
Search this site
1614 results found with an empty search
- AfriForum lede ontvang opleiding | tribune-newspaper
AfriForum lede ontvang opleiding 1/5 Share GK CRONJE 10 May 2022 Die eerste module is regs-en-risiko-opleiding en het ten doel om buurtwaglede met kennis te bemagtig oor hoe om korrek en volgens die wet op te tree. AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het onlangs ’n opleidingsdag in Middelburg bygewoon wat uit drie verskillende modules bestaan het. Die eerste module is regs-en-risiko-opleiding en het ten doel om buurtwaglede met kennis te bemagtig oor hoe om korrek en volgens die wet op te tree. Die tweede module het gehandel oor toneelhantering omdat buurtwaglede op verskillende situasies reageer en soms help om tonele te beveilig en bewyse te bewaar. “Buurtwaglede is soms die eerste persone op ’n toneel en moet verseker dat soveel moontlik bewyse behoue bly sodat ’n ondersoek suksesvol afgehandel kan word,” sê Arlo Van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld. Die derde module het gefokus op gebeurliksheidsbeplanning. Hierdie opleiding help buurtwagte om voor te berei vir verskillende situasies soos onluste en voertuigdiefstal. “Gebeurlikheidsbeplanning help ons buurtwagte om onmiddellik suksesvolle en effektiewe optredes te loods saam met die nodige rolspelers,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in die Hoëveld. < Previous Article Next Article >
- Welkom terug aan die Graad 7's en Graad 12’s
Leerders van Grade 7 en 12 is met ope arms terug verwelkom. Welkom terug aan die Graad 7's en Graad 12’s Ligbron JJ Learskool Skool Ligbron 1/3 Share SH HATTINGH 9 Junie 2020 Leerders van Grade 7 en 12 is met ope arms terug verwelkom. Al die plaaslike skole het op Maandag, 8 Junie, hul Graad 7 en Graad 12 leerders terug verwelkom. Al die skole het die nodige maatreëls toegepas om te verseker dat die skool, asook die klaskamers, veilig en skoon is vir die leerders. Die Tribune wil graag al die leerders verwelkom, en sterkte toewens met die rowwe tyd wat voorlê. < Previous Article Next Article >
- JJ se eie sport ster
Morné Engelbrecht hardloop tydens die Mpumalanga kampioenskappe ‘n uitstekende tyd van 11.21 sekondes in die 80m hekkies vir seuns o/13. JJ se eie sport ster 1/1 Share SH HATTINGH 6 Oktober 2020 Morné Engelbrecht hardloop tydens die Mpumalanga kampioenskappe ‘n uitstekende tyd van 11.21 sekondes in die 80m hekkies vir seuns o/13. SA Skole sport sterre is ‘n platform wat geskep is om erkenning te gee aan sport sterre op hoërskool en laerskool vlak. As gevolg van die COVID-19 regulasies kon die Suid-Afrikaanse Atletiek kampioenskappe nie hierdie jaar plaasvind nie. Leerlinge se beste tye gedurende die seisoen is ingestuur, om sodoende hul plek op doe rangkys te bepaal. Morné Engelbrecht hardloop tydens die Mpumalanga kampioenskappe ‘n uitstekende tyd van 11.21 sekondes in die 80m hekkies vir seuns o/13. Die fantastiese tyd plaas hom eerste op die ranglys. Morné is dus die beste 80m hekkie atleet in ons land. “Morné, ons is voorwaar baie trots op jou. Baie geluk!” < Previous Article Next Article >
- AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek skole in Ermelo | tribune-newspaper
AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek skole in Ermelo 1/3 Share GK CRONJE 22 February 2022 Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za . Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 16 Februarie by Ermelo English Primary School, Hoërskool Ligbron en Laerskool JJ van der Merwe in Ermelo besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig. Die hoërskool leerders is ook meer ingelig oor die gevare rondom kuberafknouery,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap. “AfriForum het waardevolle inligting oor boeliegedrag aan die Liggies oorgedra. Boeliegedrag is ongelukkig ’n realiteit en die Liggies het wenke van onskatbare waarde ontvang wat hulle bemagtig om teen boelies op te staan,” sê Saretha Ferns, jeugwerker by die Hoërskool Ligbron. “Die bewusmaking van afknouery is van kardinale belang, aangesien die leerlinge weens sosiale media meer daaraan blootgestel word. Leerlinge moet leer hoe om dit te hanteer en sonder die nodige bewusmaking weet hulle nie altyd hoe om korrek op te tree in boeliesituasies nie,” sê Erika Bester, onderwyseres by die Laerskool JJ van der Merwe. Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za . < Previous Article Next Article >
