top of page

Search this site

1614 results found with an empty search

  • Fondsinsameling vir Isabella Stark ‘n groot sukses | tribune-newspaper

    Fondsinsameling vir Isabella Stark ‘n groot sukses 1/2 Share SM HATTINGH 26 October 2021 "Dit was 'n uitdaging met die wind, maar dit was een lekker daggie vol omgee, liefde en ondersteuning, my hart loop oor van dankbaarheid!" Op Saterdag, 23 Oktober, was daar ‘n modelkompetisie aangebied by Camel’s Madness Restaurant. Die kompetisie wasvir fondsinsameling vir Isabella Stark se mediese onkostes. Die dag was bekroon as ‘n groot sukses. Die kompetisie is aangebied deur Blush Models Ermelo, en die modelle het almal asemrowend mooi gelyk, en die dag vreeslik geniet. Blush Models wil graag van die geleentheid gebruik maak om hul borge te bedank: “Kameel van Camel's Madness Restaurant en sy yster span, julle is die beste. Linda Pitzer, Bernice Coetzer en Berdine Botha, so baie dankie! DJ Sweet Sounds, Joshua Stark, Eco Wash, Hough Burger, Burger Springkastele, Elna Janse van Vuurren, Studio 7, Lady Latte, Coal Miners, Rochelle van Creative Cutz, Anita Kruger, Bo Kamer Gastehuis en Living Waters, Chris Rothman, Danie Louw, Bart Delport, Jaco Papenfus en Stefan van Coller, Siyabonga Masuku, Margé de Lange, Nanette Cup Cakes en Jean-Roux Flack, Mr. Pre Teen SA 2021 en Mr. Pre Teen Face SA 2021. Aan die beoordelaars, Anne Marie van Heerden, Mureli Roux en Suretha van Rooyen, dankie, julle het julle goed van julle taak gekwyt. Aan my regter hand Cindy Kitchenmaster, dankie vir al jou harde werk. Natasha Lourens, vir jou mooiste rokke by Brides Choice (Pick n Pay sentrum) die modeparade was baie mooi. Aan al die modelskole, Allison Danielle Cronje en Yolandri Fourie wat my altyd getrou ondersteun, aan elke liewe model, en ouer. Dit was 'n uitdaging met die wind, maar dit was een lekker daggie vol omgee, liefde en ondersteuning, my hart loop oor van dankbaarheid!” < Previous Article Next Article >

  • Helpmekaar Liefdadigheidswinkel skenk aan CMR | tribune-newspaper

    Helpmekaar Liefdadigheidswinkel skenk aan CMR 1/2 Share 13 April 2021 13 April 2021 Indien u belang stel om meer te weet van Helpmekaar Liefdadigheidswinkel, kan u Maryna kontak by 060 646 8389. U kan ook gerus ‘n WhatsApp stuur aan Maryna indien u meer inligting verlang. Om ‘n liggingpen te ontvang van die winkel se adres, stuur slegs u naam via WhatsApp. In die onsekere tye van COVID-19, staan Maryna Reyneke en haar liefdadigheidswinkel sterk, en maak elke dag ‘n verskil in talle se lewens. Maryna woon al 11 jaar in Ermelo, en is ‘n bekende gesig in die gemeenskap. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel ondersteun tans minderbevoorregte inwoners in Ermelo, asook gekeurde leerders in Ligbron Hoërskool. Maryna en haar sagte hart wend haar besigheid se hulpbronne aan om sukkelende gesinne en inwoners van Ermelo te ondersteun, en alle donasies word terug geploeg in die gemeenskap in. Maryna het dit onlangs goed gedink om ‘n skenking aan die CMR Ermelo te maak, en sodoende ‘n verskil te maak in talle kindertjies se lewens. Maryna gaan uit haar pad uit om haar hulp te verleen aan alle behoeftiges. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel bestaan al twee jaar in Ermelo, en doen hul bes om alle behoeftiges te assisteer. “Ek help waar ek kan, en met die hulp van die gemeenskap kan ek selfs nog meer hulp verleen aan behoeftiges. Ek vra nederig vir donasies vanaf inwoners. Ek aanvaar alle huishoudelike items, boeke, kledingstukke, gordyne en alle ander items wat inwoners nie meer gebruik nie, en ek kan julle verseker dit word gewend aan ‘n goeie doel. Ek wil graag almal bedank wat al donasies gebring het na Helpmekaar toe, ek waardeer dit opreg.” het Maryna aan die Tribune ePaper gesê. Indien u belang stel om meer te weet van Helpmekaar Liefdadigheidswinkel, kan u Maryna kontak by 060 646 8389. U kan ook gerus ‘n WhatsApp stuur aan Maryna indien u meer inligting verlang. Om ‘n liggingpen te ontvang van die winkel se adres, stuur slegs u naam via WhatsApp. < Previous Article Next Article >

