
Search this site
1614 results found with an empty search
- Inwoners ruk hand uit by Pet Dam
Inwoners ruk hand uit by Pet Dam 1/4 Share GK CRONJE 30 August 2022 Die Pet Dam, wat veronderstel is om toegang gekontroleer te wees nadat MLM miljoene Rande bestee het aan omheining, is ‘n klap in die gesig van Ermelo inwoners. Sien meer foto's en 'n video op ons Facebook blad, Tribune Ermelo. Die Pet Dam. Die partytjie plek. Die stortingsterrein. Die musiek verhoog. Die buitelug ablusie. Die een area in Ermelo waar mens kan drink tot jy omval, terug na jou voete sukkel, in jou voertuig in slinger, jou enjin aanskakel, en in die donkerte van die nag wegjaag met bande wat skreeu. Die Pet Dam bly maar eens ‘n doring in die vlees van Ermelo inwoners, klaarblyklil versteek onder 'n sluier van ondeelbaarheid, waar allerlei onwettige aktiwiteite heeltemal geïgnoreer word deur beide wetstoepassers en Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM). Die voortdurende rommelstrooiery van besope inwoners, geraasbesoedeling van vroegoggend tot ver na 02:00 soggens, openbare ontlasting en urinering in die dam en op die perseel, roekelose en nalatige bestuur onder die invloed van alkohol, afvuur van vuurwapens, die aanhoudende stroom voertuie wat die verkeerswette verontagsaam, prostitute oplaai en aflaai, en dubbelparkeer in die pad terwyl karig geklede dames op en af marsjeer, laat veel te wense oor. Boonop het 'n ondernemende individu dit oënskynlik op homself geneem om 'n karwas in die Pet Dam se parkeerterrein te open. Die Mpumalanga Drankwet maak dit tog duidelik dat enige persoon wat gewelddadig, dronk of wanordelik is op enige perseel of plek waartoe die publiek toegang het of gegun word, of wat enige drank in enige pad, straat, baan of deurgang verbruik, opgelê kan word met 'n boete of gevangenisstraf. Enige persoon wat enige bepaling van hierdie Wet oortree, is skuldig aan 'n misdryf, en strafbaar met 'n boete soos van tyd tot tyd bepaal kan word, of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens twee jaar, of met beide sodanige boete en gevangenisstraf. Behalwe dit, stel die MLM-verordeninge dit duidelik dat geen persoon ‘n gevaar mag wees of 'n oorlas, aanstootlik of 'n ergernis vir die inwoners of publiek mag wees nie. Dié wette word egter op ‘n daaglikse basis oortree, met absoluut geen reaksie vanaf MLM of ander owerhede nie. Die munisipale verordeninge bepaal verder dat geen persoon dronk mag wees, 'n oorlas van homself maak deur die gebruik van alkohol of ander bedwelmende middels, of enige oorlas in 'n openbare park mag pleeg nie. Ongelukkig skaterlag dié inwoners in die gesig van die gereg, want geen wetstoepassing kan waargeneem word nie. Ten tyde van publikasie, was die vermelde boete R2 000, oftewel 6 maande gevangenisstraf. In die lig van bogenoemde, sal dit aanvaarbaar wees om te verklaar dat MLM in werklikheid nie hul eie verordeninge op enige manier of vorm afdwing nie, en dat wetteloosheid die oorhand kry. Die SAPD kan nie alleenlik ten volle aanspreeklik gehou word om teen oortreders op te tree nie, aangesien dit die direkte verantwoordelikheid van MLM en die raad is om genoemde verordeninge toe te pas. Die Pet Dam is besaai met allerlei rommel, alkoholbottels, plastiek en houers, menslike ontlasting, gebruikte toiletpapier, gebruikte kondome en meer. Gemors dobber op die dam se water, en alge as gevolg van die besoedeling versmoor die ou paar oorlewende visse. Ten spyte van talle klagtes van inwoners in die omgewing, leë beloftes van raadslede in Ermelo, en flou waarskuwings van plaaslike wetstoepassers, gaan die partytjie voort, met geen einde in sig nie. Inwoners rondom die Pet Dam lê herhaaldelik klagtes by owerhede oor die geraasbesoedeling, geskreeu, drankbottels wat stukkend gegooi word, en die algemene onbedagsame, sorgvrye houding deur besope individue. Die dronkbestuur van partytjiegangers hou 'n risiko in vir alle inwoners en motoriste van Ermelo maar, helaas, klagtes