top of page

1614 items found for ""

  • Arson is a crime, and may land you in prison

    Arson is a crime, and may land you in prison Arson is a crime, and may land you in prison 1/1 Share GK CRONJE 4 May 2021 The imprisonment term for a convicted crime relating to arson could be set up to seven years or more, and a fine of up to R250 000, and four years of probation. The crime of arson is committed in a number of different ways in the South African context. However, what is common to all incidences of the crime is that it causes danger to property, wildlife and persons. Although the act of arson is classified as a crime against property, the crime also endangers the community. Arson is the act whereby a person sets the fire, or intends to start a fire, knowing that the fire will destroy something. The majority of arson crimes are classified as intentional, wilfully and maliciously. This means that the arsonist has the intent to cause damage upon starting the fire. It does not require targeted property to be damaged by the fire, and liability can attach even though the “wrong” property caught fire. Though the act typically involves buildings, the term arson can also refer to the intentional burning of fields, dry grass and leaves, which is a common sight in Ermelo. The crime is typically classified as a felony, with instances involving a greater degree of risk to human life or property carrying a stricter penalty. The imprisonment term for a convicted crime relating to arson could be set up to seven years or more, and a fine of up to R250 000, and four years of probation. If you see a suspected arsonist in your ward or area, please contact ACSU, the SAPS or your neighborhood watch, such as SACCW, immediately. Where possible, obtain photographs or video footage of the suspect in the act, as this will make conviction of the felon easier. < Previous Article Next Article >

  • Jaun, jou stem is stil | tribune-newspaper

    Jaun, jou stem is stil 1/1 Share SM HATTINGH 29 June 2021 Die familie wil ook die gemeenskap bedank vir hulle hulp tydens Jaun se siekbed, vir al die boodskappies, oproepe, vinnige kuiers by die huis, die fondsinsameling, asook die lede wat verstellings by die huis gedoen het om alles vir Jaun te vergemaklik. Jaun Walker, (53) gebore op 8 Januarie 1968, is op Woensdag, 23 Mei 2021, in Ermelo Provinsiale Hospitaal skielik oorlede na 'n lang tydperk van struikel met sy gesondheid. Jaun het gematrikuleer by Ligbron Akademie vir Tegnologie, en was daarna sy lewe lank in Ermelo werksaam in die tweedehandse voertuie sektor. Sy dogter, Jauné Walker, dra graag die volgende gedig aan hom op: “Pa, daar breek branders in my. Groter as jou hande om die stories van die Sondag koerant gevou. En daar waai 'n koue deur my. Sterker as die winde soggens op Haroldsbaai se strand. Ek mis die son en hoe trots hy op jou kon skyn, en jou hart wat afdrukke gelos het op alles waaraan hy raak. Dankie vir die voorreg om jou as gedagte te kan saamdra, en jou lewendig in my hart te kan hou. Pappa dit voel nog onwerklik. Alles herhinner my aan Pappa. 'n Liedjie, 'n reuk, 'n sê-ding. Ek mis daai gou-gou oproepe en vinnige inloer. Pappa het my alles geleer, behalwe hoe om sonder pappa te lewe. Ek weet almal sê met tyd raak dit beter, maar ek mis pappa. Pappa is vir altyd in my hart, en ek sal altyd lief wees vir pappa. Dankie vir alles wat pappa vir my gedoen het.” “Jaun, almal se harte is baie seer, maar ons weet jy is op 'n beter plek. Ons gaan jou baie mis. Rus sag by Jesus se voete, ons is jaloers. Dit is nie totsiens nie, dit is tot ons jou weer sien.” Jaun laat sy dogter, Jauné Walker, sy suster, Daleen van Rensburg en haar twee kinders, sy oorlede sussie se twee kinders, Danie en Lindie, en hulle vier kindertjies agter. Die familie wil ook die gemeenskap bedank vir hulle hulp tydens Jaun se siekbed, vir al die boodskappies, oproepe, vinnige kuiers by die huis, die fondsinsameling, asook die lede wat verstellings by die huis gedoen het om alles vir Jaun te vergemaklik. Dankie ook aan al die personeel en dokters by die Ermelo Provinsiale Hospitaal wat so mooi na hom omgesien het. < Previous Article Next Article >