  • Ligbron leerders streef hoog

    Na die jaar se opleiding, sal hul dan op die televisie verskyn in 2021 saam met die akteurs wat hulle mentor en oplei. “Baie geluk julle twee, die Liggies is baie trots op julle.” Ligbron leerders streef hoog Elzaan van de Venter, saam met die Hoof van Ligbron, Mnr. Brand. Lohan Coetzee, saam met die Hoof van Ligbron, Mnr. Brand. Elzaan van de Venter, saam met die Hoof van Ligbron, Mnr. Brand. 1/2 Share INHOUD VERSKAF 1 September 2020 Na die jaar se opleiding, sal hul dan op die televisie verskyn in 2021 saam met die akteurs wat hulle mentor en oplei. “Baie geluk julle twee, die Liggies is baie trots op julle.” Twee leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Elzaan van de Venter en Lohan Coetzee, het tydens die grendeltyd ingeskryf vir ‘n toneel talent kompetisie, genaamnd “Mentor My”. Beide leerders het deurgedring, en is gekies om deel te wees van ‘n groep leerders wat aanlyn opleiding sal ontvang. Die opleiding het reeds in Augustus begin, en sal ‘n jaar lank duur. Na die jaar se opleiding, sal hul dan op die televisie verskyn in 2021 saam met die akteurs wat hulle mentor en oplei. “Baie geluk julle twee, die Liggies is baie trots op julle.” < Previous Article Next Article >

  • Errie-dogters spog met Mamba-spanne

    Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie. Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas. Errie-dogters spog met Mamba-spanne 1/1 Share SH HATTINGH 10 November 2020 Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie. Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas. Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie. Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas. Die o/14’s se toer vindplaas te Witbank Hockey Farm, die o/16’s te Pretoria Hartveld en die o/18’s se toer vind in Johannesburg te Dainfern College plaas. Hier is die name van elkeen in hul onderskeie spanne: o/14: Helené Lotz – Green Mamabas (B-span), Mia Davel - Green Mambas (B-span), Ziné Jacob – Yellow Mambas (C-span), o/16: Deidre van der Meyden – Green Mambas (B-span), Kayla van der Meyden – Green Mambas (B-span) en o/18: Carla Ferreira – Black Mambas (A-span). “Baie sterkte aan elkeen van die dogters. Hoërskool Ermelo wens vir julle alle seën toe.” < Previous Article Next Article >