val op dowe ore. Die Pet Dam-gebied, sowel as die oorloopgebiede is as vleilande geklassifiseer, maar owerhede toon 'n verbasende gebrek aan kommer oor die besoedelingskwessie wat hierdie terrein teister. Prominente besoedeling van die Pet Dam kan reeds vanaf 2009 opgemerk word, met die Departement van Water en Sanitasie (DWS) wat terreininspeksies op 14 Julie 2010, 11 November 2011 en 14 Junie 2012 gedoen het. Volgens die inspeksies het MLM rioolbesoedeling, rioolvuil geïgnoreer, en die impak op die omgewing is drasties. Volgens DWS-dokument 2193, het MLM óf versuim om op uitgereikte kommunikasie te antwoord, óf 'n onvoldoende aksieplan ingedien. Tot vandag toe word die Pet Dam steeds op 'n daaglikse basis besoedel, vanaf rou riool tot menslike ontlasting, plastiek, glas en ander rommel, met geen optrede deur die gesag nie. Tydens November 2018 se verwoestende visdood het beide Gert Sibande Distriksmunisipaliteit (GSDM) en MLM na bewering watergehaltetoetse uitgevoer, en die resultate is belowe om aan die publiek en media bekend gemaak te word sodra dit beskikbaar word. Tot vandag toe wag die inwoners in spanning vir die resultate. Die Pet Dam, wat veronderstel is om toegang gekontroleer te wees nadat MLM miljoene Rande bestee het aan ‘n omheining, is ‘n klap in die gesig van Ermelo inwoners. Die omheining val letterlik uitmekaar uit van die roes, gedeeltes is verwoes edur voertuie en vandalisme, en is nooit herstel nie. Die hekke, wat versonderstel is om gesluit te wees, se slotte is afgebreek en die hekke is opsy geskuif. Die kwansuise sekuriteit wat deur die munisipaliteit aangestel sou word om wet te handhaaf by die dam, het nooit die lig van dag gesien nie. Op hierdie stadium van die geveg is die Pet Dam niks meer as ‘n besoedelde, ononderbroke partytjie terrein nie. < Previous Article Next Article >
- Expect long queues at the licensing office
Expect long queues at the licensing office 1/1 Share GK CRONJE 2 June 2020 “Digitalization of the system will produce better, efficient and quicker results and lessen the time spent by individuals at these centers. That will also ease our headaches, that there won’t be any contamination of COVID-19 at all our premises. Fortunately, licensing departments, including examiner now fall directly under my department. We will fix all the underlying problems.” Municipalities that still utilize old model machinery are urged to convert to digital equipment in order to handle the massive turnout if applications in Alert Level 3. Applicants will be granted a 90-day period to renew their licenses, provided it expired during Alert Level 4 or 5. “Digitalization of the system will produce better, efficient and quicker results and lessen the time spent by individuals at these centers. That will also ease our headaches, that there won’t be any contamination of COVID-19 at all our premises. Fortunately, licensing departments, including examiner now fall directly under my department. We will fix all the underlying problems.” This was announced by the MEC for Community Safety, Security and Liaison, Gabisile Shabalala, during routine inspections. Shabalala’s inspections will entail ensuring that traffic departments comply with COVID-19 regulations, ensuring that their premises are fumigated, sanitized and comply to the highest hygienic standards, including demarcation for social distancing during the long queues. < Previous Article Next Article >
- Oud MLA-leerder maak gemeenskap trots
Oud MLA-leerder maak gemeenskap trots 1/1 Share GK CRONJE 13 April 2021 Hy is tans kaptein by Comair, vlieg Kulula en British Airways, en gee ook opleiding aan vlieëniers en simulator opleiding. “Wat meer kan ons as Morgenzon Landbou Akademie sê as dat ons uiters trots is op jou, Corné Pierneef. Corné was 'n leerder van ons trotse skool, en het altyd groot gedroom. Corné het weereens bewys om jou drome na te jaag, pluk mens altyd die vrugte. Hy is tans kaptein by Comair, vlieg Kulula en British Airways, en gee ook opleiding aan vlieëniers en simulator opleiding. Ons baie trots op jou Corné, en weet jy gaan nog baie ander hoogtes bereik!” < Previous Article Next Article >