- JJ onnies verwerf graad
Vier onderwysers van Laerskool JJ van der Merwe het onlangs hul grade verwerf. JJ onnies verwerf graad 1/1 Share SH HATTINGH 23 February 2021 Vier onderwysers van Laerskool JJ van der Merwe het onlangs hul grade verwerf. Vier onderwysers van Laerskool JJ van der Merwe het onlangs hul grade verwerf. Retief van der Walt ontvang sy B.ed graad in Intermediêre en Senior Fase in 2020, en gee tans Wiskunde. Carli Oberholster ontvang haar BSW (Bachelors degree in Social Work) graad in 2021. Sy is tans die Maatskaplike werkster by JJ. Ansuné Neethling ontvang haar B.ed graad in Grondslagfase in 2020. Sy gee tans Afrikaans HT, Afrikaans EAT en Wiskunde. Marlene Robinson ontvang haar B.ed graad in Grondslagfase in 2020. Sy is tans ‘n Graad 2 onderwyseres. Op die foto verskyn (v.l.n.r) Retief vd Walt, Carli Obeholster en Ansuné Neethling. Inlas - Marlene Robinson. < Previous Article Next Article >
- Shocking amount of school materials dumped in field | tribune-newspaper
Shocking amount of school materials dumped in field 1/4 Share GK CRONJE 29 June 2021 A large number of named workbooks and assessment sheets have been noted, along with personal correspondence and documents of several of the school principals. A concerning amount of school materials, of which text books and learning materials from Department of Basic Education (DBE) forms a large part, has been discovered in a field near Chris Streicher Avenue. Amongst the text books, worksheets and stationery, discarded assessment sheets from Umpilusi Primary School, Thubilihle Primary School and Amersfoort Primary School . The dates and timestamps on the documents range from circa 2013 until recently. The reason as to why these materials have been dumped in this area remains unknown. Several bundled textbooks and workbooks, provided by the DBE, have also been discarded. Majority of the textbook- and workbook packs are still sealed in plastic wrapping. A number of stationery items have also been discarded, which included a multitude of pens, crayons and coloring pencils. The discarded textbooks are mostly in native languages. Several numbered editions of Colliers Encyclopedia, have also been discarded. A large number of named workbooks and assessment sheets have been noted, along with personal correspondence and documents of several of the school principals. An enquiry has been lodged with the DBE regarding the wasteful manner in which these learning materials have bene handled. At the time of publication, no response had been received. You may view a video, as well as more photos on our Facebook page, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >
- Ermelo Phoenix Rotary Celebrates Youth Day | tribune-newspaper
Ermelo Phoenix Rotary Celebrates Youth Day 1/3 Share GK CRONJE 22 June 2021 Should anyone wish to add support, or get more information about Ermelo Phoenix Rotary, please contact club president, Lakesh Maharaj, on 083 532 2266. To celebrate Youth Day 2021, Ermelo Phoenix Rotary visited Vulinqondo Day Care Centre in Bambanani Village. 100 children of the centre were gifted blankets to keep warm for the winter. Vulinqondo Day Care Centre in the Bambanani Village provides basic learning through play, an introduction to English, meals and a safe space for parents to leave their children. Bruce from Bambanani Village Cooperative would like to share his greatest thanks to the Ermelo Phoenix Rotary Club for their continued support to the village. Should anyone wish to add support, or get more information about Ermelo Phoenix Rotary, please contact club president, Lakesh Maharaj, on 083 532 2266. < Previous Article Next Article >
- Gross service delivery failure while grants remain unspent