  • CMR CYCC bedank borge en donateurs | tribune-newspaper

    CMR CYCC bedank borge en donateurs 1/2 Share SM HATTINGH 18 May 2021 Hulle spreek ook hul dank en opregte waardeering uit aan elke donateur vir hulle donasies, dit maak regtig ‘n groot verskil. Indien jy dalk betrokke wil raak of enige donasies wil maak kan jy vir Mari, die CYCC Bestuurderes, kontak by 072 484 4349 of by die kantoor 087 550 0510. Kruideniers vir ‘n gewone huishouding met ongeveer vier persone kos ongeveer R4 000 per maand. Dit is net die basiese kruideniers, sonder dat die geld vir brood en melk bygereken word. ‘n Bakkie ontbyt pap in die oggende voor skool, ‘n toebroodjie vir pouse en dalk ‘n lekkertjie, soms selfs ‘n bakkie jogurt. Aandete word die vleis in klein porsies verdeel sodat dit die hele maand hou. Daar word gereeld pasta geëet, want dit is goedkoop en vinning om te maak. Waar ‘n huishouding van vier persone standaard is, is daar tot meer as 30 kinders in die kinderhuis. “Mammas met babas en kleuters sal beslis weet hoe om hulle sente om te draai om die gesonde kos, baba melk en doeke vir hul kleingoed te voorsien. Ons baba eenheid het tans sewe babas waarvoor daar doeke,formule melk, lyfroom, shampoo en poeier gekoop moet word. Daar is 24 kinders in die ander twee huise - 24 kinders wat drie etes op ‘n dag geniet, en 24 kosblikkies wat gepak moet word. Kinders bly kinders, en die huis ouers is maar mammas soos enige ander mamma, die verskil is net dat hulle baie meer kinders het.” Op Vrydag, 14 Mei 2021, was die Kinderhuis (CMR CYCC) bederf met ‘n inkopietog deur drie borge. Die kinderhuis bedank hiermee vir Bhika Oogkundige, die twee annonieme borge, asook vir Mnr. Kock van Pick n Pay vir die baie welkome inkopies. Hulle spreek ook hul dank en opregte waardeering uit aan elke donateur vir hulle donasies, dit maak regtig ‘n groot verskil. Indien jy dalk betrokke wil raak of enige donasies wil maak kan jy vir Mari, die CYCC Bestuurderes, kontak by 072 484 4349 of by die kantoor 087 550 0510. Op die foto's verskyn Charmaine Johnson, Michelle van der Westhuizen en Elzanet Bothes Op die tweede foto verskyn Elzanet Bothes, Michelle van der Westhuizen, Charmaine Johnson en Trudi van der Bank nadat hul kon kruideniers koop. < Previous Article Next Article >

  • Errie kuns beste in Mpumalanga

    Die tema was 'Sirkels' en leerders moes die tema op ’n kreatiewe manier interpreteer as ’n praktiese taak. Errie kuns beste in Mpumalanga Voor (v.l.n.r) staan: Thobani Mbuli, Ilandri Nel en Gift Mthethwa.Agter (v.l.n.r) verskyn: Biance de Jager, Ancois van der Berg, Inge van der Walt en Me Carin van der Merwe. Voor (v.l.n.r) staan: Thobani Mbuli, Ilandri Nel en Gift Mthethwa.Agter (v.l.n.r) verskyn: Biance de Jager, Ancois van der Berg, Inge van der Walt en Me Carin van der Merwe. 1/1 Share Content Supplied 30 August 2022 Die tema was 'Sirkels' en leerders moes die tema op ’n kreatiewe manier interpreteer as ’n praktiese taak. Die Erries neem die afgelope agt jaar deel aan die Mpumalanga-kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word. Elke jaar behaal die Erries plekke op die top 10 en selfs’n tweede of derde plek. Vanjaar het die Erries egter die kompetisie oorheers en ’n eerste, tweede en derde plek behaal, asook algehele wenners van kuns as vak in Mpumalanga. Altesaam 300 inskrywings, wat Ontwerp en Visuele kuns insluit, was die meeste inskrywings nóg vir hierdie kompetisie. Die tema was 'Sirkels' en leerders moes die tema op ’n kreatiewe manier interpreteer as ’n praktiese taak. 168 visuele kuns leerders het in die provinsie ingeskryf waarvan nege leerders Erries was. Die kunswerke is deur drie kunstenaars van Mbombela en omgewing beoordeel. Ses Erries het plekke in die top 10 plekke behaal! Almal se kunswerke word in die Mbombela kunsgalery uitgestal waar die publiek dit kan besigtig. Die top 10 plekke is behaal deur: Inge van der Walt, Bianca de Jager, Ancois van der Berg (Graad 11-leerder), Thobani Mbuli, Ilandri Nel en Gift Mthethwa (Graad 12-leerders). Thobani Mbuli word as algehele wenner aangekondig, Ilandri Nel behaal ’n tweede plek en Gift Mthethwa ’n derde plek. Alle skole in Mpumalanga wat Visuele Kuns as vak aanbied, word verplig om aan dié kompetisie deel te neem en Hoërskool Ermelo is as wenner in Mpumalanga aangekondig vir die vak Visuele Kuns. Die Erries wat deel is van die top tien se werke word by die Mbombela-skou uitgestal. Hulle sal ook tydens ‘n prysuitdeling hulle kontantpryse, geborg deur die skou, ontvang. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders met jul pryse en uitsonderlike talent, asook aan me Carin van der Merwe wat as onderwyser die leerder lei om die sukses te kan behaal. EHS is trots op julle. - Inhoud en foto verskaf deur EHS < Previous Article Next Article >

