Helpmekaar Liefdadigheidswinkel skenk aan CMR

1/2

13 April 2021

13 April 2021

Indien u belang stel om meer te weet van Helpmekaar Liefdadigheidswinkel, kan u Maryna kontak by 060 646 8389. U kan ook gerus ‘n WhatsApp stuur aan Maryna indien u meer inligting verlang. Om ‘n liggingpen te ontvang van die winkel se adres, stuur slegs u naam via WhatsApp.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

In die onsekere tye van COVID-19, staan Maryna Reyneke en haar liefdadigheidswinkel sterk, en maak elke dag ‘n verskil in talle se lewens. Maryna woon al 11 jaar in Ermelo, en is ‘n bekende gesig in die gemeenskap. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel ondersteun tans minderbevoorregte inwoners in Ermelo, asook gekeurde leerders in Ligbron Hoërskool. Maryna en haar sagte hart wend haar besigheid se hulpbronne aan om sukkelende gesinne en inwoners van Ermelo te ondersteun, en alle donasies word terug geploeg in die gemeenskap in.

Maryna het dit onlangs goed gedink om ‘n skenking aan die CMR Ermelo te maak, en sodoende ‘n verskil te maak in talle kindertjies se lewens. Maryna gaan uit haar pad uit om haar hulp te verleen aan alle behoeftiges. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel bestaan al twee jaar in Ermelo, en doen hul bes om alle behoeftiges te assisteer. “Ek help waar ek kan, en met die hulp van die gemeenskap kan ek selfs nog meer hulp verleen aan behoeftiges. Ek vra nederig vir donasies vanaf inwoners. Ek aanvaar alle huishoudelike items, boeke, kledingstukke, gordyne en alle ander items wat inwoners nie meer gebruik nie, en ek kan julle verseker dit word gewend aan ‘n goeie doel. Ek wil graag almal bedank wat al donasies gebring het na Helpmekaar toe, ek waardeer dit opreg.” het Maryna aan die Tribune ePaper gesê.

Indien u belang stel om meer te weet van Helpmekaar Liefdadigheidswinkel, kan u Maryna kontak by 060 646 8389. U kan ook gerus ‘n WhatsApp stuur aan Maryna indien u meer inligting verlang. Om ‘n liggingpen te ontvang van die winkel se adres, stuur slegs u naam via WhatsApp.