Instances like these are extremely concerning in a province with huge infrastructure backlogs because it robs deserving residents of much needed service delivery. A municipality which is in financial distress can never be in a position to deliver services to its residents. Gross service delivery failure while grants remain unspent 1/4 Share GK CRONJE 21 September 2021 Instances like these are extremely concerning in a province with huge infrastructure backlogs because it robs deserving residents of much needed service delivery. A municipality which is in financial distress can never be in a position to deliver services to its residents. The shocking negligence from Msukaligwa Local Municipality (MLM) regarding the maintenance of the sewer system in Ermelo and surrounding areas, leaves many residents to grimly deal with raw sewage, and the stench and health risks associated with clogged sewer pipes. The sewer system in President Fouché Avenue has been neglected to such an extent that raw sewage bubbles from the manholes on an almost weekly basis. This area has been in the spotlight since 2014, and even earlier, where complaints are filed weekly but no hearing is given from MLM. No actual effort is made by MLM to solve the problem. To the bitter frustration of residents in the face of this mess, MLM, as well as ward councilors, wash their hands of it, with the relevant department of MLM half-heartedly unblocking the sewer pipes, instead of taking immediate action and solving the bigger problem of the infrastructure. MLM has even gone as far as to dig trenches to divert the sewage to the middle of the field, a tactic which has failed, as the sheer amount of sewage overflowing from the network lines the streets and soaks the fields and wetland. The Democratic Alliance (DA) has also taken notice of the ballooning sewage pollution from MLM, and now calls on the Mpumalanga provincial government to intervene and help municipalities like eMalahleni and Msukaligwa as they are financially distressed and not in a position to deliver proper services to residents. “As revealed in the 2019/2020 Auditor-General’s (AG) report, Msukaligwa Local Municipality faces deepening financial crises which makes it difficult for them to provide services to residents. The AG noted that the municipality incurred a net loss of R76 348 177 during the financial year 2019/2020, and also that the municipality’s current liabilities exceeded their current assets by R923 548 805. Msukaligwa Local Municipality has either faced infrastructure backlogs, or projects were completely abandoned. Failure to spend their Conditional Infrastructure Grant (MIG) is also a cause of great concern. The situation is even made worse by the fact that there is lack of monitoring and oversight from provincial authorities. Msukaligwa Local Municipality has not utilized 95% of the Regional Bulk Infrastructure Grant. Instances like these are extremely concerning in a province with huge infrastructure backlogs because it robs deserving residents of much needed service delivery. A municipality which is in financial distress can never be in a position to deliver services to its residents. The DA will write to the MEC of COGTA, Busisiwe Shiba, asking her to intervene and assist the municipality.” Residents only have to be content with the faint excuse that they blame the constant problems on the fact that many homes are being illegally built and extended, without the approval of a building inspector or town planner. Other excuses include a lack of finances, lack of tools and machinery, and a series of other ridiculous bogus stories. MLM has also indicated in the past that expanding the number of residents is obviously overloading the already dilapidated sewer system. This is of little comfort to residents, and the complaints, investigations and the fact that MLM has been fingered as a main polluter of the Vaal Dam, rolls off the municipality like water from a duck’s back. See more photos and videos on our Facebook page, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >
- AfriForum help om buiteklaskamer op te rig | tribune-newspaper
