top of page

Search this site

1614 results found with an empty search

  • Nuwe verwikkelinge rakende Groen Lisensies | tribune-newspaper

    Nuwe verwikkelinge rakende Groen Lisensies 1/3 Share INHOUD VERSKAF 15 September 2020 Die Raad van SA Jagters verwag al `n geruime tyd reeds dat die Polisie hierdie interdik wil herroep en die Vereniging het sy lede oor die afgelope twee maande hieroor ingelig en aangeraai om intussen hul bevoegdheid in plek te kry sodat hulle vir nuwe lisensies kan aansoek doen om die ou groen lisensies te vervang. Persverklaring - SA Jagters het laatmiddag op 8 September 2020, ’n skrywe ontvang van die staatsprokureur waarin hy ons inlig oor die staat se voorneme om die hofinterdik van Junie 2009 wat die ou groen lisensies geld gehou het, te laat herroep. Die staatsprokureur is van mening dat vuurwapeneienaars met ou groen lisensies meer as genoeg geleentheid gehad om hul lisensie te hernu gedurende drie geleenthede waar amnestie aangebied is. Die huidige amnestietydperk is die laaste van die drie waarna hy verwys. Verder stel die staatsprokureur voor dat SA Jagters die hoofaansoek van 2009 onttrek (wat nooit verder geneem is nie) en instem om die interdik van 2009 te herroep. Die Minister van Polisie sal dan nie ’n kostebevel teen SA Jagters versoek nie. Indien SA Jagters nie instem tot hierdie versoek nie, sal die staatsprokureur voortgaan met ’n hofaansoek om die 2009 interdik te herroep en om ’n strafkostebevel teen SA Jagters ook aansoek doen. Die Raad van SA Jagters verwag al `n geruime tyd reeds dat die Polisie hierdie interdik wil herroep en die Vereniging het sy lede oor die afgelope twee maande hieroor ingelig en aangeraai om intussen hul bevoegdheid in plek te kry sodat hulle vir nuwe lisensies kan aansoek doen om die ou groen lisensies te vervang. Daar is uiteraard ook lede van die publiek wat steeds staatmaak op die ou groen lisensies en wat in presies dieselfde omstandighede as lede van SA Jagters sal wees met hierdie stap van die polisie. Die Raad van SA Jagters is tans in gesprek oor hoe om dié saak vorentoe te bestuur. ’n Raadsvergadering is vir 17 September 2020 beplan wanneer ons verder met die regspan sal beraadslaag, waarna die Raad `n standpunt sal formuleer om aan die staatsprokureur sal oordra. Uiteraard sal die Raad ook besluit op die gepaste verdere aksie. Na die beste inligting beskikbaar is daar ongeveer 670 000 ou groen lisensies wat nog geldig kan wees. SA Jagters dink nie dit is haalbaar om die huidige amnestie te gebruik om hierdie wapens in te handig en vir nuwe lisensies aansoek te doen nie. Ons sal ’n ander werkbare oplossing moet vind. SA Jagters sal saam met ander belangegroepe in die vuurwapeneienaargemeenskap werk en waar nodig met ander groepe en individue konsulteer om oplossings te vind. < Previous Article Next Article >