- Erries stof hul rugbystewels af
Erries stof hul rugbystewels af 1/2 Share SM HATTINGH 31 August 2021 Die Erries is nietemin dankbaar om weer op die rugby veld te wees, en sien met verwagting uit na die res van die jaar se kragmetings. Op Saterdag, 21 Augustus, het Hoërskool Ermelo se rugbyspanne na 'n lang gewag en baie onsekerheid die voorreg gehad om in vriendskaplike wedstryde kragte teen Hoër Volkskool Heidelberg te meet. Vir die Graad 12-rugbyspelers was hul wedstryd 'n bittersoet kragmeting, omdat dit die laaste rugby wedstryd van hul hoërskool loopbane was. COVID-regulasies het rugby oefeninge vanjaar tot 'n groot mate gestriem. Die uitdagende aard van die wedstryde het daarvan getuig. Die o/15-span wen met 5 punte teenoor nul, terwyl die o/14-, o/17- en eerste span met tellings van onderskeidelik 19-5, 19-7 en 22-0 die knie moes buig. Die Erries is nietemin dankbaar om weer op die rugby veld te wees, en sien met verwagting uit na die res van die jaar se kragmetings. < Previous Article Next Article >
- Power Hour Motivations Movement hosts footy tournament
Power Hour Motivations Movement hosts footy tournament 1/6 Share GK CRONJE 26 April 2022 "We invited men and boys to the stadiums, because they are labeled in a bad stigma of abusing alcohol, drugs and women." With an electric atmosphere, the Easter Weekend Soccer Tournament was showcased from 15-18 April 2022 at AJ Swanepoel Stadium. The event, organized by Power Hour Motivations Movement (PHMM) NGO founder, Ntokozo “Bro Ntosh” Sithole, in association with the South African Football Association (SAFA) and Msukaligwa Local Football Association (MLFA) proved to be a massive success. The tournament was moved from Thuthukani Sports Grounds to AJ Swanepoel Stadium due to the wet weather conditions. PHMM is an NGO based in Ermelo, making a difference in many lives on the daily. During the tournament, sixteen teams participated in 4 matches per day, during all four days of the Easter Weekend. The teams were extremely excited, and had boundless fun during the event, with supporters that came in numbers to the stadium, braving the finicky weather. In a surprise part of the tournament, the Local Pastors and Ermelo Fleet met lock-heads as a Cut-In-Razors for the final: Abagcotshwa versus Ermelo Taxi Association (ETA), where the ETA won the Cut-In-Razors with 1-2. The tournament also featured prizes to end off the tournament, proudly sponsored by PHMM. The finalists were given a brand new soccer jersey to compete in, wearing it in the competition (each soccer kit per team). The winner received a trophy, and 18 gold medals, with the runner-up receiving 18 silver medals. Teams received their prizes with pride and joy. The final match of the tournament was Davel Juniors against Zone 8, with Zone 8 from Ermelo emerging as victors with a score of 3-1. “The objective of the tournament was to decrease crime rate over the long weekend. I have challenged the SAPS to hand over the long weekend crime stats to me. Unfortunately, I haven’t received any thus far, and that is a clear indication that the impact of the tournament was massive. We invited men and boys to the stadiums, because they are labeled in a bad stigma of abusing alcohol, drugs and women. We were making noise to say that there are still good men out there, and that there are men who stand against the stigma given to men as abusers in GBV,” Sithole said. “PHMM has a motto that says ‘Developing a Mentality to see Greatness in the midst of the Worst’... We still believe that we can change the status quo in our township and greater Ermelo around men.” You may view more photos on our Facebook page, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >
- MSV Roads opens their hearts in Ermelo