AfriForum help om buiteklaskamer op te rig Op die foto verskyn Bronwen Pretorius, Heinrich Jansen van Rensburg, Frikkie du Plessis, Marius Nel en Renier van Heerden. Op die foto verskyn Bronwen Pretorius, Heinrich Jansen van Rensburg, Frikkie du Plessis, Marius Nel en Renier van Heerden. 1/1 Share GK CRONJE 2 February 2021 Skole vir ons kinders, en eendag kleinkinders ook, is vir ons baie belangrik en lê ons na aan die hart. Die AfriForum-tak in Ermelo het in Desember en Januarie as deel van dié organisasie se Ons Dorp-projek gehelp om plaveisel ter waarde van R33 000 by die pre-primêre skool JJ van der Merwe te lê. Dié projek is aangepak om die skool te help om ’n buiteklaskamer vir die kleuters op te rig. Die tak het gehelp om die gedeelte waar die klaskamer is skoon te maak, en ’n kontrakteur is aangestel om die stene te lê. Die buiteklaskamer is ’n groot aanwins vir die kleuterskool, en buiteklasaktiwiteite en verjaarsdagvieringe kan daar plaasvind. “Skole vir ons kinders, en eendag kleinkinders ook, is vir ons baie belangrik en lê ons na aan die hart. Dit is vir ons as Ermelo-tak lekker om hoop te kan skep in ons skole,” sê Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak. Raak vandag nog deel van AfriForum se Ermelo-tak en word deel van die verskil: SMS “Ermelo” na 45350 (R1). Op die foto verskyn Bronwen Pretorius, Heinrich Jansen van Rensburg, Frikkie du Plessis, Marius Nel en Renier van Heerden. < Previous Article Next Article >
- EHS Musical benefits from expert voice coach
At the end of his Grade 9 year, Phila joined the South African Youth Choir (SAYC) in Cape Town, where he was a member of the choir for one year, before finally returning home to Ermelo to finish Grade 11 and 12 at Hoërskool Ermelo. EHS Musical benefits from expert voice coach 1/2 Share SM HATTINGH 1 June 2021 At the end of his Grade 9 year, Phila joined the South African Youth Choir (SAYC) in Cape Town, where he was a member of the choir for one year, before finally returning home to Ermelo to finish Grade 11 and 12 at Hoërskool Ermelo. Phila Dladla, music teacher at Hoërskool Ermelo, started his musical career in Grade 4 when his mother signed him up for piano and musical theory lessons at the EHS music centre. The next year, she had him audition for the Drakensberg Boys’ Choir and once accepted, was where he would spend the next five years falling in love with choral music and performance. During his time at the Drakensberg Boys Choir School, he attended many international tours, including to the United States, Norway and South Korea. At the end of his Grade 9 year, Phila joined the South African Youth Choir (SAYC) in Cape Town, where he was a member of the choir for one year, before finally returning home to Ermelo to finish Grade 11 and 12 at Hoërskool Ermelo. He obtained a distinction for music as subject during his final matric exams. After matriculating, Phila returned to the Drakensberg Boys Choir School as a student (conductor) intern, and completed his Grade 7 UNISA grade in singing. In 2015, he became a member of the music staff at the Erries’ Music Centre, where he teaches classical singing and rock school drums. He also coaches the school's drumline, Marimba Band, and choir. He is currently busy completing an LLB degree through UNISA. Phila is extremely excited about the Rock musical that will be performed on DV 16 – 21 August. He is the proud musical director for this musical production. Hoërskool Ermelo is thankful and proud to have mr Dladla on the Errie-team. < Previous Article Next Article >
- Errie behaal provinsiale kleure by Talent Africa Nationals 2020
Sy het twee video’s ingestuur vir die kategorie 15 tot 17 jaar “Backtrack Vocal”, waarvoor sy twee brons medaljes sowel as provinsiale kleure ontvang. Micaela ontvang ook ‘n aanbod van ‘n musiek studio in Johannesburg om ‘n “cover”-album op te neem. Errie behaal provinsiale kleure by Talent Africa Nationals 2020 1/1 Share SH HATTINGH 11 Augustus 2020 Sy het twee video’s ingestuur vir die kategorie 15 tot 17 jaar “Backtrack Vocal”, waarvoor sy twee brons medaljes sowel as provinsiale kleure ontvang. Micaela ontvang ook ‘n aanbod van ‘n musiek studio in Johannesburg om ‘n “cover”-album op te neem. Miceala Erasmus, 'n Graad12-leerder van Hoërskool Ermelo, het onlangs aanlyn deelgeneem aan die Talent Africa Nationals 2020 kompetisie. Sy het twee video’s ingestuur vir die kategorie 15 tot 17 jaar “Backtrack Vocal”, waarvoor sy twee brons medaljes sowel as provinsiale kleure ontvang. Micaela ontvang ook ‘n aanbod van ‘n musiek studio in Johannesburg om ‘n “cover”-album op te neem. “Hartlik geluk, Micaela. Die Erries is besonder trots op jou! Mag jou stem vir almal wat dit hoor tot groot seen wees!” < Previous Article Next Article >
