top of page

Kraanwater laat veel te wense

GK CRONJE

2 March 2021

As u probleme ondervind met die kwaliteit van u water, kan u ‘n foto via WhatsApp stuur, met u area of adres, na 071 885 2505.

Inwoners van De Bruin Park het die Tribune ePaper genader rakende die toestand van die water in die area. Alhoewel die meerderheid van Ermelo daagliks sukkel met vuil water wat uit hul krane stroom, het inwoners in dié area dit veral rof. “Hoe moet mens lewe met sulke vuil water? Ons kan nie wasgoed was nie, want die vuil water vlek al ons ligte klere. As mens skottelgoed was, is dit meer sand en grond as wat dit water is. Dit is onaanvaarbaar. Hoe kan hulle sê dat die water kwansuis skoon genoeg is om te drink, as mens nie eers kan wasgoed was met die water nie. Dit is verskriklik.” Hierdie is die woorde van ‘n ontstelde inwoner in Camden Laan, waar daar daagliks gesukkel word met waterdruk, en die toestand van die watertoevoer.

Alhoewel Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) ‘n verklaring uitgereik het wat inwoners in kennis gestel het dat hulle aan die toevoer werk, is hierdie probleem nie al van gister af ‘n doring in die vlees van inwoners nie. As u probleme ondervind met die kwaliteit van u water, kan u ‘n foto via WhatsApp stuur, met u area of adres, na 071 885 2505.

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page