  • Liggies spog met nuwe personeel

    Liggies spog met nuwe personeel 1/6 Share SH HATTINGH 16 February 2021 “Ligbron Akademie vir Tegnologie is trots om in sulke moeilike tye nogsteeds nuwe onderwysers te kan kry." Ligbron Akademie vir Tegnologie het hul nuwe personeel, wat aan die begin van 2021 by die skool aangesluit het, met lof verwelkom. “Ligbron Akademie vir Tegnologie is trots om in sulke moeilike tye nogsteeds nuwe onderwysers te kan kry. Die Liggies wens hulle alle sterkte toe vir die jaar wat voorlê.” Hul is Mev. Rosaan Kapp (Wiskunde Geletterdheid en Tegniese Wiskunde), Mev. Malika Patel (Wiskunde), Mev. Taryn Labuschagne (Wetenskap), Mev. Lelanie du Plessis (Engelse HT en EAT), Me. Jacqueline Roux (Engels EAT), Anne-Marie Prinsloo (Boekwinkel) en FJ Els (student-onderwyser). < Previous Article Next Article >

  • Nkomazi grensposte amptelik heropen | tribune-newspaper

    Nkomazi grensposte amptelik heropen 1/1 Share GK CRONJE 13 October 2020 Alhoewel daar onlangs geen padongelukke gerapporteer is nie, het die LUR vir padveiligheid, Gabisile Tshabalala, motoriste aangemoedig om die paaie versigtig te gebruik. “Na die heropening van toegangspoorte, verwag ons 'n groot toename in die transportvolume op ons paaie. Ons wil almal versoek om versigtig te wees." Die Nkomazi-substreek huisves drie internasionale grensposte, naamlik Lebombo, wat die land en Mosambiek van mekaar skei, en Matsamo en Mananga, wat albei toegangspunte tot die Koninkryk eSwatini is. Vragmotors wat goedere vervoer het na Mosambiek, moes ure in die ry wag om die grens oor te steek, terwyl die verkeer na die land vlot geloop het. Matsamo en Mananga het egter minder mense ontvang wat tussen die twee lande gereis het. Dit volg nadat grensposte amptelik hul hekke vir internasionale reise onlangs heropen het. Die besigste was Lebombo, wat 'n groot aantal Suid-Afrikaanse toeriste na Mosambiek sien reis het. Voordat die grense op 27 Maart 2020 gesluit is, het plaaslike ondernemings aan die kant van die grensposte floreer, maar het vinnig 'n neusduik ervaar nadat die grendeltyd in werking getree het. Alhoewel daar onlangs geen padongelukke gerapporteer is nie, het die LUR vir padveiligheid, Gabisile Tshabalala, motoriste aangemoedig om die paaie versigtig te gebruik. “Na die heropening van toegangspoorte, verwag ons 'n groot toename in die transportvolume op ons paaie. Ons wil almal versoek om versigtig te wees. Ons werk saam met alle belanghebbendes, en is gereed om die verhoogde verkeersvolumes wat deur die provinsie vanuit die buurlande in en uit die land kom, te hanteer. Daar is geen verdraagsaamheid teenoor roekelose en nalatige bestuur nie.” het Tshabalala afgesluit. < Previous Article Next Article >

  • Unsung hero changes lives in Davel | tribune-newspaper

    Unsung hero changes lives in Davel 1/5 Share GK CRONJE 27 April 2021 “I thank God for being with me, and making my dream came true. I like to thank the school principal and the staff members for giving me the opportunity to do so, and my friends and family for supporting me.” A rolemodel and hero to many, Bongani Jonas Mokoena celebrated his 29th birthday with an amazing act of charity. Bongani decided to open his heart, and to celebrate his birthday in a different manner, by donating school uniforms to learners in need at Umfudlana Combined School in the Davel area. This is the same school he attended from Grade R until his matric year in 2011. “I thank God for being with me, and making my dream came true. I like to thank the school principal and the staff members for giving me the opportunity to do so, and my friends and family for supporting me.” < Previous Article Next Article >