  • A blaze waiting to break out

    The innards of what is left of the kiosk has been haphazardly taped, but elements and UV rays have made the insulation brittle. A blaze waiting to break out 1/3 Share GK CRONJE 24 August 2021 The innards of what is left of the kiosk has been haphazardly taped, but elements and UV rays have made the insulation brittle. A jerry-rigged electrical kiosk in Wes Street that has seen better days, is considered as a fire hazard waiting to happen. The innards of what is left of the kiosk has been haphazardly taped, but elements and UV rays have made the insulation brittle. A high voltage cable, which is supposed to be buried underground, is also visible next to the kiosk. Further concerning is the fact that the kiosk is located within a rather deep indent in the ground, which will fill with water in a matter of minutes in the coming rain season. < Previous Article Next Article >

  • Jansen Street drug den causes unease | tribune-newspaper

    Jansen Street drug den causes unease 1/2 Share GK CRONJE 12 January 2021 “I have phoned the SAPS on several occasions, as looters carry away stolen items from the property. On one specific day a looter brought his own wheelbarrow, and casually loaded the geyser looted from the property. I phoned the SAPS, but they took over an hour to arrive." What once was a beautifully maintained residence, has now regressed to a source of disconcertment to surrounding residents, most notably for its infamy as a known drug haven for addicts and all manner of vagrants. Reports of blatant prostitution within the husk of the residence has also surfaced, with no heed paid by authorities. The house, which is being systematically looted of all valuable items, which includes pipes, fittings, taps, window frames and doors, is now a source of concern, as well as a threat to the safety of surrounding residents. “We can not even leave our residence for more than a day, because the vagrants that squat in the abandoned house keeps and eye on our movements. I have resorted to adding extra security gates and burglar bars to our house, because the squatters steal items from our yard. I have caught several of them red-handed, where they carry items out of our yard during broad daylight. I don’t feel safe in my own home, and the constant stream of devious characters visiting this abandoned property gives me the shivers. They deal drugs in the open, and couldn’t care less about who sees them. Many of the vagrants who visit the property to get their fix, can barely walk straight when the exit the property. It is unacceptable, but nobody cares.” a nearby resident lamented. “I have phoned the SAPS on several occasions, as looters carry away stolen items from the property. On one specific day a looter brought his own wheelbarrow, and casually loaded the geyser looted from the property. I phoned the SAPS, but they took over an hour to arrive, and when they finally arrived, they just looked at the house and drove away without investigating. I am also very concerned about the long grass and shrubbery on this abandoned property, as it is an extreme fire hazard, especially during winter time. I just wish someone would take action, or the owner of the property would sell or demolish the house. I really stresses me out.” the resident concluded. < Previous Article Next Article >

  • Ermelo Rotary gives the love | tribune-newspaper

    Ermelo Rotary gives the love 1/3 Share GK CRONJE 23 March 2021 "What an awesome feeling to be able to make a difference in her & her families daily life.” On Wednesday, 17 March2021, Ermelo Phoenix Rotary Club visited Emmerentia Grové to gift her a wheelchair. At 94 years young, Emmerentia was in desperate need for a wheel chair after a tough year in 2020 medically. Club Secretary Lawrence Wood said “It is a pleasure & privilege to be able to assist with Emmerentia’s first wheel chair. What an awesome feeling to be able to make a difference in her & her families daily life.” He also thanks those who supports Phoenix Rotary to make this possible. While Emmerentia said she is “very, very thankful. Since November last year, it has been harder to see and move around, so will always treasure this gesture from Ermelo Phoenix Rotary.” - Information published as received from Ermelo Rotary . < Previous Article Next Article >

