top of page

Search this site

1614 results found with an empty search

  • Ligbron rugby 53ste in die land

    Ligbron rugby 53ste in die land Ligbron rugby 53ste in die land Ligbron rugby 53ste in die land 1/1 Share SH HATTINGH 8 September 2020 Tydens die dekade is daar na verskeie aspekte gekyk soos, sterkte van opposisie, werklike punte behaal op veld en nog vele meer. Ligbron is onder die top 100 skole van die dekade, en die top groot skool in Mpumalanga asook onder die top drie skole in Mpumalanga. Ligbron Akademie vir Tegnologie is 53ste in die land met hulle puik rugby. Afgesien van die COVID-19 pandemie, wat veroorsaak het dat daar geen sport kon beoefen of gespeel word nie, het die SA Skole Sport na die laaste dekade (2001-2019) gekyk om te kan bevestig waar elke skool lê. Tydens die dekade is daar na verskeie aspekte gekyk soos, sterkte van opposisie, werklike punte behaal op veld en nog vele meer. Ligbron is onder die top 100 skole van die dekade, en die top groot skool in Mpumalanga asook onder die top drie skole in Mpumalanga. < Previous Article Next Article >

  • Liggies skitter in die Huisgenoot

    Liggies skitter in die Huisgenoot 1/2 Share SH HATTINGH 9 March 2021 Two Grade 12 learners of the class of 2020 are featured in this week’s edition of the You magazine, where they share their experience during lockdown. Kyk gerus na dié week se uitgawe van die Huisgenoot, waarin twee Liggies hulle Graad 12 ervaring tydens COVID-19 deel. Two Grade 12 learners of the class of 2020 are featured in this week’s edition of the You magazine, where they share their experience during lockdown. < Previous Article Next Article >

  • Grade 12 prep exams back on track

    Grade 12 prep exams back on track 1/2 Share GK CRONJE 29 September 2020 “We are grateful that our learners soldiered thus far, considering the difficulties brought about by COVID-19. We wish that they can take advantage of this opportunity, and not look back, but move forward with greater courage and determination. Equally, we request parents to appreciate the importance of this examination, by creating an enabling environment for it to unfold without any hassles." stated the MEC, Bonakele Majuba. The Mpumalanga Department of Education has announced that it is satisfied with the progress of the preparatory examination for Grade 12 learners. This is the second week for the preparatory examination, and is marked with the writing of Mathematics and Mathematical. This examination started on 14 September 2020, and will proceed until 19 October 2020, and will afford Grade 12 learners with an opportunity to gauge their readiness, as it is similar to the end of the year examinations. It is also used to check the state of readiness for each school which will write the final examination, and is written under similar conditions as the end of the year examination. The preparatory examination allows schools and learners to finish the curriculum on time, and some question papers were externally moderated to ensure that they satisfy the cognitive levels as required by the exam guidelines and the curriculum. The marks obtained by individual learners are used as part of the School Based Assessment ( SBA). The Department requests parents and learners to appreciate the significance of this examination process, and to ensure that the examination is allowed to continue and progress without any challenges. At the same time, the Department extends its best wishes to all Grade 12 learners. “We are grateful that our learners soldiered thus far, considering the difficulties brought about by COVID-19. We wish that they can take advantage of this opportunity, and not look back, but move forward with greater courage and determination. Equally, we request parents to appreciate the importance of this examination, by creating an enabling environment for it to unfold without any hassles." stated the MEC, Bonakele Majuba. < Previous Article Next Article >

  • MLA bied Hoëveld SA Vleismerino Klub skou aan

    MLA bied Hoëveld SA Vleismerino Klub skou aan 1/24 Share GK CRONJE 28 September 2021 Top diere van hoogstaande gehalte het die beoordelaars lelik laat kop krap in ‘n paar klasse. Die Hoëveld se SAVM- Klub se jaarlikse skou en veiling het vanaf 16 -18 September 2021 by Morgenzon Landbou Akademie plaasgevind. Ongeveer 15 boere het die room van hul kudde Donderdagoggend ingeskryf. Die wolbeoordeling het vanaf 14:00-17:00 plaasgevind, met ‘n kort onderbreking toe wind en reën die groot tent in duie laat stort het. Gelukkig is geen mens of dier beseer tydens die voorval nie. Die nuwe aankomeling het Vrydag oggend almal se aandag getrek. Mamma ooi moes soms bontstaan om haar jong lam teen nuuskierige agies te beskerm. Vanaf 08:00-17:00 is bouvorm beoordeel. Top diere van hoogstaande gehalte het die beoordelaars lelik laat kop krap in ‘n paar klasse. Die hoogtepunt van die skou was die spitbraai en optrede van Neil Somers. Saterdag is die skou afgesluit met ‘n ramveiling wat om 11:00 begin het. Talle boere het het daarna met ‘n warm gevoel in die hart, en ‘n leë beursie huistoe gegaan. MLA bedank graag al die organiseerders, ondersteuners en borge wat van die skou en veiling ‘n groot sukses gemaak het. < Previous Article Next Article >

