Errie kunsleerder tweede in MPU
SH HATTINGH
17 November 2020
Hoërskool Ermelo se Graad 12-kunsleerders het uitstekend presteer tydens die kuns kompetisie wat jaarliks deur die Departement van Onderwys aangebied word.
Hoërskool Ermelo se Graad 12-kunsleerders het uitstekend presteer tydens die kuns kompetisie wat jaarliks deur die Departement van Onderwys aangebied word. Uit die 137 inskrywings, het sewe Erries presteer met uitslae bo 80%. Miceala Erasmus behaal 87%, en verwerf tweede plek in Mpumalanga. Hierdie is ‘n besonderse prestasie, en getuig van harde werk en ‘n pragtige kunstalent. “Baie geluk, Miceala. Hoërskool Ermelo is besonder trots op jou!”
< Previous Article
Next Article >