top of page

EHS-rugbyseuns gekies vir Puma-spanne

SM HATTINGH

25 May 2021

“Baie geluk aan elke seun wat tot ‘n span verkies is. EHS wens elkeen alle sterkte toe met die seisoen.”

Hoërskool Ermelo is besonder trots op nege van EHS se rugbyseuns, wat gekies is vir verskeie voorlopige Puma-rugbyspanne. Die Erries is dankbaar vir die geleentheid om, ten spyte van onseker en uitdagende tye, die geleentheid gegun te word om rugby te kan speel. Arend Fourie is gekies vir die Craven Week-span, en Corné Janse van Rensburg is gekies vir o/18-stedelike span. In die o/17-span is Ignus Ferreira, Tiaan Grobler en Armand du Preez. Carl Jacobsz, Tyrone Berning, Franco Ludwig en Nardus de Wet is gekies vir die o/15-span. Verdere uitspele sal gehou word sodra skole sport weer toegelaat word. Dié wedstryde sal plaasvind teen die Valke en Limpopo. “Baie geluk aan elke seun wat tot ‘n span verkies is. EHS wens elkeen alle sterkte toe met die seisoen.”

bottom of page