  • Ligbron groet ‘n legendendariese onderwyseres

    Ligbron groet ‘n legendendariese onderwyseres 1/2 Share SH HATTINGH 6 April 2021 Miss Aucamp will be sorely missed by her family, friends and the Liggie community. “Juffrou Ilze Aucamp het nie net reuse spore getrap in die Afrikaanse klas nie, maar ook op die atletiek- en hokkievelde van Ligbron. Hier het sy die ekstra myl met haar leerders en spelers geloop, en hulle baie meer geleer as net vakinhoud of vaardighede. Getrou aan haar aard wou sy, tot op die laaste, ‘nog net ‘n week’ in haar klas staan en met kinders werk. Die Liggies was bevoorreg om haar as ‘n kollega, vriendin, mentor, onderwyser en afrigter te kon ken. It is with deep sadness that we share the news that our dear friend and colleague, Miss. Ilze Aucamp, passed away due to cancer. Miss Aucamp will be sorely missed by her family, friends and the Liggie community. Our deepest condolences to her family and loved ones.” < Previous Article Next Article >

  • EHS blink uit by dristrik- en streek prysuitdelings

    EHS blink uit by dristrik- en streek prysuitdelings 1/2 Share SM HATTINGH 25 February 2022 Daar was ń 100% slaagsyfer in verskeie vakgebiede. Onlangs was die Gert Sibande-Distriksprysuitdeling en die Msukaligwa-Streeksprysuitdeling vir die Graad 12-uitslae van 2021 gehou. Hoërskool Ermelo het verskeie puik toekennings ontvang. Ons skool, personeel en EHS se topkandidaat vir 2021, Leandri Viviers, is vereer vir hul harde werk en deursettingsvermoë deur die skooljaar. Ons is trots op elke individu wat hul goed van hul taak gekwyt het en wil elkeen gelukwens met hul prestasies. Hier volg die uitslae. Gert Sibande: Die skool het by die Gert Sibande-prysuitdeling ‘n toekenning ontvang vir Uitstaande Akademiese Vertoning. EHS se topkandidaat vir 2021 het drie toekennings ontvang, naamlik: Beste leerder in Toerisme, Beste leerder in Engels Eerste Addisionele Taal en Top 10 in provinsie. Msukaligwa: Die skool is een van die beste drie skole met die meeste Baccalaureus toelatings in die streek. Daar was ń 100% slaagsyfer in die volgende vakgebiede: Me. Gerda van Zyl - Afrikaans Huistaal, Me. Diana Loots - Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Me. Erna Schoeman - English Home Language, Me. Lynelle Grobler - English First Additional Language, Me. Marita Moolman - Ekonomie, Me. Elana Fourie - Wiskundige Geletterdheid & Toersime, Me. Cea du Plooy - Lewensoriëntering, Me. Carin van der Merwe - Visuele Kuns, Me. Elsa Matthee - Gasvryheidstudies en Mnr. Faans van der Merwe - Landbouwetenskap & Landboubestuur. Me. Elana Fourie het die prys ontvang vir die beste Wiskundige Geletterdheidonderwyser in die streek. Baie geluk aan almal wat uitgeblink het by die geleentheid. Ons harte loop oor van trots. - Soos ontvang vanaf skool < Previous Article Next Article >

  • MLA verwelkom opgewonde leerders

    MLA verwelkom opgewonde leerders 1/3 Share GK CRONJE 23 February 2021 Dankie dat juffrou ons in juffrou Esti se hartjie hou, ons hou juffrou Esti vir ewig in ons hartjies vas. "My eerste tas, my eerste klas, Juffrou Esti pas ons mooi op. Alles wat ons nog gaan leer, het juffrou Esti klaar geleer. Ons leer om te tel, ons leer om te lees, Juffrou Esti leer ons om vir niks te vrees. Dankie Juffrou Esti, vir my eerste klas. Dankie dat juffrou ons in juffrou Esti se hartjie hou, ons hou juffrou Esti vir ewig in ons hartjies vas." < Previous Article Next Article >