MSV Roads opens their hearts in Ermelo 1/6 Share GK CRONJE 19 April 2022 MSV Roads will also in the near future hand over another donation to a local school in Wesselton. The needs of the disproportionate and struggling individuals in and around Ermelo is systematically starting to outweigh the support that charity organizations are able to provide. Most charity organizations and assistance programs require quite a number of resources, not to mention constant donations towards the NGO’s cause. While the economic climate has caused everyone to tighten the purse strings, Vusi Nkosi from MSV Roads, based in Piet Retief, opened their hearts towards charity organizations in need in Ermelo. On Tuesday, 12 April 2022, Vusi personally delivered a total of 50 supportive packages to the CMR Ermelo, as well as a total of 144 sanitary pads. Additionally, to Ermelo Outreach, he handed over a cheque to the amount of R10 000, to assist in the costs incurred in the food parcels and delivery for the needy in Ermelo. MSV Roads will also in the near future hand over another donation to a local school in Wesselton, as the parcels needs to be sent from the disaster-stricken KwaZulu-Natal. The name of the school, and the details regarding the donation will be published as soon as it is available. < Previous Article Next Article >
- Brief - Vrae aan Ermelo SAVF CEO
Brief - Vrae aan Ermelo SAVF CEO 1/1 Share Submitted Content 31 May 2022 "Ongelukkig is Ermelo bitter klein, en weet ons wat die waarheid is wat die “bestuur span” so hard probeer toe smeer!" Brief - Op 24 Mei 2022 was daar n persverklaring deur Ermelo SAVF huis in die Tribune geplaas. Graag wil ek net bietjie duidelikheid oor die verklaring vra, want ‘n paar dinge maak nie baie lekker sin nie. Meneer Adriaan Raubenheimer, CEO van SAVF: Eerstens, wie by die plaaslike munisipaliteit het die inspeksie gedoen? Was dit meneer Ndomiso Mahele van gesondheid van Gert Sibande Distrik Munisipaliteit, wat ek twee maande terug gevra het om weens die 5 jaar-plus rotte plaag asseblief te gaan kyk in wat se omstandighede daar kos gemaak en gestoor word vir die ou mensies, en hy toe ‘n waarskuwing uitgereik het aan die bestuur om onmiddelik plaagbeheer te kry, na sy inspeksie? Tweedens, graag wil ek ook weet hoe het Me. Waldi Sieberhagen die pos as bestuurder gekry, behalwe dat sy vriendinne is met die area bestuurderes mev Mari Louw! Die pos is in plaaslike koerante in Ermelo geadverteer, en nie een Ermelo inwoner was eers genooi vir ‘n onderhoud nie? Me. Sieberhagen het begin waarneem direk nadat Anelize weg is as bestuurder, waar sy in Piet Retief as sielkundige ‘n pos beklee het! Steeds is die pos plaaslik geadverteer, en sy toe direk aangestel. My gevoel hier is, plaaslik moet ons borg, ons moet skenk, ons moet help, ons moet gee, maar sodra daar poste oop gaan, is ons plaaslike mense nie goed genoeg om onderhoude te kry om vir ons eie ou mensies te sorg nie. So my vraag is, kan meneer ‘n bewys bring van al die CV’s wat plaaslik ontvang is, dat daar niemand wat voldoen het aan die pos vereistes nie, en moes ‘n persoon van buite Ermelo die pos kom beklee? Of is dit omrede nog voor die sluitings datum einde Januarie, is Me. Sieberhagen se trek reeds Desember van Wakkerstroom gehaal, en het sy reeds ‘n woonstel op die perseel gekry? Derdens, die “tenders”... Kos maak tender- Ons plaaslike tehuis het nie geld om vir die ou mense seep en room, of enige doeke aan te koop nie, en daar word op Facebook op 23 Febuarie 2022 gevra vir borge vir die ou mensies vir toilet en bad benodighede. Minder as twee maande later is die kombuis (kosmaak vir die ou mensies) op tender, wat nie in die publiek of media geadverteer is nie, direk vir Tasso’s, wat die insameling van die bad en toilet benodighede se afgee punt was, gegee? Daar is geen kos-verhitte vervoer voertuig wat ‘n skoonheids sertifikaat het nie, en die kos word agter in n gewone voertuig vanaf Tasso’s na die te huis