  • Report on alleged racism at Ligbron Academy of Technology | tribune-newspaper

    Report on alleged racism at Ligbron Academy of Technology 1/1 Share Content Supplied 30 August 2022 We will compile and use reports of learners who were directly involved in order to assist Labour Relations. Statement - On 24 August 2022 at 13:00 our Deputy Head boy informed me of an alleged racism incident that happened at school. The learners were unhappy about the situation and were planning a mass action in response. Reports of alleged racism were lodged by a group of grade 12 learners. These included complaints related to both verbal and physical assault on learners. The incident took place on 18 August 2022 when a group of grade 12 learners attempted to organise a mass bunk and ran out of the classes, disrupting the school’s programme. Mr. G Pretorius, an HOD at our school, was allegedly involved in the incident when he attempted to restore order and get learners back to class. Actions that were taken: The Circuit manager, Dr. Mango was notified, The SGB was notified. Mr. Phako, a delegate of the District of Gert Sibande and representing the HOD of the province, is assisting us concerning these allegations. A meeting with learners in Grade 12 was held. Their grievances were lodged and noted. The following concerns were addressed: Language policy, verbal abuse by Mr Pretorius, Code of Conduct and Teachers’ conduct. Actions to be taken: We will relieve the teacher of his duties and responsibilities as head of the RCL. Steps will be taken to defuse the situation by limiting contact with learners where Mr. Pretorius is actively involved with the learners until the investigation is completed. Therefore, Mr. Pretorius will be on leave from the 25 August 2022. The relevant parties will review our Code of Conduct. We will compile and use reports of learners who were directly involved in order to assist Labour Relations. Work sessions, focussing on the awareness of diversity in classrooms, will be held with teachers. The SGB commits to investigating and reporting on this matter. - As received from Ligbron due to demand from parents and learners < Previous Article Next Article >

  • LUR Shongwe besoek Ermelo, bedank plaaslike GPF | tribune-newspaper

    LUR Shongwe besoek Ermelo, bedank plaaslike GPF 1/2 Share GK CRONJE 7 June 2022 Shongwe het ook ‘n skerp waarskuwing uitgestuur na SAPS lede en bevelvoerders wat die werk van die GPF ondermyn. Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het op Vrydag, 3 Junie 2022, Ermelo besoek om sy lof uit te spreek teenoor die plaaslike Gemeenskaps Polisie Forum (GPF). Die GPF, wyer bekend as CPF, is doodgewone lede van die gemeenskap wat hand aan hand met die SAPS en ander sekuriteit sektors werk om misdaad te bekamp. Dié lede ontvang egter tot hede geen vergoeding vir hul diens aan die gemeenskap nie, en doen die vrywilligheidswerk per eie keuse. Shongwe het egter tydens sy toespraak aan die SAPS, stasiebevelvoerders en GPF lede, gestaaf dat hy ‘n skrywe gerig het aan die regering om fondse opsy te sit vir toelae aan aktiewe GPF lede. Shongwe het sy opregte waardering uitgespreek teenoor die lede van die GPF, wat ‘n tasbare verskil maak in die misdaadsyfer in Ermelo en die omliggende omgewing. Shongwe het ook ‘n skerp waarskuwing uitgestuur na lede en bevelvoerders wat die werk van die GPF ondermyn, en versuim om hul samewerking te verleen tydens patrollie en misdaad tonele. Shongwe het verder die misdaad situasie in Ermelo betreur, veral met fokus op die bendes wat die informele nedersettings se inwoners teister, beroof, verkrag en vermoor op ‘n daaglikse basis. Hy het bevestig dat ‘n daadwerklike plan van aksie in die pyplyn is om die bende geweld te stuit, en uiteindelik op te los. Die departement het ‘n skenking aan die GPF lede oorhandig, wat bestaan uit ‘n GPF baadjie en kep met die embleem, sowel as ‘n swaardiens flitslig, wat uiteraard handig te pas sal kom in Ermelo se donker woonbuurte. Sien meer foto’s, sowel as die LUR se “live stream” toespraak op ons Facebook blad, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >

  • NPSS welcome new educators

    NPSS welcome new educators 1/2 Share SH HATTINGH 21 March 2021 “Good luck with your journey, and good luck for the year.” NPSS would like to welcome four new educators to the school. NPSS is extremely proud to introduce (f.l.t.r) Thandeka Mashiloane, Mandisa Zondo, Zama Nkosi and Nomusa Mosala, to the community. “Good luck with your journey, and good luck for the year.” < Previous Article Next Article >

  • Pampoenkraal Plaas kringtelevisiekameras vertel ware verhaal | tribune-newspaper

