Erries skerp hokkie-vaardighede op

1/2

SH HATTINGH

20 April 2021

Hierdie bekwame afrigters het leiding aan elke span en afrigter gegee tydens wedstryde

Die Erries het die voorreg gehad om op Vrydag, 9 April en Saterdag, 10 April die Nedstar SA-kliniek onderleiding van Omari Pienaar te kon bywoon op EHS se astrobaan. Al die hokkiespanne het nuwe vaardighede en tegnieke in ge-oefen tydens die vaardigheidsessies, waar die Nedstar-afrigters moeite gedoen het met elke span.

Hierdie bekwame afrigters het leiding aan elke span en afrigter gegee tydens wedstryde. Al die Erries se hokkiespanne is gereed vir die liga en sien uit om hierdie jaar weereens uitnemende hokkie te speel.