vervoer! Daar is geen dieëtkundige wat oor die spyskaart besluit nie, hoewel ons tehuis se ou mensies verskillende kos behoeftes het! Drie weke later is die kontrak skielik gestop, omrede die unie ingetree het oor die staff wat in die kombuis van die tehuis gewerk het, se dienste beëindig sou word! Die te huis beskik oor ‘n volledige industriële kombuis, drie stoorkamers en ‘n inloop vrieskas, dag en nag personeel! Hoekom is die maak van die kos op tender gesit? Hoekom is dit nie geadverteer vir die publiek om kwotasies te gee nie? Dieselfde publiek wat moet asb borge gee? Hoekom is daar nie net ‘n kombuis bestuurder aangestel om die personeel op te lei nie? Waarom 11-plus plaaslike mense amper hulle werk laat verloor, en ‘n industriële kombuis, ten volle toegerus, laat leeg staan en kos agter in ‘n kar laat vervoer? Hoe het Tasso’s die kontrak gekry? Skoonmaak tender - Waarom is die skoonmaak van die tehuis op tender gesit, wat ook nie geadverteer is in die plaaslike media of koerant nie? Die tehuis het skoonmakers? Waarom nie hulle beter oplei en leer hoe om skoon te maak, en een van hulle die skoonmaak bestuur maak om leiding te neem nie? Waarom het ‘n lid van die dag bestuur, twee weke voor die tender aan haar direk gegee is, deur die voorsitter gaan registreer as ‘n skoonmaak maatskapy, en is die tender direk aan haar gegee? Hoe het sy nog op die dag bestuur gebly, as dit dan teen die SAVF se konstitusie is dat vrywillige bestuur nie mag werk vir vergoeding, en en op die bestuur wees nie? Waarom moes ‘n jare lange bestuurslid, wat die skoonmaak van die tuine, mnr. Jaco Kirk, afgaan van die dag bestuur maar, nie Me Michelle van der Merwe, wat die skoonmaak kontrak direk gekry het nie? Die tender is ook weens die unie terug getrek, omrede daar personeel is wat dit tans doen, wat sonder werk sou sit! Maar weer verstaan ek nie, daar is nie geld vir die ou mense vir doeke nie, maar daar is geld om ‘n vrywillige bestuurslid direkte tenders te gee om die tehuis skoon te maak, terwyl daar jarelange skoonmakers reeds is! Die kamera sisteem se herstel en opgradeer... Weer is daar geen tender aan die publiek geadverteer nie, en volgens die voorsitter van die vrywillige dag bestuur, het die CFO van SAVF dit direk aan haar man gegee? Steeds bly Me. Gray ook op die dag bestuur as voorsitter aan! Is die reëls in die SAVF konstitusie dan nie ook van toepassing op haar nie? In die vierde plek, word daar tans gevra vir oefen fietse en gimnasium apparate, wat my verstand ter bowe gaan! Die mensies is oud... hoe en waar gaan hulle dit gebruik? Is daar ‘n biokinetikus wat die klasse gaan aanbied, want die is mense van 70 jaar en ouer, hoe op aarde wil die bestuur nou ‘n oefen/gimnasium vir hulle begin sonder die regte gekwalifiseerde person wat dit aanbied? WIE GAAN DIT BETAAL? Die plaaslike borge? Is dit ‘n basiese behoefte? Kan daar nie twee keer ‘n week pilates’ of meer geskikte oefen programme wat nie swaar gewigte en apparate benodig vir die ou mensies gegee word nie? Vyfdens... Die kos!! Ons ou mensies kry 4 tot 5 keer ‘n week melkkos of sop, gemaak van al die oorblywende kos in die kombuis! Hoe op aarde is dit gebalanseer? Waar is die dieëtkundige wat volgens die ou mensies se behoeftes die spyskaart moet uitwerk? In die sesde plek - Die borg van vrugte! Waarom moet die ou mense vrugte, wat aan die tehuis geskenk word, koop by die tehuis se snoepie? Wat van die ou mensies wat nie dit kan bekostig nie? Kry hulle nie vrugte nie? Vrugte behoort ‘n deel te wees van die ou mensies se gebalanseerde dieët!! Dit behoort nie aan dié wat geld het, verkoop te word nie! In die sewende plek... George Kleynhans! Meneer Adriaan, die skorsing en verhoor van mnr. Kleynhans sit nie lekker met ons as borge en publiek nie! Hierdie is ‘n man wat sy hart en siel in die Ermelo tehuis gesit het! Wat op sy kniee stoorkamers geskrop het om die ou mensies teen die rotte se uriene en snert te beskerm! Wat dag in en dag uit meer