  • Illegal refuse dumping remains an issue

    The warning from MLM had been laughed off, and the refuse dumping has, in fact, increased exponentially. Illegal refuse dumping remains an issue 1/4 Share GK CRONJE 22 February 2022 The warning from MLM had been laughed off, and the refuse dumping has, in fact, increased exponentially. Despite attempts by the business chamber to curb the illegal dumping of refuse in wards, the Chris de Villiers Street roadside, as well as the adjacent fields on both sides, are still strewn with literal mounds of refuse, discarded building materials and a considerable amount of fast food containers. Dubious behavior from the surrounding residents and contractors sees them conducting regular illegal dumping activities in this area, which has been an issue since 2014. The issue has been reported to the call centre on numerous occasions, with no response from Msukaligwa Local Municipality (MLM). “Illegal dumping in Msukaligwa is the problem, where community members deliberately degrade our environment through illegal dumping activities, especially rubble or building and demolition waste. Instead of using the landfill sites, community members opt for our public open spaces. To remedy the problem, the community awareness program is being rolled out to all community members. The law enforcement team from Gert Sibande is in partnership with Msukaligwa Local Municipality to deal with law breakers,” MLM stated in 2019. At that time, the municipality also announced that they would be working in tandem with Gert Sibande District Municipality, and intensify efforts in issuing fines and apprehending offenders. Fast forward to 2022, and nothing has come from the pipe dream. Seemingly little to no effort had been put in to deal with residents and construction companies who illegally dump refuse and building material in this known problem area. The warning from MLM had been laughed off, and the refuse dumping has, in fact, increased exponentially. The illegal dumping of refuse and other materials is a growing issue within Ermelo, as well as the surrounding areas, with residents paying no heed to the municipal by-laws, which, unfortunately, remain unenforced. < Previous Article Next Article >

  • EFF pickets at Clicks Ermelo

    A ragtag band of local EFF red berets have gathered at Clicks Ermelo on Monday morning, after a call from Julius Malema to shut down the outlets following an alleged racist advertisement on its website. The picketers claimed that they would return with 4 500 protestors soon, to close down Clicks Ermelo. According to Malema, the alleged racist campaign referred to black women's natural hair as "damaged, dry and frizzy" while depicting a white woman's hair as normal. “We are going to the ground, we are going to close all the stores. That is a directive of the EFF. We are going to close the doors of Clicks, that's what's going to happen when we arrive. There's no Clicks store that's going to trade, it's guaranteed.” These were the words from the EFF's Marshall Dlamini. Clicks Group CEO, Vikesh Ramsunder, said that while it could not bow to threats from the EFF, it would not hesitate to close stores if the situation became violent. Ramsunder said that they would keep their customers and staff safe. “If there's picketing or unrest around our stores, we will close our doors. It's very important that our employees are protected. We certainly cannot bow to threats and violence. It's not acceptable in any democracy.” he stated. The Clicks group has issued an unreserved apology for the advertisement, has taken full accountability and apologized unreservedly for the advertisement published on its website and has taken immediate action to address all concerns. However, the EFF is having none of it. “The only way to make capitalists apologize and feel genuine remorse is for them to lose money. #ClicksMustFall,” the party stated. Residents are advised to exercise caution during the week when visiting the Clicks Ermelo branch. EFF pickets at Clicks Ermelo EFF pickets at Clicks Ermelo Picketing EFF members at Clicks Ermelo. Picketing EFF members at Clicks Ermelo. Picketing EFF members at Clicks Ermelo. Picketing EFF members at Clicks Ermelo. 1/3 Share GK CRONJE 8 September 2020 The Clicks group has issued an unreserved apology for the advertisement, has taken full accountability and apologized unreservedly for the advertisement published on its website and has taken immediate action to address all concerns. However, the EFF is having none of it. “The only way to make capitalists apologize and feel genuine remorse is for them to lose money. #ClicksMustFall,” the party stated. A ragtag band of local EFF red berets have gathered at Clicks Ermelo on Monday morning, after a call from Julius Malema to shut down the outlets following an alleged racist advertisement on its website. The picketers claimed that they would return with 4 500 protestors soon, to close down Clicks Ermelo. According to Malema, the alleged racist campaign referred to black women's natural hair as "damaged, dry and frizzy" while depicting a white woman's hair as normal. “We are going to the ground, we are going to close all the stores. That is a directive of the EFF. We are going to close the doors of Clicks, that's what's going to happen when we arrive. There's no Clicks store that's going to trade, it's guaranteed.” These were the words from the EFF's Marshall Dlamini. Clicks Group CEO, Vikesh Ramsunder, said that while it could not bow to threats from the EFF, it would not hesitate to close stores if the situation became violent. Ramsunder said that they would keep their customers and staff safe. “If there's picketing or unrest around our stores, we will close our doors. It's very important that our employees are protected. We certainly cannot bow to threats and violence. It's not acceptable in any democracy.” he stated. The Clicks group has issued an unreserved apology for the advertisement, has taken full accountability and apologized unreservedly for the advertisement published on its website and has taken immediate action to address all concerns. However, the EFF is having none of it. “The only way to make capitalists apologize and feel genuine remorse is for them to lose money. #ClicksMustFall,” the party stated. Residents are advised to exercise caution during the week when visiting the Clicks Ermelo branch. < Previous Article Next Article >

