top of page

Twee verdagtes vasgetrek deur gemeenskapslede

Twee verdagtes vasgetrek deur gemeenskapslede

SH HATTINGH

22 September 2020

Die karwagte het saam met die twee mans gewerk om die verdagtes vas te trek. Die twee verdagtes is dadelik na die SAPD geneem, waar daar op die stelesel gesien is dat daar by beide die verdagtes twee ander hangende sake is.

Op Dinsdag, 15 September, was twee verdagtes opgemerk wat besig is om motors se alarms te keer dat dit aktiveer, bekend as “remote jamming”. Die twee verdagtes is gekonfronteer deur twee mans, waarna die verdagtes te voet gevlug het uit ‘n winkelsentrum in Kerk Straat.

Hulle is egter vasgetrek naby ‘n restaurant in Kerk Straat. Die karwagte het saam met die twee mans gewerk om die verdagtes vas te trek. Die twee verdagtes is dadelik na die SAPD geneem, waar daar op die stelesel gesien is dat daar by beide die verdagtes twee ander hangende sake is. Die twee gemeenskapslede, wat anoniem wil bly, wil graag die karwagte, asook die plaaslike SAPD bedank vir hulle flinke werk.

bottom of page