top of page

Ter nagedagtenis aan ‘n Ermelo legende

SM HATTINGH

31 August 2021

Lourens Petrus Human - 13/10/1945 - 19/08/2021 (75 jaar)

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Lourens Petrus Human
13/10/1945 - 19/08/2021 (75 jaar)

Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van Leon Human (of Pyp, soos meeste hom geken het). Hy was ‘n gebore Ermeloër, en sy grootword wêreld was op die plase Vlakfontein en Holbank, waar sy voetspore diep lê. Hy het sy skoolloopbaan op Ermelo voltooi, waarna hy by die verkeersdepartment aangesluit het. In 1980 verhuis hy en sy gesin na Vereeniging, en deur die jare na Klerksdorp, Stilfontein, Kempton Park, Potgietersrus en weer terug na Ermelo gedurende 1994. Hy het toe mettertyd bedank by die verkeersdepartment, en sy eie besigheid, LP Granssnyerdienste, vanaf die huis begin. Hy was van 1967 tot 1986 getroud met Anet Human, en is 2 kinders uit die huwelik gebore (Jaco en Zandi Human). Hy was oupa van 4 kleinkinders (Dine, Ettienne, Jean, Zane).

Hy was ‘n geliefde figuur in die dorp, altyd aan die rondry of van vroegdag by sy huis aan die werk. Oral waar hy gestop het, het hy tyd gehad om ‘n geselsie aan te knoop. Almal was ook altyd welkom om deur die dag by hom in te loer, en ‘n koffetjie te drink. Hy was ‘n man met ‘n groot, sagte hart, wat altyd bereid was om uit te help. Leon laat ‘n groot leemte in baie harte. “Mag jy nou vrede vind by Jesus se voete. Rus sag, Pyp.”

bottom of page