Kwanele Nkambule het 5de plek in die 200m vir seuns o/20 behaal, met ‘n tyd van 21.88 sekondes. In die 100m was hy 11de, met 11.00 sekondes. Anele Ngwenya seuns 0/16 spog met 4de plek in die hoogspring, met ‘n hoogte van 1.85m.
Tydens ‘n onlangse byeenkoms het Kiara eerste plek verower in Half Section Sword, tweede plek in Seksie Sword, tweede plek in Indian File Sword, tweede plek in Indian File Lance en derde plek in Single Lance.
Met die nodige leiding, word die leerders blootgestel aan leierskap en die vermoë wat nodig is om ‘n voorbeeld te wees wat ander met vrymoedigheid kan volg.
Hoërskool Ermelo dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kon deel in dié jaarlikse biddag. Mag die woorde van 1 Tess. 5:17 ons immer herinner: “Bid gedurig.”