top of page

EHS-slimkoppe presteer by Olimpiade

SM HATTINGH

3 August 2021

“Baie sterkte met die volgende rondte van die Olimpiade. Mag julle soos volwaardige Erries Hoërskool Ermelo se naam hoog hou, en elke oomblik geniet.”

‘n Groep Erries het deelgeneem aan die eerste rondte van die Proverto Olimpiade vir Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie. Uit die byna 5000 leerders wat jaarliks aan dié kompetisie deelneem, is dit ‘n groot prestasie en eer vir die volgende nege Erries om op 4 Augustus deel te neem aan die tweede en finale rondte van die Olimpiade: Altus Boshoff (Graad 10), Johan Strauss (Graad 10), Raees Tikly (Graad 10), Sihle Maseko (Graad 11), Lood Geldenhuys (Graad 11), Mpumelelo Malaza (Graad 12), Liandri Viviers (Graad 12), Anke de Kock (Graad 12) en GJ Swanepoel (Graad 12).

“Baie sterkte met die volgende rondte van die Olimpiade. Mag julle soos volwaardige Erries Hoërskool Ermelo se naam hoog hou, en elke oomblik geniet.”

bottom of page