top of page
Erries vaar uitstekend tydens ATKV 2020
1/1
SH HATTINGH
17 November 2020
“Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. EHS is besonder trots op hierdie uitsonderlike prestasie!”
Vier Graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo is aangewys as deel van die Mpumalanga top twintig in die ATKV-Senior Afrikaanse Olimpiade: Zara Büchling behaal 76,67% en eindig sewende. Sy is ook onder die top 100 Nasionaal. Alana Leibbrandt neem twaalfde plek in met 74%, Lianie Jansen van Vuuren is sestiende met 70% en André Strauss is nommer twintig met 68,67%. “Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. EHS is besonder trots op hierdie uitsonderlike prestasie!”
bottom of page