251 results found for ""

  • AfriForum rig watertenks op in Piet Retief

    AfriForum rig watertenks op in Piet Retief 1/2 Share GK CRONJE 29 September 2020 Die AfriForum-tak in Piet Retief het onlangs hul eerste ses noodwaterpunte op strategiese plekke in die dorp opgerig, sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê. Die AfriForum-tak in Piet Retief het onlangs hul eerste ses noodwaterpunte op strategiese plekke in die dorp opgerig, sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê. Deborah Straat, Jasmyne Straat, Magnolia Straat, Piet Retief-moskee en die AGS Kerk Fontana is almal voorsien met watertenks wat 5 kiloliter water kan hou. AfriForum bedank graag vir Build It, wat die tenks voorsien het. Inwoners word genooi om gebruik te maak van die waterpunte gedurende die twee-weke lang waterinperking soos bekendgestel. “Die projek se sukses en volhoubaarheid is afhanklik van die hele gemeenskap se samewerking en betrokkenheid. Ons wil gemeenskapslede wat daartoe in staat is, aanmoedig om tot dié projek by te dra, veral persone wat boorgate het en kan help om water te verskaf. Ons wil graag nóg waterpunte in die Piet Retief-omgewing oprig om meer water tydens onderbrekings beskikbaar te stel.” sê AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, Bronwen Pretorius. < Previous Article Next Article >

  • Ermeloërs maak hul harte oop

    Ermeloërs maak hul harte oop 1/1 Share SH HATTINGH 7 Julie 2020 Die gemeenskap van Ermelo het dit goed gedink om oor ‘n verlengde tydperk al die insamelings te doen vir die minder bevoorregte mense. Daar is verskeie ouderdomme inwoners, van klein kindertjies wat mens aanstaar met honger ogies, tot ouer mense wat nie weet hoe om vir hulle kinders te verduidelik dat daar nie kos of geld is nie. Nou dat ons in die hart van die winter is, is daar mense wat nie eers warm klere of komberse het nie. Die Ermelo gemeenskap het op Saterdag, 27 Junie, hul harte opgemaak deur vir minder bevoorregte mense kos-, klere- asook kospakkies te gaan aflewer. Die gemeenskap van Ermelo het dit goed gedink om oor ‘n verlengde tydperk al die insamelings te doen vir die minder bevoorregte mense. Daar is verskeie ouderdomme inwoners, van klein kindertjies wat mens aanstaar met honger ogies, tot ouer mense wat nie weet hoe om vir hulle kinders te verduidelik dat daar nie kos of geld is nie. Nou dat ons in die hart van die winter is, is daar mense wat nie eers warm klere of komberse het nie. Die projek is onlangs geloots om hierdie mense se behoeftes te bevredig. Die organiseerders van die projek, saam met die MOTHS Klub, wil graag almal bedank wat ‘n helpende hand bygevoeg het met die insameling van die projek. Op die foto verskyn lede van die MOTH klub. asook die bestuur van Mashala Myn, tydens die laai van al die nie bederfbare produkte en klere wat aan die minder bevoorregte mense oorhandig is, (v.l.n.r) WP Fick, Sarel Coetzer, Fritz Olmesdahl, Hendré Pieterse ( Mashala Myn), Gerrie Oosthuizen, Kurt Herman (Mashala Myn), Steve Murray, Hans de Wet, Johan Venter en Theuns Pieterse (Mashala Myn). < Previous Article Next Article >

