top of page

Nuwe verwikkelinge rakende Groen Lisensies

INHOUD VERSKAF

15 September 2020

Die Raad van SA Jagters verwag al `n geruime tyd reeds dat die Polisie hierdie interdik wil herroep en die Vereniging het sy lede oor die afgelope twee maande hieroor ingelig en aangeraai om intussen hul bevoegdheid in plek te kry sodat hulle vir nuwe lisensies kan aansoek doen om die ou groen lisensies te vervang.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Persverklaring - SA Jagters het laatmiddag op 8 September 2020, ’n skrywe ontvang van die staatsprokureur waarin hy ons inlig oor die staat se voorneme om die hofinterdik van Junie 2009 wat die ou groen lisensies geld gehou het, te laat herroep. Die staatsprokureur is van mening dat vuurwapeneienaars met ou groen lisensies meer as genoeg geleentheid gehad om hul lisensie te hernu gedurende drie geleenthede waar amnestie aangebied is. Die huidige amnestietydperk is die laaste van die drie waarna hy verwys. Verder stel die staatsprokureur voor dat SA Jagters die hoofaansoek van 2009 onttrek (wat nooit verder geneem is nie) en instem om die interdik van 2009 te herroep.

Die Minister van Polisie sal dan nie ’n kostebevel teen SA Jagters versoek nie. Indien SA Jagters nie instem tot hierdie versoek nie, sal die staatsprokureur voortgaan met ’n hofaansoek om die 2009 interdik te herroep en om ’n strafkostebevel teen SA Jagters ook aansoek doen. Die Raad van SA Jagters verwag al `n geruime tyd reeds dat die Polisie hierdie interdik wil herroep en die Vereniging het sy lede oor die afgelope twee maande hieroor ingelig en aangeraai om intussen hul bevoegdheid in plek te kry sodat hulle vir nuwe lisensies kan aansoek doen om die ou groen lisensies te vervang. Daar is uiteraard ook lede van die publiek wat steeds staatmaak op die ou groen lisensies en wat in presies dieselfde omstandighede as lede van SA Jagters sal wees met hierdie stap van die polisie.

Die Raad van SA Jagters is tans in gesprek oor hoe om dié saak vorentoe te bestuur. ’n Raadsvergadering is vir 17 September 2020 beplan wanneer ons verder met die regspan sal beraadslaag, waarna die Raad `n standpunt sal formuleer om aan die staatsprokureur sal oordra. Uiteraard sal die Raad ook besluit op die gepaste verdere aksie. Na die beste inligting beskikbaar is daar ongeveer 670 000 ou groen lisensies wat nog geldig kan wees. SA Jagters dink nie dit is haalbaar om die huidige amnestie te gebruik om hierdie wapens in te handig en vir nuwe lisensies aansoek te doen nie. Ons sal ’n ander werkbare oplossing moet vind. SA Jagters sal saam met ander belangegroepe in die vuurwapeneienaargemeenskap werk en waar nodig met ander groepe en individue konsulteer om oplossings te vind.

bottom of page