top of page

ACSU reageer blitsvinnig

ACSU reageer blitsvinnig

SH HATTINGH

2 Junie 2020

ACSU se reaksie lede het blitsvinnig by die toneel opgedaag. Die eienaar van die besigheid wat geleë is in die industriële area het kontant, asook hout goedere vervoer in ‘n wit Nissan bakkie. Die eienaar was gestop langs die pad by die treinspoor in die industriële area, waar daar vier mans, waarvan een gewapen was, beveel het dat hy uit die voertuig moet klim.

ACSU, die woord wat op almal se lippe hang. ACSU beheerkamer is op Maandag, 1 Junie, ongeveer 09:47 geskakel om te vra vir hulp van ‘n kliënt wat geroof is. ACSU se reaksie lede het blitsvinnig by die toneel opgedaag. Die eienaar van die besigheid wat geleë is in die industriële area het kontant, asook hout goedere vervoer in ‘n wit Nissan bakkie.

Die eienaar was gestop langs die pad by die treinspoor in die industriële area, waar daar vier mans, waarvan een gewapen was, beveel het dat hy uit die voertuig moet klim. Die vier mans het binne in die bakkie gespring gevlug met die vrag, sowel as ‘n groot bedrag kontant. Niemand is beseer tydens die voorval nie, en geen verdagtes was teen tye van pers vasgtrek nie.

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page