top of page

EHS-Tennis skop af met vriendskaplike wedstryde

SH HATTINGH

30 March 2021

Die Erries was uiters opgewonde, aangesien dit die eerste wedstryde was sedert die inperking in 2020.

Die Eerste dogter span, asook die Eerste- en tweede seun span het op Vrydag, 19 Maart, oefen-tenniswedstryde teen Hoër Tegniese Skool Middelburg gespeel. Die Erries was uiters opgewonde, aangesien dit die eerste wedstryde was sedert die inperking in 2020. Die volgende leerders het hul enkel wedstryde gewen: Bongmusa Vilakazi (eerste seun span) wen met 7/6, Inge Greyling (eerste dogter span) wen met 8/5, Elizma Swart (eerste dogter span) met 7/6, Pieter Leibbrandt (tweede seun span) wen met 8/5 en Christiaan Wege (tweede seun span) wen met 10/3. Op die foto staan (v.l.n.r), Danel Olivier, Elilzma Swart, Inge Greyling, mnr Hennie Dippenaar, Wianke Cloete, Chrizanne Joubert, Mariska van Biljon en me Annemie Martins.

bottom of page