  • SC President Ismail Joosub’s message to the youth | tribune-newspaper

    SC President Ismail Joosub’s message to the youth 1/1 Share Supplied Content 14 June 2022 With Youth Day soon approaching, African Union SC President Ismail Joosub had a message for the youth of Africa. The African Union Student Commission, a subsidiary of the African Union, is an organisation dedicated to the betterment of the African Continent and the aspirations and ambitions of the peoples of Africa. Guided by the visions and ideals of the African Union, the African Union SC is intent on contributing towards the achievement of a United Africa that is peaceful, progressive and productive. The African Union SC was invited, last week, by the Thabo Mbeki Foundation to attend a conference hosted by the former President on the topic of “The 20th Anniversary of the African Union”. There, much discussion was had as to the future of the Continent, with a particular emphasis on the role that the Youth can play in Africa’s Renaissance. With Youth Day soon approaching, African Union SC President Ismail Joosub had a message for the youth of Africa. Joosub says “My friends, we live in turbulent and tempestuous times. While modern technology brings men and nations closer together, with the concerns of one inevitably becoming the concerns of all, there still exists the dark and poisoning superstitions embodied by some that the common humanity of man is limited to the tight circle of those who share the same town, the same views, or the same skin colour. It is our job – the task of the youth in this continent – to tear down those last remnants of that ancient belief from the civilization of man. The African Union SC, indeed, understands that each nation has different challenges and different goals, that are all shaped by the vagaries of histories and happenings. But I should say, as I talk to the young people in Africa, that I am impressed not by the diversity, but by the closeness of their goals, their desires, their concerns and their hopes for the future. While the difficulties of the day reflect the imperfections of human justice, the inadequacy of human compassion, or the defectiveness and inefficiency of productivity, these challenges call upon our common qualities of conscience – and upon our shared determination – to work together towards a future of which we can all be proud. It is these qualities which make of the youth today the only true international community, which give the continent hope, which declare that the youth shall not yield to obsolete dogmas and outworn slogans. It is these qualities which qualifies ‘youth’ not as a time of life, but as a state of mind, a temper of the will, an appetite for imagination, a predominance of courage over timidity, that enable the youth to tear down even the mightiest walls that might stand in our way. Soon, on National Youth Day, we celebrate the potential and power of young people to shape the future of our increasingly interconnected world, cognizant of the fact that a more peaceful and prosperous Africa can only be achieved through UNITY. Only by working together, hand in hand, shoulder to shoulder, as one people can we extinguish the errors of bygone eras and move forward towards a brighter future. It begins with us, the YOUTH, to build on the legacies of our forefathers and usher in a new era of endless possibilities.” - Ismail Joosub, President - African Union Student Commission < Previous Article Next Article >

  • Cecilia het steeds jou hulp nodig | tribune-newspaper

    Cecilia het steeds jou hulp nodig Op die foto verskyn Nicoline, Ralph en Kyle Griffiths van die Ermelo Rotary Club saam met Lynette Hattingh van die Tribune en Cecilia voor in haar rolstoel. Alhoewel die foto’s van ‘n skokkende aard is, wil die betrokke partye graag die erns van die situasie oordra aan inwoners en besighede wat sou belang stel om bydraes te maak. Alhoewel die foto’s van ‘n skokkende aard is, wil die betrokke partye graag die erns van die situasie oordra aan inwoners en besighede wat sou belang stel om bydraes te maak. Op die foto verskyn Nicoline, Ralph en Kyle Griffiths van die Ermelo Rotary Club saam met Lynette Hattingh van die Tribune en Cecilia voor in haar rolstoel. 1/3 Share SH HATTINGH 27 October 2020 Haar dokter, sowel as die susters, is baie tevrede met hoe die wonde lyk. Cecilia gaan wel in November veloorplantings moet ondergaan, wat ‘n groot bedrag gaan beloop. Cecilia Earle, ‘n jarelange inwoner van Ermelo, was op Donderdag, 8 Oktober 2020 betrokke in ‘n tref en trap ongeluk met ‘n swaar motorvoertuig. Cecilia sterk baie goed by haar suster aan. Sy besoek haar dokter elke tweede dag, waar al haar wonde skoon gemaak en behandel word. Haar dokter, sowel as die susters, is baie tevrede met hoe die wonde lyk. Cecilia gaan wel in November veloorplantings moet ondergaan, wat ‘n groot bedrag gaan beloop. Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds om te help met al die mediese onkostes nie. Die gemeenskap word versoek om hul harte oop te maak, en by te dra waar hulle kan. Nicoline Griffiths, wat die President van die Ermelo Rotary Club is, saam met Ralph en Kyle het op Donderdag, 22 Oktober, aan Cecilia ‘n rolstoel oorhandig. Baie dankie vir julle hulp. Enige persoon wat meer inligting wil hê is welkom om Sue-Marie by 082 734 0867 te skakel. Die trust fonds is as volg: PWG Prokureurs, Eerste Nasionale Bank, Ermelo, Takkode: 270344. Die tjek-rekeningnommer is 52180048278. Barmhartige samiritane moet asseblief E745/Earle gebruik as verwysing. < Previous Article Next Article >