gedoen en gegee het as u nuwe bestuurders! Wat ‘n vrywiliger is, en nog nooit ‘n sent of tender gekry het by die tehuis nie! Ek smeek u, kyk na sy aanklag vorm! Dis om van te lag! Ek het n plaaslike prokureur gevra om mnr. Kleynhans te gaan verteenwoordig, want ek dink dis tyd om die gereg, en mnr. Willem Petzer te betrek by Ermelo SAVF! Meneer Kleynhans het opgestaan teen die dag bestuur voorsitter, Me. Gray, en die nuwe bestuurderes, Me. Waldi, oor die direkte tenders... en hy is geskors?? Hoe op aarde word ons tehuis bestuur? Dan verder, so drie maande terug was daar n ou Altzheimers pasiënt, wat deur ‘n verpleegster geslaan is met ‘n leë 2 liter bottel, omrede die pasiënt haar gestamp het. Daar is geen stappe teen die personeel lid geneem nie, en die hele storie is onder die mat ingevee, hoewel daar video material van die voorval was! Hoe veilig is ons ou mense in die tehuis?? Waarom het Me. Gray en Me Sieberhagen nie die plaaslike SAPS se veiligheids eenheid in kennis gestel nie? Laastens... Me. Louw bedank Me. Sieberhagen vir haar veranderinge en opgraderings? Vandat die dame daar begin het, het sy nog nie ‘n sent van haar eie geld gebruik vir enige iets by die tehuis nie! Inteendeel het Me. S Kirk 90% van alles gereël! Waar is haar bedanking? Waar is ons borge se dankie? Vandat Me. Sieberhagen en Me. Gray aan die stuur is, is ons tehuis en bestuur swakker as ooit! Van kos tot onwettige tenders uitgee gaan familie en vriende! Maar volgens die munisipale inspeksie gaan dit baie goed daar, ‘n inspeksie waarvan niemand by ons plaaslike munisipaliteit eers weet van nie! Meneer Adriaan Raubenheimer, CEO van SAVF, in plaas van ‘n self-opgemaakte persverklaring wat baie duidelik deur die drie dames self geskryf, en nie ons plaaslike stadsraad nie, want net hulle drie word eer gegee en bedank in die verklaring, vra ons asseblief om ‘n publieke vergadering met u te hê, in persoon! Nie die area-, dag- of vrywilligers hoof nie. Ons wil u in persoon sien! Ons wat borg, is glad nie gelukkig met die stand van sake by Ermelo SAVF ouetehuis nie! Ons wil bitter graag met u, en die media, om ‘n tafel sit, en antwoorde hê! Ons wil weet of daar aandag gegee, en stappe geneem gaan word? Hierdie is ons ou mense, Ons oupas en oumas! Ons ooms en tannies... nie Waldi, Judy of Mari sin nie! Nie een van hulle drie het ‘n familie lid in ons ouetehuis nie! Dalk is dit waarom alles so goed gaan volgens hulle! As die sak vol is, is die mond mos stil! Daar is nog bitter baie vrae wat ons het oor gebeure wat plaasvind in daai gebou! Soos ek reeds ook gesê het, dis dalk tyd om ‘n behoorlike ondersoek te loods, want die area bestuur is volgens die persverklaring baie gelukkig oor die tehuis bestuur, en hoe ons ou mense behandel word! Inteendeel praat sy met “lof” oor die tehuis en die bestuur daarvan? Die persverklaring sit nie lekker met ons as gemeenskap nie! Ongelukkig is Ermelo bitter klein, en weet ons wat die waarheid is wat die “bestuur span” so hard probeer toe smeer! - - Groete, ‘n baie bekommerde borg, wat se beursie nou toe is vir SAVF Ermelo < Previous Article Next Article >
- EHS-rugbyseuns gekies vir Puma-spanne
EHS-rugbyseuns gekies vir Puma-spanne 1/1 Share SM HATTINGH 25 May 2021 “Baie geluk aan elke seun wat tot ‘n span verkies is. EHS wens elkeen alle sterkte toe met die seisoen.” Hoërskool Ermelo is besonder trots op nege van EHS se rugbyseuns, wat gekies is vir verskeie voorlopige Puma-rugbyspanne. Die Erries is dankbaar vir die geleentheid om, ten spyte van onseker en uitdagende tye, die geleentheid gegun te word om rugby te kan speel. Arend Fourie is gekies vir die Craven Week-span, en Corné Janse van Rensburg is gekies vir o/18-stedelike span. In die o/17-span is Ignus Ferreira, Tiaan Grobler en Armand du Preez. Carl Jacobsz, Tyrone Berning, Franco Ludwig en Nardus de Wet is gekies vir die o/15-span. Verdere uitspele sal gehou word sodra skole sport weer toegelaat word. Dié wedstryde sal plaasvind teen die Valke en Limpopo. “Baie geluk aan elke seun wat tot ‘n span verkies is. EHS wens elkeen alle sterkte toe met die seisoen.” < Previous Article Next Article >
