top of page

Carel, rus sag

SM HATTINGH

26 January 2021

Hy was gereed om te groet met ‘n breë glimlag en, net ‘n “sharp” te wys.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Carel Jacobsz is op die ouderdom van 72 skielik oorlede op Maandag, 25 Januarie. Hy was ‘n welbekende in die gemeenskap, asook onder die boere gemeenskap. Hy het groot liefde vir perde gewys, en het ook sy eie stoet genaamd Calela SA Boerperd gehad. Hy was ook by die perdry kompetisies deel van die beoordeelaaars gewees. Carel was ‘n wonderlike mens, altyd gehelp waar hy kon, en het altyd tyd gehad om ‘n geselsie aan te knoop.

Hy was vir verskeie jare deel van die skou kommitee, en het altyd gehelp met al die reëlings wat daarmee saam gaan om seker te maak dat dit ‘n reuse sukses was. Hy was vreeslik geliefd in die gemeenskap, en het gelewe vir sy vrou, vriende en familie. Wanneer hy in die dorp gery het, was sy bakkie se venster altyd oop, en was hy gereed om te groet met ‘n breë glimlag en, net ‘n “sharp” te wys. Hy laat ‘n groot leemte in die gemeenskap agter, en sal altyd onthou word. Hy word oorleef deur sy vrou, Martie, Jannie, Lana, Wim, hulle eggenote en kleinkinders.

bottom of page