top of page

Inwoner ly reuse skade nadat woonhuis vlamvat

GK CRONJE

9 March 2021

Nooddienste het ook gespartel, want die brand het ontstaan tydens 'n watertekort in Ermelo as gevolg van herstelwerk aan die toevoer.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

'n Inwoner van Bothma Straat het op Donderdag reuse skade gely nadat ‘n brand onstaan het in haar woonhuis. Bure, bystaanders en inwoners het almal gehelp waar hul kon, en reddingsdienste was spoedig op die toneel. Die brandende woonhuis het ‘n groot skare gelok, wat in skok gekyk het hoe nooddienste spook om die vlamme onder beheer te kry.

Nooddienste het ook gespartel, want die brand het ontstaan tydens 'n watertekort in Ermelo as gevolg van herstelwerk aan die toevoer. Op die stadium is daar geen ernstige beserings aangemeld nie.

bottom of page