top of page

Hoërskool Ermelo 2020 Graad 12-leerders vier uitslae

SH HATTINGH

2 March 2021

"Ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.”

Die Erries is met opgewonde harte dankbaar oor die 2020 matriekuitslae wat na lang afwagting bekend gemaak is op Dinsdag. 23 Februarie 2021. Hoërskool Ermelo se slaagsyfer is uitstekende 99.1%, met slegs een druipeling. 79% Het universtiteitstoelating, 18.1% kwalifiseer vir ‘n diploma, en 97% kan verder studeer. Die 2020 Graad 12’s van Hoërskool Ermelo behaal die volgende simbole: 89 A-simbole, 143 B-simbole (waarvan 16 van dié leerders 78%/79% gekry het) en 172 C-simbole. Lewensoriëntering behaal 38 A’s, Engels Eerste Addisionele Taal behaal 13 A’s, Wiskunde behaal ses A’s, en Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe behaal elk vier A’s. Twee van die 23 vakke wat by die Erries aangebeid word se gemiddeld is bo 70%, sewe vakke bo 60% en die ander 14 vakke bo 50%.

Die matrieks van 2020, asook die onderwysers, se gemoedere is oorlaai met trots en vreugde. Hoërskool Ermelo se top presteerder, Vosjan Grey, spog met ‘n uitstekende gemiddeld van 85,4%. Hy het ses onderskeidings: 92% vir Rekeningskunde, 91% vir Lewensoriëntering, 90% vir Fisiesewetenskappe, 83% vir LewensWetenskappe, 82% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 81% vir Wiskunde en ‘n B-simbool vir Afrikaans Huistaal met ‘n persentasie van 79%. Alana Leibbrandt spog ook met ses onderskeidings: 88% vir beide Geografie en Lewensoriëntering, 85% vir beide Lewenswetenskappe en Afrikaans Huistaal, 83% vir Engels Eerste Addisionele Taal en 80% vir Wiskunde. Alana het ‘n B-simbool vir Fisiese Wetenskappe. Sy eindig haar skoolloopbaan met ‘n pragtige gemiddeld van 83,6%. Die leerder met die tweede beste gemiddeld (84%) is Zara Büchling wat vyf onderskeidings behaal het: 93% vir Lewensoriëntering, 91% vir Visuele Kuns, 90% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 89% vir Besigheidstudies en 85% vir Afrikaans Huistaal. Sy behaal ‘n B-simbool in Musiek en ‘n C-simbool in Wiskunde.

Simoné Beyer behaal ook vyf onderskeidings: 94% in Lewensoriëntering, 88% in FisieseWetenskappe, 85% in Wiskunde, 82% in Engels Eerste Addisionele Taal en 80% Lewenswetenskappe. Sy behaal B-simbole is onderskeidelik Afrikaans Huistaal en Rekeningkunde en eindig met ‘n gemiddeld van 83%. Another learner with five distinctions is Precious Matshaya: 87% for both Life Orientation and Afrikaans First Additional Language, 86% for Physical Science, 83% for Economics and 81% for Mathematics. She achieved two B symbols and has an average of 81,5%. Jana Nel behaal 80,8% vir haar gemiddeld en behaal vier A-simbole in onderskeidelik Lewensoriëntering, Wiskunde, Rekeningkunde en Engels Eerste Addisionele Taal. Hiermee saam behaal sy twee B-simbole en een C-simbool. Dané du Toit spog ook met vier onderskeindings: Lewensoriëntering, Engels Eerste Addisionele Taal, Afrikaans Huistaal en Lewenswetenskappe.

Sybehaal ook twee B-simbole en een C-simbool en haar gemiddeld is 79,9%. Die volgende leerders behaal elk drie onderskeidings: Elizia van Heerden (gemiddeld van 80,7%), Kerry-Anne Botha (gemiddeld van 76%), Danie van Rooyen (gemiddeld van 75,1%), Princess Maleleka (gemiddeld 73,2%) en Lianie Jansen van Vuuren (gemiddeld van 70,9%). “Baie geluk aan elke Matriek leerder van 2020 wat ‘n moeilike jaar suksesvol agter die rug het. Dankie vir elke leerder en onderwyser se harde werk, Hoërskool Ermelo is besonder trots op die prestasies wat die EHS bereik het, en ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.”

bottom of page