    Pampoenkraal Plaas kringtelevisiekameras vertel ware verhaal 1/3 Share SM HATTINGH 27 April 2021 Advokaat Celliers het aan die hof verklaar dat die boere nie gewapen was soos vroeër beweer nie, en hul het ook nie koeëlvaste baadjies aangehad nie. Die bewerings was dus onfeitlik. Die omstrede Pampoenkraal Plaas hofsaak is gister (Maandag, 26 April) weer hervat in Mkhondo, onder streng waak van die SAPS. Vier boere, Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Yende (48), die plaas sekuriteitswag, het voor die hof verskyn. Die vier boere staan tereg op aanklagte van moord en ontvoering. Die vyf verdagtes in die saak het die banke hervat nadat die staatsaanklaer en advokate die verklarings spoedig deurgewerk het. As bewyse het die advokate, regter, staatsaanklaer en staatsgetuie besluit om beeldmateriaal te hersien van geslote kringtelevisiekameras op die plaas. Nadat die video hersien is, stel advokaat Japie Cilliers verskeie vrae aan die hof. Die beeldmateriaal wys dat daar op 9 April, omstreeks 10:30, vier persone op die Pampoenkraal opgedaag. Dié was skynbaar gewapen met stokke van ongeveer 1 meter lank, en het dadelik die skuur binnegegaan, waar agt plaaswerkers besig was. Binne sekondes nadat die mans die skuur ingegaan het, het die werkers hul besittings geneem en die skuur verlaat. Die vier mans het in ‘n teenoorgestelde rigting as die werkers weggeloop. Die vier mans was vergesel deur ‘n vrou, wat ook ‘n stok in die hand gehad het. Mnr. Greyling het daarna opgedaag met tien werkers agter op sy bakkie. Een van die Coka broers was een van die werkers agter op die bakkie. Op die kringtelevisiekameras word opgemerk dat ‘n wit sedan minute later op die plaas opgedaag. Die ander Coka broer was die bestuurder, en het dadelik sy hemp uitgetrek toe hy uit die voertuig klim. Op hierdie stadium was die atmosfeer nog rustig op die plaas. Drie ander mans het op die plaas opgedaag in ‘n Toyota bakkie, en het uit die voertuig geklim. Een van die Coka broers het vanaf die hek aangehardloop gekom, en sy broer gekonfronteer. Die rusie het vir etlike minute geduur. Die een broer het die ander van die plaas af probeer wegstoot. Advokaat Celliers het aan die hof verklaar dat die boere nie gewapen was soos vroeër beweer nie, en hul het ook nie koeëlvaste baadjies aangehad nie. Die bewerings was dus onfeitlik. Die beeldmateriaal bewys dat die boere tot hede rustig en kalm verkeer het. Die vyf verdagtes doen tans aansoek vir borgtog. Bittereinders is gestig deur Devon Hofmeyr saam met sy ander lede, Justin Behr en Francois van der Merwe, wat dit goed gedink het om die SAPD, die boere, die gemeenskap asook die verdagtes te ondersteun in hul tyd van nood. Die Bittereinders se missie vir die dag was om hulp te verleen waar dit nodig was, en om die inwoners en die dorp te kom help met beveiliging. Die Bittereinders het diegene wat opgedaag en hul onderstening getoon het bedank as volg: “As jy nie opgedaag het nie, kry liewer ‘n ander chat groepie vir die passiewes en deel jou screenshots daarop. ‘N Ware Bittereinder se ja bly sy ja, en nee sy nee. Dankie aan al julle wat opgedaag het. Julle het my respek, en ek sal altyd daar wees vir julle! Dankie aan oom Harry vir die oproep om verskoning te maak, en dankie aan Sue van die Tribune. Bittereinders SAL die verskil in Suid Afrika wees. Besluit jy of jy ‘n aktiewe bydrae wil maak, en of jy ‘n “keyboard warrior” wil wees. Ek groet julle wat nou die groep gaan verlaat.” Die saak is uitgestel na 28 April 2021, en geen borgtog is toegestaan nie. < Previous Article Next Article >

