top of page

DWS besoek Rietspruit Crushers

SM HATTINGH

29 March 2022

Beide partye se regspanne is tans besig om te onderhandel.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Na afloop van die Tribune se uitgawe van 22 Maart 2022, rakende die dispuut tussen Rietspruit Crushers en Oubaas de Jager Familie Trust, het dit gelyk of daar lig in die tonnel is. Die dispuut handel oor Rietspruit Crushers, wat vanaf 2017 geen vergoeding betaal het aan die Oubaas de Jager Familie Trust vir die area van die plaas wat hul tans gebruik nie, en dat daar ook tans geen huur ooreenkoms in plek is nie. Tydens ondersoeke is daar ondervind dat Rietspruit wel ‘n wettige myn lisensie het wat in 2025 verval, maar die groot vraag is... Sal die verhuurder weer die area aan die huurder verhuur, omdat Rietspruit Crushers reeds onder sakeredding geplaas is?

In Junie 2021 het die huurooreenkoms reeds verval tussen die partye, waar daar nog nooit weer ‘n nuwe huur ooreenkoms in plek gesit is nie. Na ondersoeke is daar aan die Tribune gesê dat die Departement van Water en Sanitasie op Donderdag, 24 Maart 2022, hul verskyning in Ermelo gemaak het. Die lede van die Departement het ‘n besoek gaan aflê by Rietspruit Crushers, waar hul die water lisensie aangevra het. Tydens die besoek kon daar egter geen water lisensie gewys word aan die Departement nie, wat gelei het dat Rietspruit Crushers dadelik beveel is om alle myn aktiwiteite te staak. Nou lê die vraag weer, indien Rietspruit Crushers hul hekke sou moet sluit, hoe groot sal die ekonomiese impak in Ermelo en omliggende omgewing wees? Daar word tans die Merino Mall gebou, asook die infame “ring road” wat gebou gaan word... Waar gaan die verskeie instansies hul materiaal kan kry? Die arbitrasie saak wat tans tussen die partye is, is nou oorgeskakel na mediasie. Met die plasing in die vorige uitgawe van die Tribune, het verskeie mense kontak gemaak waar hulle kommer uitgespreek het rondom die situasie dat Rietspruit Crushers dalk sal moet toemaak. Verskeie maatskappye het ook laat hoor dat hul in die verlede ook skade gely het oor kontrakte wat in plek was, maar wat nie na gekom is soos ooreengekom was nie.

Beide partye se regspanne is besig om te onderhandel, en te kyk of daar nie so spoedig as moontlik tot ‘n beslissing kan kom met die huurooreenkoms, asook al die uitstaande dokumentasie wat Rietspruit Crushers tans nie in hul besit het nie. Sou alles in plek val, sal Rietspruit Crushers steeds materiale kan produseer. Daar was ‘n koop ooreenkoms, asook ‘n huur ooreenkoms, wat stipuleer dat die Oubaas de Jager Familie Trust vergoed was, welke dan nie meer verder vergoed is vanaf 2017 nie, en dat daarna gewys word as verlies van inkomste.

Die Oubaas de Jager Familie Trust oorweeg dit om moontlik die hele plaas te verkoop, omrede dit deel was van die koop ooreenkoms van 2013 vanaf die vorige eienaar, waarvan die geregistreerde huur ooreenkoms by die akte kantoor geregistreer was. Dié sou ‘n inkomste verseker vir die Oubaas de Jager Familie Trust.

bottom of page