  • Vuurwapen amnestie word verleng

    Vuurwapen amnestie word verleng 1/1 Share GK CRONJE 4 Augustus 2020 Die polisie het gesê geen vrywaring word toegestaan vir vuurwapens wat gebruik word om enige misdaad te pleeg nie, en alle vuurwapens wat ingehandig is, sal ballisties getoets word om te verseker dat dit nie gebruik is in die pleging van misdade voordat dit vir vernietiging oorweeg kan word nie. Onwettige vuurwapeneienaars kry 'n tweede kans met die nuwe vuurwapenperiode wat sal duur tot 31 Januarie 2021. Die vorige amnestietydperk was vanaf Desember verlede jaar tot Mei vanjaar, maar is deur die COVID-19 pandemie in die wiele gery. Die SAPS glo dat daar baie meer vuurwapens daarbuite is wat nog oorgegee moet word, en het die beperkings op Vlak 4 en 5 van grendeltyd verhinder dat mense hul onwettige, ongewenste en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie inslaan. Dit het die minister van SAPS, generaal Bheki Cele, genoop om die parlement te nader om 'n nuwe aansoek van 'n amnestietydperk van ses maande goed te keur. Die goedkeuring van die nuwe aansoek is sedertdien op 31 Julie vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer, waardeur alle mense met onwettige of ongewenste vuurwapens sowel as ammunisie dit by hul naaste polisiekantoor kan inhandig. Die polisie het mense aangespoor om hierdie periode te benut om hul vuurwapens en ammunisie in te dien vir vernietiging, of hernuwing van 'n bevoegdheidsertifikaat en 'n geldige lisensie. Die jongste statistieke oor nasionale misdaad toon weereens dat vuurwapens die voorkeurwapen in die pleging van die meeste geweldsmisdaad was. Die vermindering van die sirkulasie van vuurwapens kan die plaag van geweldsmisdade heelwat verminder, en die amnestie van die vuurwapens beoog om 'n verminderde aantal vuurwapens wat onwettig besit in die land in omloop te sien. Dit bied dus vuurwapeneienaars die geleentheid om onwettige en ongewenste vuurwapens in te dien, wat sal lei tot die voorkoming van misdaad en die bevordering van veiligheid om te verseker dat mense wat in Suid-Afrika woon, veilig is en voel. Die polisie het gesê geen vrywaring word toegestaan vir vuurwapens wat gebruik word om enige misdaad te pleeg nie, en alle vuurwapens wat ingehandig is, sal ballisties getoets word om te verseker dat dit nie gebruik is in die pleging van misdade voordat dit vir vernietiging oorweeg kan word nie. Vir navrae oor vuurwapenamnestie, kontak 012 353 6111, of stuur 'n e-pos na cfrenquiry@saps.gov.za. < Previous Article Next Article >

  • NPO bied brandbestryding lugondersteuning aan boere

    NPO bied brandbestryding lugondersteuning aan boere 1/1 Share GK CRONJE 16 Junie 2020 ‘n NPO groep tot die redding gekom met ‘n diens wat lugondersteuning sal bied aan boere wat tot die diens aangeteken het. Teen slegs R1.50 per hektaar, per maand, vir n tydperk van 3 maande, word boere tot rus gestel met die wete dat hul nie met hande in die hare sal sit tydens ‘n noodgeval nie. Die droeë winter maande hou reuse brandgevaar in vir boere van die omgewing, en wegholbrande is ‘n potensiële realiteit wat elke boer in die gesig staar. Boere in die omgewing het nie meer toegang tot die diens van lugondersteuning tydens ‘n veldbrand nie. In hierdie tyd van nood het ‘n NPO groep tot die redding gekom met ‘n diens wat lugondersteuning sal bied aan boere wat tot die diens aangeteken het. Teen slegs R1.50 per hektaar, per maand, vir n tydperk van 3 maande, word boere tot rus gestel met die wete dat hul nie met hande in die hare sal sit tydens ‘n noodgeval nie. Die dekking sal geldig wees vir Julie, Augustus en September 2020. Hoe meer lede aansluit, hoe goedkoper kan die diens word in die toekoms. Die lugondersteuning daag binne ‘n blitsige 18 minute op teen die verste punt van die area. Die koste per hektaar sal gewend word na die akkommodasie van die vlieënier en die span, asook die staankoste van die helikopter op die lugveld. Om vir die diens aan te teken, moet jy voldoen en behoort aan FPA en regulasies, en moet ook beskik oor lugondersteuning brandversekering. Dié projek sal vanaf Ermelo bestuur word, en ‘n radius van 50KM om Ermelo dek. Hierdie diens is nie munisipaliteit- of distrik gekoppel nie. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye in Ermelo en paramedici sal ook genader word om hul steun te bied aan die projek waar benodig. Belangstellendes kan Roger Barnett by 072 852 4686, Johan vd Merwe by 082 338 4362, of Hein Aucomp by 082 571 2530 skakel. < Previous Article Next Article >

  • Bethal hospital urgently needs direct power line

    Bethal hospital urgently needs direct power line 1/2 Share CONTENT SUPPLIED 15 September 2020 Although the Bethal hospital does make use of generators, which costs them approximately R755 000 per month, the hospital morgue and other departments are incurring significant damage due to the constant power outages and fluctuations. Media Statement - Sources at the Bethal hospital voiced their concerns about the frequent power outages that residents and the hospital have been experiencing over the last five months, and it must be resolved. The FF Plus is calling on the Govan Mbeki Municipality (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) and Eskom to stop punishing the hospital and paying Bethal residents by implementing load shedding that lasts up to eighteen hours on a daily basis. The municipality simply cannot make the responsible residents, who pay their accounts, suffer the detrimental effects of rotational municipal load shedding because the municipality owes Eskom R1,8 billion, a debt burden for which incompetent and irresponsible officials are to blame. Although the Bethal hospital does make use of generators, which costs them approximately R755 000 per month, the hospital morgue and other departments are incurring significant damage due to the constant power outages and fluctuations. The unnecessary costs of repairing fridges and other essential equipment, which are not directly related to the patients' health, are putting pressure on the hospital's finances, and the FF Plus fears that it might result in the needless loss of lives. The FF Plus will bring these issues to the attention of the MEC’s of the Departments of Health and Public Works, so that a solution to the problem may be found. < Previous Article Next Article >

