top of page

EHS-atlete palm medaljes in by SA’s

SH HATTINGH

13 April 2021

“Aan elke Errie wat deelgeneem het, baie geluk! Hoërskool Ermelo is besonder trots op elkeen se prestasie en deelname.”

Vanaf 8 tot 10 April 2021 het die Erries se top atlete deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Junior Atletiek-kampioenskap in die Paarl. Dit was vir die Erries ‘n heerlike ondervinding, en drie EHS-atlete spog met brons medaljes op Suid-Afrikaanse vlak. Tyrone Berning (o/16) behaal derde plek in beide 300m-hekkies, met ‘n tyd van 38,65 sekondes (pb), en in hoogspring, met ‘n hoogte van 1,9 meter. Mia Davel (o/16) behaal ook derde plek in hoogspring. Sy spring ‘n hoogte van 1,65 meter. Carla Ferreira eindig agtste in spiesgooi, met ‘n afstand van 41,08 meter. “Aan elke Errie wat deelgeneem het, baie geluk! Hoërskool Ermelo is besonder trots op elkeen se prestasie en deelname.”

bottom of page