top of page

Priscilla Esterhuyze ontwikkel hokkie op Erries se astro

SH HATTINGH

27 April 2021

Priscilla het op Saterdag, 17 April haar eerste kursus aangebied op Hoërskool Ermelo se astro. Sy het op laerskoolspelers gefokus, waar vaardigheidsoefeninge en mini-wedstryde gespeel is.

Dit is ‘n absolute voorreg vir EHS om Priscilla Esterhuyze te verwelkom in Ermelo. Sy het ‘n groot liefde vir hokkie en ‘n passie om hokkiespelers se potensiaal ten volle te ontwikkel. Priscilla glo elke speler is uniek, daarom werk sy aan vaardigheidsontwikkeling, pas een-tot-een-afrigtig toe en fokus op die ontwikkeling van wedstryd intelligensie. Priscilla het ondervinding in hokkie as deel van die volgende spanne: Oranje Meisies se eerstespan vanaf 2011 tot 2014, Vrystaat-vrouespan, Kovsies 1 vrouespan, Suid-Afrikaanse o/18- & o/21-span.

Priscilla het op Saterdag, 17 April haar eerste kursus aangebied op Hoërskool Ermelo se astro. Sy het op laerskoolspelers gefokus, waar vaardigheidsoefeninge en mini-wedstryde gespeel is. Sy is ook nou betrokke by Hoërskool Ermelo se dogtershokkie. Haar passie vir hokkie en raad laat die Erries opgewonde uitsien om ‘n langpad saam met haar te stap.

Op die foto verskyn Priscillia Esterhuyze (vierde van links, agter), Linda Horn, hokkie-organiseerder van EHS (regs van haar) en Carl Jacobsz (derde van regs, agter) saam met die groep kinders wat die kursus bygewoon het.

bottom of page