Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit. Daar is onder andere eksamens gespeel, Unisa eksamens gespeel, en leerders het deelgeneem aan Con Spirito.
Hoërskool Ermelo se Graad 12-kunsleerders het uitstekend presteer tydens die kuns kompetisie wat jaarliks deur die Departement van Onderwys aangebied word.
Die streepbaadjie lê die Erries na aan die hart, en dit is elke jaar vir die Graad 11’s ‘n groot hoogtepunt om hul baadjies te ontvang. Hoërskool Ermelo se leerders dra dit met trots en passie, soos wat dit die Erries betaam.
Hoërskool Ermelo se ruiters het tydens die naweek van 15 tot 18 Oktober aan die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappedeelgeneem te Badplaas. Die Erries het uitstekend presteer, en EHS se naam hoog gehou.
Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie. Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas.
“Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri, sowel as Ermelo Phoenix Rotary Klub, Top Carpets and Floors, Bernina, Mix and Match en ENA Boekwinkel wat die aand moontlik gemaak het.”
Die sprokiesmooi funksie het by Kralinbergh plaasgevind. Die matrikulante het die aand terdeë geniet, en bedank elke onderwyser, ouer en mede-leerling wat bygedra het tot die onvergeetlike aand.
Voor die matriekafskeid was die jaarlikse modeparade wat deur die Graad 10-leerders, -ouers en onderwysers gereël is. Hier kon die Graad 12’s op ‘n stylvolle wyse met hul uitrustings spog.
Die Top Tien vir 2020 se Graad 12-groep is vanaf nommer een tot nommer tien, Vosjan Grey, Zara Büchling, Simoné Beyer, Alana Leibbrandt, Dané du Toit, Jana Nel, Anja Wege, Elizia van Heerden, André Strauss en Kerry-Ann Botha.