  • Nkomazi grensposte amptelik heropen

    Nkomazi grensposte amptelik heropen 1/1 Share GK CRONJE 13 October 2020 Alhoewel daar onlangs geen padongelukke gerapporteer is nie, het die LUR vir padveiligheid, Gabisile Tshabalala, motoriste aangemoedig om die paaie versigtig te gebruik. “Na die heropening van toegangspoorte, verwag ons 'n groot toename in die transportvolume op ons paaie. Ons wil almal versoek om versigtig te wees." Die Nkomazi-substreek huisves drie internasionale grensposte, naamlik Lebombo, wat die land en Mosambiek van mekaar skei, en Matsamo en Mananga, wat albei toegangspunte tot die Koninkryk eSwatini is. Vragmotors wat goedere vervoer het na Mosambiek, moes ure in die ry wag om die grens oor te steek, terwyl die verkeer na die land vlot geloop het. Matsamo en Mananga het egter minder mense ontvang wat tussen die twee lande gereis het. Dit volg nadat grensposte amptelik hul hekke vir internasionale reise onlangs heropen het. Die besigste was Lebombo, wat 'n groot aantal Suid-Afrikaanse toeriste na Mosambiek sien reis het. Voordat die grense op 27 Maart 2020 gesluit is, het plaaslike ondernemings aan die kant van die grensposte floreer, maar het vinnig 'n neusduik ervaar nadat die grendeltyd in werking getree het. Alhoewel daar onlangs geen padongelukke gerapporteer is nie, het die LUR vir padveiligheid, Gabisile Tshabalala, motoriste aangemoedig om die paaie versigtig te gebruik. “Na die heropening van toegangspoorte, verwag ons 'n groot toename in die transportvolume op ons paaie. Ons wil almal versoek om versigtig te wees. Ons werk saam met alle belanghebbendes, en is gereed om die verhoogde verkeersvolumes wat deur die provinsie vanuit die buurlande in en uit die land kom, te hanteer. Daar is geen verdraagsaamheid teenoor roekelose en nalatige bestuur nie.” het Tshabalala afgesluit. < Previous Article Next Article >

  • SA staar hoër grendelvlak in die gesig

    SA staar hoër grendelvlak in die gesig 1/2 Share GK CRONJE 27 October 2020 Suid-Afrika het op Sondag, 25 Oktober 2020, 1 622 nuwe infeksies aangemeld, wat die totale aangemelde gevalle tot 715 868 geneem het. Premier Sihle Zikalala het gesê dat 'n terugkeer na 'n hoër grendelvlak op die spel is, tensy die land 'n afname in die aantal gevalle van COVID-19 infeksies sien. Gesondheids- en regeringsamptenare het die land gewaarsku oor 'n toename in COVID-19-gevalle in Suid-Afrika as gevolg van inwoners wat regulasies teenstaan, versuim om maskers te dra en groot byeenkomste bywoon. “As ons na die statistieke kyk, kan ons nou met veiligheid sê dat ons beslis weer ‘n verhoodge grendelvlak gaan instel as daar geen dringende en drastiese verandering in gedrag is nie,” het Zikalala op Sondag laat hoor. Die premier het veral klem gestel op roekelose verbruik van alkohol, en sosiale byeenkomste en partytjies, wat die potensiaal het om al die vordering wat gemaak is om die gesondheidsorgstelsel voor te berei op 'n moontlike aanslag van COVID-19, te laat ontspoor. “Ons kan dit nie duld nie, en daarom sal ons inspekteurs ten volle optree om die wet toe te pas,” het hy afgesluit. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandeesweek die land toespreek oor die toenemende aantal COVID-19-infeksies in die land. Suid-Afrika het op Sondag, 25 Oktober 2020, 1 622 nuwe infeksies aangemeld, wat die totale aangemelde gevalle tot 715 868 geneem het. Sterftes het 18 960, 'n daaglikse toename van 16, bereik, terwyl herstel tot 646 170 geklim het. Daar is tans 50 738 aktiewe gevalle in die land. Inwoners word gemaan om regulasies na te kom, en die nodige voorsorg te tref, wat die dra van ‘n masker in die publiek, insluit. < Previous Article Next Article >