  • Hooggeregshof gee winkelsentrum-teenstander ‘n bloedneus | tribune-newspaper

    Hooggeregshof gee winkelsentrum-teenstander ‘n bloedneus 1/1 Share GK CRONJE 18 May 2021 Laastens het Regter Mankge bevestig dat II8 gefaal het om ‘n daadwerklike saak te bou, en dat hul papierwer, aansoeke en beëdigde verklarings in menigte gevalle in konflik is met die drie pilare benodig. In die lig van die gevraagde uitspraak wat deur die Tribune ePaper aangevra is, is daar goeie nuus vir die inwoners van Ermelo en die mliggende omgewing. Na ‘n struweling en talle hofsake wat vanaf ongeveer 2015 voordwoed, het eerbare Regter AJ Mankge, waarnemende regter van die hooggeregshof van Suid Afrika, die finale uitspraak gelewer rakende dié kwessie. Vroeg in 2015 het inwoners met groot opgewondenheid verneem van 'n beplande winkelsentrum, Plateau Mall (voortaan bekend as Merino Mall), wat gebou sou word in Voortrekkerlaan, waar die Ermelo Skougronde tans geleë is. Die projek word bestuur deur die Moolman Group, 'n bekende ontwikkelaar met talle suksesvolle projekte en ontwikkelings op hul kerfstok. Hierdie vlagskip-konstruksieprojek, wat as 'n ontwikkeling van 30,000 m² beskou word, sou 'n voltooiingsdatum van April 2020 hê, en menigte nuwe kettingwinkels sou huisves, het onmiddellik 'n groot plons in die gemeenskap gemaak. Ongelukkig het die opgewondenheid mettertyd in onsekerheid verander nadat geen aanduiding van enige bouproses sigbaar was nie. Die gemeenskap het gewoeker, en doen steeds, met gerugte oor beweerde politieke invloed wat 'n rol in die besware gespeel het. Die konstruksie van die sentrum is telkens vertraag deur beswaar wat aangeteken was deur Ilangabi Investments 8 (PTY) Ltd (II8), wat ook verbind word met Samuel "Dube" Democracy Zwane. Alhoewel die Moolman Groep (MG) en Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) tot ooreenkoms gekom het rakende die konstruksie, en alle bouplanne en nodige aansoek en papierwerk die groen lig ontvang het, het Ilangabi Investments 8 keer op keer ‘n stokkie probeer steek voor die konstruksie van die winkelsentrum. Die regspan van II8 het aangevoer dat die aansoek deur die MG van die hand gewys moet word, en deur ‘n munisipale beplanningstribunaal by MLM hersien moes word. II8 het op verskeie geleenthede die aansoek deur die MG teengestaan, met besware wat telkens van geen toepassing op die winkelsentrum se aansoek gehad het nie. Die regter het dit bekend gemaak dat volgens II8 se stigtingspapiere, besit hul ongeveer 22ha ontwikkelingsgrond in Wesselston, uitbreiding 8, waar hul beweer om regte te hou vir ‘n konstruksieplan vir ‘n winkelsentrum. Die MG was regte toegestaan vir konstruksie te Ermelo, uitbreiding 47 (skougronde). Ter aansoek deur die MG, was die ontwikkeling deur die MLM stadsbeplanning aangeraai vir goedkeuring. MLM