  • Rus sag, Ria | tribune-newspaper

    Rus sag, Ria 1/2 Share SH HATTINGH 12 January 2021 Sy was 57 jaar woonagtig in Ermelo. Ria gaan baie gemis word deur haar vriende, asook in die gemeenskap. Ria Fourie, ‘n bekende in die gemeenskap, is op 12 Januarie 2021 oorlede. Sy was 57 jaar woonagtig in Ermelo. Ria gaan baie gemis word deur haar vriende, asook in die gemeenskap. Sy word oorleef deur 2 seuns, 6 kleinkinders asook agterklein kinders. “Rus sag by Liewe Jesus se voete, moeder.” < Previous Article Next Article >

  • Manhunt for escaped duo launched by SAPS

    Manhunt for escaped duo launched by SAPS Manhunt for escaped duo launched by SAPS 1/1 Share GK CRONJE 27 January 2021 An internal investigation, that will look into how these suspects escaped, is underway. A vigorous manhunt has been launched by police in Mpumalanga following an incident where two dangerous suspects escaped from lawful custody earlier today, Tuesday 26 January 2021. The suspects are 24-year-old Sabelo Nkosi, and Njabulo Nsibande aged 27. The duo are said to have escaped at Gert Sibande District near Ermelo Correctional Centre. They were being transported from Breyten Magistrate's Court to the Correctional facility. Nkosi and Nsibande were initially arrested after they reportedly committed various offences in December 2016. These offences include murder, attempted murder, two counts of rape as well as two counts of robbery with aggravating circumstances and were both on trial for the said charges. The escapees appeared before the Mpumalanga Division of the High Court which was sitting at Breyten on Monday, 25 January 2021. Police urge members of the public including families of the suspects, to assist with information that may lead to their re-arrest. Anyone with information on their whereabouts is urged to contact Detective Sergeant Mmabatho Mafate on 072 610 5768 from Ermelo Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit (FCS) or call the Crime Stop number on 08600 10111. Alternatively members of the public can send information via MY SAPS APP which can be downloaded to any smartphone. All information will be treated as confidential and callers may opt to remain anonymous. An internal investigation, that will look into how these suspects escaped, is underway. < Previous Article Next Article >

  • Cecilia het steeds jou hulp nodig | tribune-newspaper

    Cecilia het steeds jou hulp nodig Op die foto verskyn Nicoline, Ralph en Kyle Griffiths van die Ermelo Rotary Club saam met Lynette Hattingh van die Tribune en Cecilia voor in haar rolstoel. Alhoewel die foto’s van ‘n skokkende aard is, wil die betrokke partye graag die erns van die situasie oordra aan inwoners en besighede wat sou belang stel om bydraes te maak. Alhoewel die foto’s van ‘n skokkende aard is, wil die betrokke partye graag die erns van die situasie oordra aan inwoners en besighede wat sou belang stel om bydraes te maak. Op die foto verskyn Nicoline, Ralph en Kyle Griffiths van die Ermelo Rotary Club saam met Lynette Hattingh van die Tribune en Cecilia voor in haar rolstoel. 1/3 Share SH HATTINGH 27 October 2020 Haar dokter, sowel as die susters, is baie tevrede met hoe die wonde lyk. Cecilia gaan wel in November veloorplantings moet ondergaan, wat ‘n groot bedrag gaan beloop. Cecilia Earle, ‘n jarelange inwoner van Ermelo, was op Donderdag, 8 Oktober 2020 betrokke in ‘n tref en trap ongeluk met ‘n swaar motorvoertuig. Cecilia sterk baie goed by haar suster aan. Sy besoek haar dokter elke tweede dag, waar al haar wonde skoon gemaak en behandel word. Haar dokter, sowel as die susters, is baie tevrede met hoe die wonde lyk. Cecilia gaan wel in November veloorplantings moet ondergaan, wat ‘n groot bedrag gaan beloop. Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds om te help met al die mediese onkostes nie. Die gemeenskap word versoek om hul harte oop te maak, en by te dra waar hulle kan. Nicoline Griffiths, wat die President van die Ermelo Rotary Club is, saam met Ralph en Kyle het op Donderdag, 22 Oktober, aan Cecilia ‘n rolstoel oorhandig. Baie dankie vir julle hulp. Enige persoon wat meer inligting wil hê is welkom om Sue-Marie by 082 734 0867 te skakel. Die trust fonds is as volg: PWG Prokureurs, Eerste Nasionale Bank, Ermelo, Takkode: 270344. Die tjek-rekeningnommer is 52180048278. Barmhartige samiritane moet asseblief E745/Earle gebruik as verwysing. < Previous Article Next Article >

bottom of page