top of page

Morsjors, tel op jou papiere!

GK CRONJE

20 April 2021

Gedurende verlede week het die Tribune ePaper ‘n klagte ontvang van ‘n inwoner, wat werkers van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) op heter daad betrap het terwyl hul rommel stort net buite die Ermelo Vliegveld.

Gedurende verlede week het die Tribune ePaper ‘n klagte ontvang van ‘n inwoner, wat werkers van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) op heter daad betrap het terwyl hul rommel stort net buite die Ermelo Vliegveld. Ironies genoeg preek die munisipale leiers aanhoudend vir lede van die gemeenskap oor onwettige rommel storting, maar word dan betrap as deel van die groeiende probleem. Die Tribune ePaper het ‘n navraag gestuur aan die munisipale verteenwoordiger rakende die kwessie, en wat se stappe geneem gaan word teen die skuldiges. Teen tye van publikasie, was daar geen terugvoer ontvang vanaf MLM nie.

bottom of page