- More pollution added to Pet Dam
More pollution added to Pet Dam 1/5 Share GK CRONJE 24 August 2021 In an environmental study released, MLM, amongst three other Mpumalanga municipalities, is explicitly fingered as a main culprit in the years-long pollution of the Vaal River. Amidst Msukaligwa Local Municipality (MLM) approving new construction projects, building plans and residence extensions left and right, the environment, fauna and flora, as well as residents get the shortest end of the stick imaginable. Since circa 2014, the sewerage system in President Fouché Avenue and the surrounding wards have been on a downward spiral, with municipal managers from three iterations back’s promises still remaining unfulfilled. The impact on the wildlife and wetland animals, especially notable the Egrets that grace Ermelo, is a cause of great concern, as the spillage eventually flows down to the Pet Dam, leaving a trail of pollution and wildlife death in its wake. From the Pet Dam, which is already polluted beyond measure, the overflow ties in with the Klein Drinkwater stream, ultimately ending up in the Vaal River. In an environmental study released, MLM, amongst three other Mpumalanga municipalities, is explicitly fingered as a main culprit in the years-long pollution of the Vaal River. Alas, to date no upgrades, nor action have been taken, with the situation being inexplicably worse than before. The frequent blockages and overflow of the sewerage line in President Fouché Avenue clearly indicates a larger problem factor with the network area, as residents near the President Fouché Avenue and Roberts Street intersection live in a near constant cloud of putridity, as the overflowing manholes in this section is a constant issue, with feaces, sanitary products, condoms and toilet paper being left to bake in the sun. The fields in this area is constantly drenched with sewage, and also holds serious health implications for residents and learners from the nearby schools. The issue of the pandemic further proves problematic, as MLM barks at residents to practice hygiene, but back at the ranch, they are the main culprits of unhygienic practices. While MLM’s authority figures, as well as various ward councillors are well aware of the problems faced by residents, it would seem that little is being done to provide a permanent and viable solution. The Gert Sibande District Municipality had also been informed of the issue on several occasions, but claim to have no jurisdiction in the matter. The Democratic Alliance (DA) has noted that the party had sent a letter to the Premier of Mpumalanga, by the time response is received from provincial level, the damage will be immeasurable. You may view more photos and videos on our Facebook page, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >
- Errie behaal provinsiale kleure by Talent Africa Nationals 2020
Errie behaal provinsiale kleure by Talent Africa Nationals 2020 1/1 Share SH HATTINGH 11 Augustus 2020 Sy het twee video’s ingestuur vir die kategorie 15 tot 17 jaar “Backtrack Vocal”, waarvoor sy twee brons medaljes sowel as provinsiale kleure ontvang. Micaela ontvang ook ‘n aanbod van ‘n musiek studio in Johannesburg om ‘n “cover”-album op te neem. Miceala Erasmus, 'n Graad12-leerder van Hoërskool Ermelo, het onlangs aanlyn deelgeneem aan die Talent Africa Nationals 2020 kompetisie. Sy het twee video’s ingestuur vir die kategorie 15 tot 17 jaar “Backtrack Vocal”, waarvoor sy twee brons medaljes sowel as provinsiale kleure ontvang. Micaela ontvang ook ‘n aanbod van ‘n musiek studio in Johannesburg om ‘n “cover”-album op te neem. “Hartlik geluk, Micaela. Die Erries is besonder trots op jou! Mag jou stem vir almal wat dit hoor tot groot seen wees!” < Previous Article Next Article >