  • Bail denied for Carolina trio

    Accused of murder and kidnaping, three men from Carolina, William Wimpie Viljoen (32), Hannes Terblache (29) and Obi Nortje (32) appeared before the Carolina magistrate’s court for their bail application verdict, in which their bail was denied. The trio were arrested by the Carolina SAPS on 9 September 2020, and have been remanded in custody. It is alleged that on 14 August 2020, Viljoen, a store manager at SPAR, Terblanche the receiving manager and Nortje, local security reaction officer, kidnaped and assaulted Thabiso Sibanyoni (22) and Thulani Sibanyoni (35), accusing them of insulting one of their colleagues. Sibanyoni later succumbed to his injuries in Carolina Hospital. When delivering his verdict, Magistrate Sekgothe Madiba said the trio faces very serious charges, which have caused community outcry. Community members have been picketing outside court since their arrest, and if granted bail, this will cause unrest in the community. Bail denied for Carolina trio Bail denied for Carolina trio 1/2 Share SH HATTINGH 20 October 2020 When delivering his verdict, Magistrate Sekgothe Madiba said the trio faces very serious charges, which have caused community outcry. Community members have been picketing outside court since their arrest, and if granted bail, this will cause unrest in the community. Accused of murder and kidnaping, three men from Carolina, William Wimpie Viljoen (32), Hannes Terblache (29) and Obi Nortje (32) appeared before the Carolina magistrate’s court for their bail application verdict, in which their bail was denied. The trio were arrested by the Carolina SAPS on 9 September 2020, and have been remanded in custody. It is alleged that on 14 August 2020, Viljoen, a store manager at SPAR, Terblanche the receiving manager and Nortje, local security reaction officer, kidnaped and assaulted Thabiso Sibanyoni (22) and Thulani Sibanyoni (35), accusing them of insulting one of their colleagues. Sibanyoni later succumbed to his injuries in Carolina Hospital. When delivering his verdict, Magistrate Sekgothe Madiba said the trio faces very serious charges, which have caused community outcry. Community members have been picketing outside court since their arrest, and if granted bail, this will cause unrest in the community. < Previous Article Next Article >

  • The Bed Shop Ermelo aan die brand | tribune-newspaper

    The Bed Shop Ermelo aan die brand 1/2 Share SH HATTINGH 16 June 2020 Die nodige personeel was spoedig op die toneel, en het daarin geslaag om die brand blitsvinnig te stuit voor die res van die winkel ook kon vlam vat. Op Woensdag, 10 Junie, het The Bed Shop in Joubert Straat aan die brand geslaan. Die vuur het ontstaan in die stoorkamer, maar die oorasaak van die brand is steeds onbekend. Die nodige personeel was spoedig op die toneel, en het daarin geslaag om die brand blitsvinnig te stuit voor die res van die winkel ook kon vlam vat. < Previous Article Next Article >