  • Rus sag, Gert

    Rus sag, Gert 1/4 Share SH HATTINGH 7 Julie 2020 Gert was ‘n reuse visvang-liefhebber, en as hy kon kies, sou hy elke dag op sy boot, genaamd Felix, op Sodwana se golwe gaan speel het. Hy het ook ‘n groot liefde vir diere gehad. Hy was die presiese mense liefhebber, hy het altyd seker gemaak dat almal om hom altyd gelukkig is. Hy was ‘n groot sport op die viswaters, altyd tyd gemaak vir ‘n grappie, maar kon ook streng wees. Gert van Coller, gebore 25 Julie 1961, is op Donderdag, 2 Julie 2020, skielik oorlede. Gert was ‘n baie bekende in Ermelo, veral onder die vissermanne. Gert het elke dag gelewe vir sy vrou, Yolandé, en sy dogter, Melané. Gert was ‘n reuse visvang-liefhebber, en as hy kon kies, sou hy elke dag op sy boot, genaamd Felix, op Sodwana se golwe gaan speel het. Hy het ook ‘n groot liefde vir diere gehad. Hy was die presiese mense liefhebber, hy het altyd seker gemaak dat almal om hom altyd gelukkig is. Hy was ‘n groot sport op die viswaters, altyd tyd gemaak vir ‘n grappie, maar kon ook streng wees. Tydens ‘n onderhoud met sy vrou, het sy aan die Tribune gesê dat sy het nie woorde nie, sy weet nie wat om te sê nie, maar sy gaan hom vreeslik mis. Sy dogter, Melané, het sulke diep en ware woorde van haar pappa gedeel op haar Facebook blad, en dit beskryf presies hoe haar pappa was. “My liefste pappa, jy was my rots in die rowwe see. Jy was my raadgewer. Jy was my `keep calm.' Jy is my begin en einde. Ek het jou lief. Daar waar jy nou is, weet ek jy is gelukkig. Dankie vir alles wat Pa my geleer het. Ek verlang alklaar. Jesus het vandag my yster gevat. I promise I will never disappoint you, I will make you proud! ❤ Melaans”. Daar sal ‘n teraardbestelling gehou word te Sodwana wat na Gert se wense was, die datum sal bevestig word op ‘n latere stadium weens COVID-19. Die familie wil graag die gemeenskap bedank vir elke boodskap, oproep en almal se liefde en omgee. Gert word oorleef deur sy vrou, Yolandé, sy dogter Melané en familie. < Previous Article Next Article >

  • Rest in peace, Nipho

    Rest in peace, Nipho 1/1 Share SH HATTINGH 30 June 2020 Ligbron would like to express our deepest condolences to the family and friends of Nhlakanipho ( Nipho). It is with great sadness that we learn of the passing of Nhlakanipho Starbulberg, a fellow Liggie, due to a vehicle accident. Ligbron would like to express our deepest condolences to the family and friends of Nhlakanipho ( Nipho). May loving memories ease your loss and bring you comfort. < Previous Article Next Article >

  • TLU demands clarity on hunting regulations

    TLU demands clarity on hunting regulations 1/0 Share GK CRONJE 4 August 2020 “We urge the department and government to explain why these regulations were revised,” says Mr. Meintjes. “Farmers are already fed up with the impact of the lockdown while government depends on them to continue with food production. The day will come when farmers cannot supply the demand anymore.” Media Statement - TLU SA demands an explanation about the revised regulations published in the Government Gazette on Tuesday which prohibits interprovincial travel for hunting. The department of environment, forestry and fisheries also put an end to accommodation for hunters with the regulations. “It is utterly reckless and irrational to publish these types of regulations,” says Mr. Louis Meintjes, the president of TLU SA. “This is another economic blow for game farmers who’ve had massive losses because of the regulations during the first week of the lockdown. Our members already accepted deposits and made arrangements for hunters from other provinces who would have hunted with them. The risk for the spread of COVID-19 in remote areas, where people have little contact with each other, is minimal.” Game farmers had to forfeit the income from international hunters this year and depended on local hunters to have at least some form of revenue during the hunting season. Now they have minimal opportunity to earn an income and keep their farms running. It will have an impact on employment as well. In April Wildlife Ranching South Africa reported that the limitations had negatively impacted 67% of all employers in the game industry. In many rural areas, the local economy depends on hunters and game farmers spending money in the town or district. It keeps the local community alive. “We urge the department and government to explain why these regulations were revised,” says Mr. Meintjes. “Farmers are already fed up with the impact of the lockdown while government depends on them to continue with food production. The day will come when farmers cannot supply the demand anymore.” < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2020 | ALL RIGHTS RESERVED