top of page

EHS-leerders word vereer tydens Lourierfunksie

Content Supplied

1 November 2022

Die Hoëveld Tribune wisseltrofee vir Afrikaans Huistaal, beste kreatiewe skrywer in Graad 12 is toeken aan Frané Swart.

Op 19 Oktober is die Erries beloon tydens die jaarlikse Lourierfunksie. Dit was weereens ’n pragfunksie wat daarvan getuig dat enige iets wat die Erries aanpak, met styl en klas gedoen word. Die leerders is vereer vir hul harde werk en ’n paar pryse wat uitgestaan het, sluit in: Dirk Maritz wat die Theana de Beer wisseltrofee ontvang het vir die beste kultuurbydrae, Danel Olivier ontvang die NJ Robbertse-prys vir die beste Graad 12-leerder in sport en akademie, die boekpryse vir beste tweetaligheid is toegeken aan Dirk Maritz (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Sihle Maseko (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Lood Geldenhuys ontvang die Sybrand Harris-kontantprys vir die hoogste prestasie behaal vanaf Graad 8 tot 12 en Danel Olivier ontvang ook die Dr. Roeline Groenewald-motiveringstrofee en kontantprys vir die naasbeste presteerder in Graad 12.

Die Graad 12-top tien (vanaf nommer een tot tien): Lood Geldenhuys, Danel Olivier, Elandri Swart, Dirk Maritz, Ilandri Nel, Sihle Maseko, Tobie Leibbrandt, Pieter Leibbrandt, Frané Swart en Carla Ferreira. 2022 se Dux-leerder is Lood Geldenhuys. Hy ontvang ’n kontantbedrag wat deur dr Odie Swart geborg is, asook ’n silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje wat beide deur TWK geborg is. Groot dank aan TWK, asook elke ander borg wat bygedra het om van 2022 se prysuitdeling ‘n sukses te maak. Baie geluk aan elke leerder wat erkenning ontvang het. Die harde werk wat elke onderwyser en leerder insit, gaan nie ongesiens verby nie. Die Hoëveld Tribune wisseltrofee vir Afrikaans Huistaal, beste kreatiewe skrywer in Graad 12 is toeken aan Frané Swart.

- Inhoud en foto’s verskaf deur EHS

bottom of page