  • Priscilla Esterhuyze ontwikkel hokkie op Erries se astro

    Priscilla Esterhuyze ontwikkel hokkie op Erries se astro 1/2 Share SH HATTINGH 27 April 2021 Priscilla het op Saterdag, 17 April haar eerste kursus aangebied op Hoërskool Ermelo se astro. Sy het op laerskoolspelers gefokus, waar vaardigheidsoefeninge en mini-wedstryde gespeel is. Dit is ‘n absolute voorreg vir EHS om Priscilla Esterhuyze te verwelkom in Ermelo. Sy het ‘n groot liefde vir hokkie en ‘n passie om hokkiespelers se potensiaal ten volle te ontwikkel. Priscilla glo elke speler is uniek, daarom werk sy aan vaardigheidsontwikkeling, pas een-tot-een-afrigtig toe en fokus op die ontwikkeling van wedstryd intelligensie. Priscilla het ondervinding in hokkie as deel van die volgende spanne: Oranje Meisies se eerstespan vanaf 2011 tot 2014, Vrystaat-vrouespan, Kovsies 1 vrouespan, Suid-Afrikaanse o/18- & o/21-span. Priscilla het op Saterdag, 17 April haar eerste kursus aangebied op Hoërskool Ermelo se astro. Sy het op laerskoolspelers gefokus, waar vaardigheidsoefeninge en mini-wedstryde gespeel is. Sy is ook nou betrokke by Hoërskool Ermelo se dogtershokkie. Haar passie vir hokkie en raad laat die Erries opgewonde uitsien om ‘n langpad saam met haar te stap. Op die foto verskyn Priscillia Esterhuyze (vierde van links, agter), Linda Horn, hokkie-organiseerder van EHS (regs van haar) en Carl Jacobsz (derde van regs, agter) saam met die groep kinders wat die kursus bygewoon het. < Previous Article Next Article >

  • Hoërskool Ermelo stel nuwe adjunkhoof aan

    Hoërskool Ermelo stel nuwe adjunkhoof aan 1/1 Share SH HATTINGH 2 March 2021 Sy het ‘n aansteeklike passie vir die Erries, en haar omgee hart is die groot dryfveer agter alles wat sy aanpak. Me Erna Schoeman is al vir langer as 25 jaar deel van Hoërskool Ermelo. Vandat sy in 1994 permanent as onderwyser aangestel is by EHS, het sy saam met die Erries gegroei, en op vele gebiede bygedra tot die vooruitgang van Hoërskool Ermelo. In 2016 word me Schoeman aangestel as departementshoof vir Engels. Haar liefde vir die vak, vir netbal en vir die leerders is duidelik te sien in haar toewyding wat sy ten toon stel. Me Schoeman is vanjaar aangestel as Akademiese-adjunkhoof van Hoërskool Ermelo. Sy het ‘n aansteeklike passie vir die Erries, en haar omgee hart is die groot dryfveer agter alles wat sy aanpak. < Previous Article Next Article >

  • Inwoners stik aan stank van ontlasting

    Inwoners stik aan stank van ontlasting 1/4 Share GK CRONJE 6 July 2022 Die straat en veld is gesaai met menslike ontlasting, sanitêre produkte, kondome en toiletpapier. Te midde van die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) wat nuwe konstruksieprojekte, bouplanne en koshuisuitbreidings links en regs goedkeur, trek die omgewing, fauna en flora, asook inwoners letterlik vir jare lank al aan die kortste punt. Die onvoldoende rioolnetwerk, wat vanaf Camdenlaan, via President Fouchélaan tot en met Robbertsstraat strek, is al vir meer as 10 jaar ‘n doring in die vlees van menigte inwoners. Munisipale bestuurders van vier verkiesings terug se beloftes bly steeds onvervuld, met die probleem wat daagliks vererger. Die impak op die natuurlewe en vleilanddiere, veral opmerklik die reiers wat Ermelo bekoor, is 'n rede tot groot kommer, aangesien die rioolstorting direk in die Pet Dam vloei, wat 'n spoor van besoedeling en wildsterftes in sy nasleep laat. Vanaf die Pet Dam, wat alreeds buitensporig besoedel is, sluit die oorloop aan by die Klein Drinkwaterstroom, wat uiteindelik in die Vaalrivier beland. In 'n omgewingstudie wat vrygestel is, word MLM, onder drie ander Mpumalanga-munisipaliteite, uitdruklik as 'n hoofskuldige in die jare lange besoedeling van die Vaalrivier uitgewys. Tot op hede is geen opgraderings, of aksie geneem nie, met die situasie wat onverklaarbaar erger is as voorheen. Daar is wel bewerings van ‘n kontrakteur wat besig is met rioolstelsel opgraderings in dié area. Helaas, inwoners weeklaag die feit dat die kontrakteur, volgens klagtes ontvang vanaf inwoners, die probleem egter vererger het. “Die manne dolwe die hele area om, en gaan kwansuis nuwe pype installeer. Dit lyk vir my meer of hulle aanjaag, want die riool is nou tien keer erger as wat dit was. As ek by my voordeur uit kyk, sien ek net plasse rou riool waar die kontrakteur werk gedoen het. Is dit nou die tipe werkmanskap wat ons tevrede mee moet wees. My hele huis riuk na ontlasting, en dit vererger soggens en saans. Ons gaan slaap met die reuk, en word wakker met die reuk. Ons kan nie eers meer buite braai nie, want die walglike reuk maak mens letterlik naar,” het ‘n woedende inwoner aan die Tribune gesê. Die gereelde verstoppings en oorloop van die rioollyn in President Fouchélaan dui duidelik op 'n groter probleemfaktor met die netwerkarea, aangesien inwoners naby die President Fouchélaan en Robertsstraat-kruising in 'n konstante walm van ontlasting woon. Die straat en veld is gesaai met menslike ontlasting, sanitêre produkte, kondome en toiletpapier. Die velde in hierdie area is voortdurend deurdrenk met riool, en hou ook ernstige gesondheidsimplikasies in vir inwoners en leerders van die nabygeleë skole. Terwyl MLM se gesagsfigure, sowel as verskeie wyksraadslede deeglik bewus is van die probleme waarmee inwoners te kampe het, wil dit voorkom asof min gedoen word om 'n permanente en lewensvatbare oplossing te bied. Gert Sibande-distriksmunisipaliteit is ook by verskeie geleenthede oor die kwessie ingelig, maar beweer dat hulle geen jurisdiksie in die saak het nie. Die Demokratiese Alliansie (DA) het opgemerk dat die party 'n brief aan die premier van Mpumalanga gestuur het. Ongelukkig is dit bykans ‘n jaar later, met geen terugvoer of aksie rakende die probleem nie. Lesers kan meer foto's en video's op ons Facebook-blad, Tribune Ermelo, sien. < Previous Article Next Article >

