EHS blink uit by dristrik- en streek prysuitdelings
SM HATTINGH
25 February 2022
Daar was ń 100% slaagsyfer in verskeie vakgebiede.
Onlangs was die Gert Sibande-Distriksprysuitdeling en die Msukaligwa-Streeksprysuitdeling vir die Graad 12-uitslae van 2021 gehou. Hoërskool Ermelo het verskeie puik toekennings ontvang. Ons skool, personeel en EHS se topkandidaat vir 2021, Leandri Viviers, is vereer vir hul harde werk en deursettingsvermoë deur die skooljaar. Ons is trots op elke individu wat hul goed van hul taak gekwyt het en wil elkeen gelukwens met hul prestasies.
Hier volg die uitslae. Gert Sibande: Die skool het by die Gert Sibande-prysuitdeling ‘n toekenning ontvang vir Uitstaande Akademiese Vertoning. EHS se topkandidaat vir 2021 het drie toekennings ontvang, naamlik: Beste leerder in Toerisme, Beste leerder in Engels Eerste Addisionele Taal en Top 10 in provinsie. Msukaligwa: Die skool is een van die beste drie skole met die meeste Baccalaureus toelatings in die streek.
Daar was ń 100% slaagsyfer in die volgende vakgebiede: Me. Gerda van Zyl - Afrikaans Huistaal, Me. Diana Loots - Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Me. Erna Schoeman - English Home Language, Me. Lynelle Grobler - English First Additional Language, Me. Marita Moolman - Ekonomie, Me. Elana Fourie - Wiskundige Geletterdheid & Toersime, Me. Cea du Plooy - Lewensoriëntering, Me. Carin van der Merwe - Visuele Kuns, Me. Elsa Matthee - Gasvryheidstudies en Mnr. Faans van der Merwe - Landbouwetenskap & Landboubestuur. Me. Elana Fourie het die prys ontvang vir die beste Wiskundige Geletterdheidonderwyser in die streek. Baie geluk aan almal wat uitgeblink het by die geleentheid. Ons harte loop oor van trots. - Soos ontvang vanaf skool