top of page

Erries stof hul rugbystewels af

SM HATTINGH

31 August 2021

Die Erries is nietemin dankbaar om weer op die rugby veld te wees, en sien met verwagting uit na die res van die jaar se kragmetings.

Op Saterdag, 21 Augustus, het Hoërskool Ermelo se rugbyspanne na 'n lang gewag en baie onsekerheid die voorreg gehad om in vriendskaplike wedstryde kragte teen Hoër Volkskool Heidelberg te meet. Vir die Graad 12-rugbyspelers was hul wedstryd 'n bittersoet kragmeting, omdat dit die laaste rugby wedstryd van hul hoërskool loopbane was. COVID-regulasies het rugby oefeninge vanjaar tot 'n groot mate gestriem.

Die uitdagende aard van die wedstryde het daarvan getuig. Die o/15-span wen met 5 punte teenoor nul, terwyl die o/14-, o/17- en eerste span met tellings van onderskeidelik 19-5, 19-7 en 22-0 die knie moes buig. Die Erries is nietemin dankbaar om weer op die rugby veld te wees, en sien met verwagting uit na die res van die jaar se kragmetings.

bottom of page