- Hondsdolheid is ernstige sake | tribune-newspaper
Hondsdolheid is ernstige sake Theo Schönfeldt en sy span tydens die hondsdolheid inentings op Maandag, 12 Oktober. Theo Schönfeldt en sy span tydens die hondsdolheid inentings op Maandag, 12 Oktober. Theo Schönfeldt en sy span tydens die hondsdolheid inentings op Maandag, 12 Oktober. 1/2 Share GK CRONJE 13 October 2020 Die inentings sal ook plaasvind in Wesselton op 13 en 14 Oktober 2020, en die nodige informasie sal met luidsprekers voorsien word. Theo nooi graag alle inwoners wat die inentings misgeloop het, om hul diere te neem na die Nooitgedacht Proefplaas op die N17, waar die diens ook gratis verkry kan word. Hondsdolheid is 'n aansteeklike virussiekte wat die brein en die rugmurg beskadig, en is dodelik. Dit raak beide diere en mense, en word veroorsaak deur die hondsdolheidsvirus. Twee biotipes hondsdolheidsvirus kom voor in Suider-Afrika: die tipe honde wat in huise en ander honde sirkuleer, en die soort lewende diere wat in mangoë sirkuleer. Hondsdolheid by honde is 'n voorkombare siekte. Hondsdolheid kan voorkom word deur diere teen hondsdolheid in te ent. Alle mak honde en katte moet ingeënt word teen hondsdolheid na drie maande ouderdom. Menslike infeksie met hondsdolheid na blootstelling aan hondsdolheid of vermoedelike hondsdolheid-besmette diere kan voorkom word deur onmiddellike toediening van hondsdolheid ná blootstelling aan profilakse (PEP). Persone wat in aanraking kom met besmette diere, gewoonlik honde, katte, mongoë, beeste of vlermuise, stel hulself in gevaar. Kinders het 'n hoër risiko, omdat hulle geneig is om met honde te speel, weerloos is, en meer geneig is om gebyt te word. Veeartse en laboratoriumwerkers loop ook 'n groter risiko as gevolg van blootstelling deur hul professie. Hondsdolheid kom duidelik meer voor by huishonde in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Mpumalanga, Vrystaat en Limpopo. Menslike hondsdolheid word ook dus hoofsaaklik uit hierdie provinsies aangemeld. Hondsdol diere is geneig om vreemd op te tree, dikwels aggressief. Hulle ervaar ook spierverlamming, produseer baie speeksel en sukkel om te sluk. Wilde diere kan mensvrees verloor, en vreemd mak word. Dit lyk asof koeie en skape met hondsdolheid iets in hul keel "vassit". Hondsdolheid kom by mense voor in die vorm van "woedende" hondsdolheid of "stom" hondsdolheid. Aanvanklike simptome van hondsdolheid kan nie spesifiek wees nie en sluit algemene swakheid, ongemak, koors en hoofpyn in. Tinteling op die bytplek kan opgemerk word. Die siekte vorder vinnig na "woedende" hondsdolheid, wat as angs, verwarring en agitasie voorkom. Namate die siekte vorder, word die pasiënt misleidend, optree hy abnormaal, hallusineer en kan hy 'n verskeidenheid psigiatriese simptome hê voordat hy komaat word. Die "verlamde" of "stomme" vorm van hondsdolheid is klinies soortgelyk aan poliomiëlitis, maar kom voor met dalende verlamming, koma en dood. Die akute siekteperiode duur gewoonlik 2 tot 10 dae. Daar is geen toetse beskikbaar om hondsdolheid by mense te toets na blootstelling en voordat simptome ontwikkel nie, en geen behandeling is beskikbaar vir hondsdolheid by mense of diere nie. Theo Schönfeldt en sy span is vandeesweek beskikbaar vir gratis hondsdolheid inentings, en het gister (Maandag) die gratis diens aan die publiek voorsien by die munisipale parkeerarea. Die inentings sal ook plaasvind in Wesselton op 13 en 14 Oktober 2020, en die nodige informasie sal met luidsprekers voorsien word. Theo nooi graag alle inwoners wat die inentings misgeloop het, om hul diere te neem na die Nooitgedacht Proefplaas op die N17, waar die diens ook gratis verkry kan word. < Previous Article Next Article >