- Medirite among the first to launch flu shots
Medirite among the first to launch flu shots 1/1 Share GK CRONJE 13 April 2021 Medirite is offering the flu vaccine at it’s 146 pharmacies located across South Africa. It retails from just R109 - and the pharmacy accepts all major medical aids. To book, call your preferred Medirite to make an appointment. Medirite is among the first pharmacies in South Africa to offer the 2021 flu vaccine, retailing from just R109, ahead of the upcoming winter season. The seasonal flu vaccine available from Medirite, the chain of pharmacies conveniently located inside Shoprite and Checkers supermarkets, protects against four strains of flu. Although the vaccine will not protect against COVID-19, it will play an important role during the pandemic, says Lisa Giltrow, Senior Pharmacist at Medirite. “The flu vaccine won’t make you more resilient to COVID-19. It may however make diagnosis of a COVID-19 infection easier. As the typical viral infection symptoms are largely similar in both the flu and a Coronavirus infection, presentation of these symptoms could mask a COVID-19 infection and result in a missed diagnosis. By having the flu vaccine and thus reducing the risk of contracting flu, it could rule out flu as a possible diagnosis and the person being tested for COVID-19 rather than writing it off as a ‘case of the flu’,” explains Giltrow. Vaccination is the most effective way to prevent infection and severe outcomes caused by influenza viruses, advises Giltrow, and the flu vaccine reduces the number of flu-related doctor’s visits and hospitalizations each year. “Vaccination is especially important for people at higher risk of serious influenza complications, and for people who live with or care for high risk individuals. The flu vaccine also protects both mother and child when administered during pregnancy - passive protection of the infant occurs from birth to less than 6 months of age following vaccination of pregnant women,” says Giltrow. Although anyone can obtain the vaccine, during the COVID-19 pandemic the World Health Organisation (WHO) has specifically recommended seasonal influenza vaccinations for health workers, older adults, pregnant women, individuals with specific chronic medical conditions, and children aged 6-59 months. Those who’ve previously had flu vaccinations should also return for their shots this year, as the new vaccines contain protection against the latest strains detected for the 2021 season, says Giltrow. The results are highly effective, and although no vaccine can offer 100% protection, they can reduce the severity of illness in people who may still contract it. “The flu vaccine stimulates your body’s natural defence system to produce antibodies. This occurs within two to three weeks after vaccination. These antibodies neutralise the flu viruses when the body is later exposed to them,” explains Giltrow. Medirite is offering the flu vaccine at it’s 146 pharmacies located across South Africa. It retails from just R109 - and the pharmacy accepts all major medical aids. To book, call your preferred Medirite to make an appointment. < Previous Article Next Article >
- Kreatiewe dames geniet verfklas
Kreatiewe dames geniet verfklas 1/1 Share SH HATTINGH 14 July 2020 Al was die weer nie van die beste nie en die yskoue wind het om die hoeke gehuil buite, het die dames die dag terdeë geniet. Daar was heerlike koffie en tee bedien, asook smaaklike groentesop om die koue te trotseer. Op Saterdag,11 Julie, het Chalk Paint and Coffee Joint ‘n wonderlike kunsklas aangebied. Tydens die uiters interessante klas het die dames ‘n wasgoedmandjie geverf, en self versier met’n “waterslide” prent van hul eie keuse. Al was die weer nie van die beste nie en die yskoue wind het om die hoeke gehuil buite, het die dames die dag terdeë geniet. Daar was heerlike koffie en tee bedien, asook smaaklike groentesop om die koue te trotseer. < Previous Article Next Article >











