Ligbron eSport spanne wys hul digitale staal
SM HATTINGH
27 April 2021
“Groot dank aan ons borge, RE-bytes en RE Accounting, wat hierdie spanne ondersteun. Ons is baie trots op elke speler en die goeie uitslae van al die spanne. Die Liggies sien uit om te sien wat die res van die seisoen inhou!”
Die eSport woeker alreeds vroeg in die jaar by Ligbron. Ligbron het vanjaar twee Counterstrike spanne, asook twee Rocket League spanne wat in die HSEL liga deelneem. Daar is hierdie jaar 47 CS:GO, en 103 Rocket League spanne wat ingeskryf het vir die 2021 liga. Die CS:GO A-span wen tot dusver 4 van die 6 wedstryde, en CS:GO B-span wen 2 uit hul 6 wedstryde. Hierdie spanne het onder andere deelgeneem teen skole soos Paul Roos Gimnasium, Grey Hoërskool en Hoërskool Waterkloof. Rocket League A en B vaar baie goed in die liga, en het meeste van hul wedstryde gewen.
Rocket League A: verloor 2-3 teen Hoërskool Oos Moot C, wen 3-0 teen Hoërskool Zwartkop, wen 3-0 teen Hoërskool Oos Moot A, wen 3-1 Hoërskool Eldoraigne. Rocket League B: wen 3-1 teen Hoërskool Eldoraigne, wen 3-0 teen Hudson Park School, wen 3-2 teen Hoërskool Eldoraign en wen 3-1 teen Hudson Park. “Groot dank aan ons borge, RE-bytes en RE Accounting, wat hierdie spanne ondersteun. Ons is baie trots op elke speler en die goeie uitslae van al die spanne. Die Liggies sien uit om te sien wat die res van die seisoen inhou!”