  • Hooggeregshof gee winkelsentrum-teenstander ‘n bloedneus | tribune-newspaper

    Hooggeregshof gee winkelsentrum-teenstander ‘n bloedneus 1/1 Share GK CRONJE 18 May 2021 Laastens het Regter Mankge bevestig dat II8 gefaal het om ‘n daadwerklike saak te bou, en dat hul papierwer, aansoeke en beëdigde verklarings in menigte gevalle in konflik is met die drie pilare benodig. In die lig van die gevraagde uitspraak wat deur die Tribune ePaper aangevra is, is daar goeie nuus vir die inwoners van Ermelo en die mliggende omgewing. Na ‘n struweling en talle hofsake wat vanaf ongeveer 2015 voordwoed, het eerbare Regter AJ Mankge, waarnemende regter van die hooggeregshof van Suid Afrika, die finale uitspraak gelewer rakende dié kwessie. Vroeg in 2015 het inwoners met groot opgewondenheid verneem van 'n beplande winkelsentrum, Plateau Mall (voortaan bekend as Merino Mall), wat gebou sou word in Voortrekkerlaan, waar die Ermelo Skougronde tans geleë is. Die projek word bestuur deur die Moolman Group, 'n bekende ontwikkelaar met talle suksesvolle projekte en ontwikkelings op hul kerfstok. Hierdie vlagskip-konstruksieprojek, wat as 'n ontwikkeling van 30,000 m² beskou word, sou 'n voltooiingsdatum van April 2020 hê, en menigte nuwe kettingwinkels sou huisves, het onmiddellik 'n groot plons in die gemeenskap gemaak. Ongelukkig het die opgewondenheid mettertyd in onsekerheid verander nadat geen aanduiding van enige bouproses sigbaar was nie. Die gemeenskap het gewoeker, en doen steeds, met gerugte oor beweerde politieke invloed wat 'n rol in die besware gespeel het. Die konstruksie van die sentrum is telkens vertraag deur beswaar wat aangeteken was deur Ilangabi Investments 8 (PTY) Ltd (II8), wat ook verbind word met Samuel "Dube" Democracy Zwane. Alhoewel die Moolman Groep (MG) en Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) tot ooreenkoms gekom het rakende die konstruksie, en alle bouplanne en nodige aansoek en papierwerk die groen lig ontvang het, het Ilangabi Investments 8 keer op keer ‘n stokkie probeer steek voor die konstruksie van die winkelsentrum. Die regspan van II8 het aangevoer dat die aansoek deur die MG van die hand gewys moet word, en deur ‘n munisipale beplanningstribunaal by MLM hersien moes word. II8 het op verskeie geleenthede die aansoek deur die MG teengestaan, met besware wat telkens van geen toepassing op die winkelsentrum se aansoek gehad het nie. Die regter het dit bekend gemaak dat volgens II8 se stigtingspapiere, besit hul ongeveer 22ha ontwikkelingsgrond in Wesselston, uitbreiding 8, waar hul beweer om regte te hou vir ‘n konstruksieplan vir ‘n winkelsentrum. Die MG was regte toegestaan vir konstruksie te Ermelo, uitbreiding 47 (skougronde). Ter aansoek deur die MG, was die ontwikkeling deur die MLM stadsbeplanning aangeraai vir goedkeuring. MLM het egter in April 2018 hul deuntjie verander, en aangekondig dat die bogenoemde aansoek van die hand gewys gaan word. Die MG het egter appél aangeteken, wat toegestaan is aan die MG. II8 het egter weereens beswaar aangeteken, en beweer dat hul belange beïnvloed word deur die Merino Mall se ontwikkeling. Regter Mankge het egter aangedui dat dié belange van so aard moet wees dat dit nie te abstrak of akademies moet wees nie, en dat die belange aktueel moet wees. Die regter het egter beslis dat II8 geensins genoegsame bewyse voorgelê het dat hul belange in aktualiteit beïnvloed word nie. Die regter het ook beslis dat II8 nie aan die drie pilare van ‘n waterdigte saak voldoen het nie, wat insluit dat die aansoeker ‘n eienaaar van die grond en belastingbetaler is, dat die aansoeker goedgekeurde ontwikkelingsplanne het, en dat die aansoeker bevordering van administratiewe geregtigheid (PAJA) se terme nie verontagsaam word nie. II8 het dus ook met alle mag probeer om die ontwikkeling teen te staan deur Seksie 33 van die grondwet holrug te ry, wat kortliks dui dat enige persoon mag beswaar aanteken teen onwettige gebeurtenisse. Verder het Regter Mankge aangedui dat II8 geensins deel was van die aanvanklike besprekings tussen die MG en MLM nie, en ook nie deel was van die besprekings wat die appèlowerheid ingesluit het nie. Die regter het ‘n bloedneus toegedien aan II8 deur te beslis dat hul belange geensins beïnvloed sal word deur die MG nie, dat II8 gediskwalifiseer word in terme van PAJA siende hul nie genoegsame bewyse kon voorsien nie, en dat II8 nie meer die eienaar is van die ontwikkelingsgrond soos aangedui in hul appél nie. Die regter het beslis dat II8 se saak verbrokkel het deur die feit dat hul regte verval het in Oktober 2020. II8 het egter gefaal om genoegsame bewyse te lewer dat daar in enige opsig inbraak gemaak word op hul belange. Regter Mankge het ook verwarring getoon deur die skielike aanslag deur II8 op die MG in 2020, maar vanaf 2016 gesloer het met die saak nie. Die saak was verder vererg deur ‘n appél wat II8 aangeteken het in Maart 2021, waar hul hulsef gedui het as grondeienaars van hulle beweerde ontwikkeling, maar hul het egter die grond geregistreer aan ‘n verskillende eienaar in Desember 2020. Laastens het Regter Mankge bevestig dat II8 gefaal het om ‘n daadwerklike saak te bou, en dat hul papierwer, aansoeke en beëdigde verklarings in menigte gevalle in konflik is met die drie pilare benodig. Die beslissing is aangekondig dat II8 se vermorsing van die hof se tyd nie genoegsaam was om ‘n boete op te lê nie. Regter Mankge het wel beslis dat II8 verantwoordelik gehou word vir die regskostes aangegaan deur die MG groep, insluitend die indiensneming van twee advokate, waar van toepassing. < Previous Article Next Article >