het egter in April 2018 hul deuntjie verander, en aangekondig dat die bogenoemde aansoek van die hand gewys gaan word. Die MG het egter appél aangeteken, wat toegestaan is aan die MG. II8 het egter weereens beswaar aangeteken, en beweer dat hul belange beïnvloed word deur die Merino Mall se ontwikkeling. Regter Mankge het egter aangedui dat dié belange van so aard moet wees dat dit nie te abstrak of akademies moet wees nie, en dat die belange aktueel moet wees. Die regter het egter beslis dat II8 geensins genoegsame bewyse voorgelê het dat hul belange in aktualiteit beïnvloed word nie. Die regter het ook beslis dat II8 nie aan die drie pilare van ‘n waterdigte saak voldoen het nie, wat insluit dat die aansoeker ‘n eienaaar van die grond en belastingbetaler is, dat die aansoeker goedgekeurde ontwikkelingsplanne het, en dat die aansoeker bevordering van administratiewe geregtigheid (PAJA) se terme nie verontagsaam word nie. II8 het dus ook met alle mag probeer om die ontwikkeling teen te staan deur Seksie 33 van die grondwet holrug te ry, wat kortliks dui dat enige persoon mag beswaar aanteken teen onwettige gebeurtenisse. Verder het Regter Mankge aangedui dat II8 geensins deel was van die aanvanklike besprekings tussen die MG en MLM nie, en ook nie deel was van die besprekings wat die appèlowerheid ingesluit het nie. Die regter het ‘n bloedneus toegedien aan II8 deur te beslis dat hul belange geensins beïnvloed sal word deur die MG nie, dat II8 gediskwalifiseer word in terme van PAJA siende hul nie genoegsame bewyse kon voorsien nie, en dat II8 nie meer die eienaar is van die ontwikkelingsgrond soos aangedui in hul appél nie. Die regter het beslis dat II8 se saak verbrokkel het deur die feit dat hul regte verval het in Oktober 2020. II8 het egter gefaal om genoegsame bewyse te lewer dat daar in enige opsig inbraak gemaak word op hul belange. Regter Mankge het ook verwarring getoon deur die skielike aanslag deur II8 op die MG in 2020, maar vanaf 2016 gesloer het met die saak nie. Die saak was verder vererg deur ‘n appél wat II8 aangeteken het in Maart 2021, waar hul hulsef gedui het as grondeienaars van hulle beweerde ontwikkeling, maar hul het egter die grond geregistreer aan ‘n verskillende eienaar in Desember 2020. Laastens het Regter Mankge bevestig dat II8 gefaal het om ‘n daadwerklike saak te bou, en dat hul papierwer, aansoeke en beëdigde verklarings in menigte gevalle in konflik is met die drie pilare benodig. Die beslissing is aangekondig dat II8 se vermorsing van die hof se tyd nie genoegsaam was om ‘n boete op te lê nie. Regter Mankge het wel beslis dat II8 verantwoordelik gehou word vir die regskostes aangegaan deur die MG groep, insluitend die indiensneming van twee advokate, waar van toepassing. < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page