top of page

Landtie hengelaars gladnie bang vir koue

SM HATTINGH

24 August 2021

Die A-span dring dan ook deur na die School Of Champs toe, wat in Oktober sal plaasvind.

Morgenzon Landbou Akademie se twee hengel spanne het die afgelope naweek die koue trotseer by Tago Vaaldam, vir die Mpumalanga skole liga finaal. Dit was 'n bitter moeilike dag, maar die vissermanne het hulle heel beste gegee ten spyte van die weer. Hier volg die dag en ook die liga se uitslae: Morgenzon B span plaas eerste vir die dag, en Morgenzon A-span neem tweede plek in vir die dag. Dwayne Coetzee verower die swaarste sak vir die dag toekenning, en Louhan Potgieter trek die grootste vis vir die dag vas. Algeheel eindig Morgenzon A eerste, en Morgenzon B vierde. Die A-span dring dan ook deur na die School Of Champs toe, wat in Oktober sal plaasvind. “Sterkte, manne. Ons weet julle sal die Landtie naam hoog hou. Stywe lyne!”

bottom of page