  • TLU bied 2021 Jongboer-konferensie aan | tribune-newspaper

    TLU bied 2021 Jongboer-konferensie aan 1/4 Share GK CRONJE 11 May 2021 Danie Bester, Jongboer van die Jaar 2020, het ‘n informatiewe toespraak gelewer aan ander jong boere, en sy kennis gedeel met die boere gemeenskap. Die TLU-SA het op Vrydag, 7 Mei 2021, hul 2021 Jongboer Konferensie aangebied, waar talle besprekings plaasgevind het oor die toestand van die landbousektor in die land. As gevolg van die pandemie, kon slegs ‘n beperkte aantal boere en besoekers die konferensie te Pretoria bywoon. Die TLU het egter ‘n Zoom-skakel beskikbaar gestel vir diegene wat virtueel wou deel wees van die konferensie. Die konferesnie, gelei deur Henna du Plessis, Jongboer Komitee Voorsitter, en Henry Geldenhuys, TLU SA President, was gestaaf as ‘n groot sukses. Danie Bester, Jongboer van die Jaar 2020, het ‘n informatiewe toespraak gelewer aan ander jong boere, en sy kennis gedeel met die boere gemeenskap. Hou die volgende publikasie dop vir ‘n volledige verklaring deur die TLU rakende die konferensie. < Previous Article Next Article >

  • Twee verdagtes vasgetrek deur gemeenskapslede

    Op Dinsdag, 15 September, was twee verdagtes opgemerk wat besig is om motors se alarms te keer dat dit aktiveer, bekend as “remote jamming”. Die twee verdagtes is gekonfronteer deur twee mans, waarna die verdagtes te voet gevlug het uit ‘n winkelsentrum in Kerk Straat. Hulle is egter vasgetrek naby ‘n restaurant in Kerk Straat. Die karwagte het saam met die twee mans gewerk om die verdagtes vas te trek. Die twee verdagtes is dadelik na die SAPD geneem, waar daar op die stelesel gesien is dat daar by beide die verdagtes twee ander hangende sake is. Die twee gemeenskapslede, wat anoniem wil bly, wil graag die karwagte, asook die plaaslike SAPD bedank vir hulle flinke werk. Twee verdagtes vasgetrek deur gemeenskapslede Twee verdagtes vasgetrek deur gemeenskapslede Die verdagtes wat vasgetrek is deur die gemeenskap. Die verdagtes wat vasgetrek is deur die gemeenskap. Die verdagtes wat vasgetrek is deur die gemeenskap. 1/2 Share SH HATTINGH 22 September 2020 Die karwagte het saam met die twee mans gewerk om die verdagtes vas te trek. Die twee verdagtes is dadelik na die SAPD geneem, waar daar op die stelesel gesien is dat daar by beide die verdagtes twee ander hangende sake is. Op Dinsdag, 15 September, was twee verdagtes opgemerk wat besig is om motors se alarms te keer dat dit aktiveer, bekend as “remote jamming”. Die twee verdagtes is gekonfronteer deur twee mans, waarna die verdagtes te voet gevlug het uit ‘n winkelsentrum in Kerk Straat. Hulle is egter vasgetrek naby ‘n restaurant in Kerk Straat. Die karwagte het saam met die twee mans gewerk om die verdagtes vas te trek. Die twee verdagtes is dadelik na die SAPD geneem, waar daar op die stelesel gesien is dat daar by beide die verdagtes twee ander hangende sake is. Die twee gemeenskapslede, wat anoniem wil bly, wil graag die karwagte, asook die plaaslike SAPD bedank vir hulle flinke werk. < Previous Article Next Article >

  • Inwoner ly reuse skade nadat woonhuis vlamvat | tribune-newspaper

    Inwoner ly reuse skade nadat woonhuis vlamvat 1/3 Share GK CRONJE 9 March 2021 Nooddienste het ook gespartel, want die brand het ontstaan tydens 'n watertekort in Ermelo as gevolg van herstelwerk aan die toevoer. 'n Inwoner van Bothma Straat het op Donderdag reuse skade gely nadat ‘n brand onstaan het in haar woonhuis. Bure, bystaanders en inwoners het almal gehelp waar hul kon, en reddingsdienste was spoedig op die toneel. Die brandende woonhuis het ‘n groot skare gelok, wat in skok gekyk het hoe nooddienste spook om die vlamme onder beheer te kry. Nooddienste het ook gespartel, want die brand het ontstaan tydens 'n watertekort in Ermelo as gevolg van herstelwerk aan die toevoer. Op die stadium is daar geen ernstige beserings aangemeld nie. < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page