top of page

MLA bied Hoëveld SA Vleismerino Klub skou aan

GK CRONJE

28 September 2021

Top diere van hoogstaande gehalte het die beoordelaars lelik laat kop krap in ‘n paar klasse.

Die Hoëveld se SAVM- Klub se jaarlikse skou en veiling het vanaf 16 -18 September 2021 by Morgenzon Landbou Akademie plaasgevind. Ongeveer 15 boere het die room van hul kudde Donderdagoggend ingeskryf. Die wolbeoordeling het vanaf 14:00-17:00 plaasgevind, met ‘n kort onderbreking toe wind en reën die groot tent in duie laat stort het. Gelukkig is geen mens of dier beseer tydens die voorval nie. Die nuwe aankomeling het Vrydag oggend almal se aandag getrek. Mamma ooi moes soms bontstaan om haar jong lam teen nuuskierige agies te beskerm. Vanaf 08:00-17:00 is bouvorm beoordeel.

Top diere van hoogstaande gehalte het die beoordelaars lelik laat kop krap in ‘n paar klasse. Die hoogtepunt van die skou was die spitbraai en optrede van Neil Somers. Saterdag is die skou afgesluit met ‘n ramveiling wat om 11:00 begin het. Talle boere het het daarna met ‘n warm gevoel in die hart, en ‘n leë beursie huistoe gegaan. MLA bedank graag al die organiseerders, ondersteuners en borge wat van die skou en veiling ‘n groot sukses gemaak het.

bottom of page