  • Erries vaar goed vanuit wegspring blokke

    Erries vaar goed vanuit wegspring blokke 1/1 Share SH HATTINGH 2 March 2021 Zané du Plessis (o/16) eindig met ‘n tyd van 78,52 sekondes in die 400m-hekkies. Nege Erries het op Saterdag, 27 Februarie 2021 aan die eerste Atletiek-liga van Noord Gauteng deelgeneem. Hierdie leerders het elkeen individueel ingeskryf vir die byeenkoms. Lana Herholdt (o/19) neem deel aan die 400m-hekkies, en eindig met ‘n persoonlike beste van 67.51 sekondes. Sy verbeter ook haar persoonlike beste vir die 100m-hekkies met 15,92 sekondes. Carla Ferreira (o/17) gooi ‘n afstand van 38,58 meter in die spiesgooi-item. Zané du Plessis (o/16) eindig met ‘n tyd van 78,52 sekondes in die 400m-hekkies. Mia Davel (o/15) behaal persoonlike bestes in beide haar items. Sy eindig met tye van 47,48 sekondes en 14,60 sekondes in onderskeidelik 300m- en 90m hekkies. Michaela Hand (o/14) se afstande in gewigstoot en skyfwerp is onderskeidelik 11,09m en 28.9m. Ruan du Toit (o/19) hardloop die 400m in 53,31 sekondes. Chester Mpahlele (o/16) eindig met ‘n tyd van 4 minute en 36 sekondes tydens sy 1500m. Bongmusa Vilakazi (o/16) voltooi sy 1500m in 4 minute en 22 sekondes. Tyrone Berning (o/15) behaal ook ‘n persoonlike beste in die 300m-hekkies met ‘n tyd van 39,45 sekondes. In hoogspring behaal hy ‘n hoogte van 1,85m. “Baie geluk aan elkeen van die atlete wat deelgeneem en besonder goed presteer het. Dankie dat julle Hoërskool Ermelo se naam hoog hou. Die Erries is trots op julle en wens julle toe vir die byeenkomste wat voorlê.” Op die foto verskyn Zané du Plessis (links) en Lana Herholdt tydens die byeenkoms. < Previous Article Next Article >

  • NPSS announces prefects

    NPSS announces prefects 1/1 Share SH HATTINGH 16 February 2021 Mrs. Geoghegan, welcomed every scholar back, and wished them luck for the year. On Monday, 15 February 2021, the Headgirl and the Headboy were announced, as well as the other prefects. The principal. Mrs. Geoghegan, welcomed every scholar back, and wished them luck for the year. The prefects are (f.l.t.r) Nongcebo Mashinini - Deputy Culture, Unathi Nkosi - Deputy Sport, Nompumelelo Mkhize - Headgirl, Zimele Vilakazi - Headboy, Linda Sibiya - Deputy Culture and Siyabonga Nyithela - Deputy Sport. < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page