in graffiti and obscene spray painted images, rot away in glorious non-maintenance. Residents also allege that they face constant electricity issues on a daily basis, often being left for hours without electricity, with a very slow response rate from municipal departments. Speaking to residents in the area, they claim to have reported these issues they face on a daily basis to MLM on several occasions, with no joy. < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page