top of page

Pampoenkraal Plaas kringtelevisiekameras vertel ware verhaal

SM HATTINGH

27 April 2021

Advokaat Celliers het aan die hof verklaar dat die boere nie gewapen was soos vroeër beweer nie, en hul het ook nie koeëlvaste baadjies aangehad nie. Die bewerings was dus onfeitlik.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die omstrede Pampoenkraal Plaas hofsaak is gister (Maandag, 26 April) weer hervat in Mkhondo, onder streng waak van die SAPS. Vier boere, Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Yende (48), die plaas sekuriteitswag, het voor die hof verskyn. Die vier boere staan tereg op aanklagte van moord en ontvoering. Die vyf verdagtes in die saak het die banke hervat nadat die staatsaanklaer en advokate die verklarings spoedig deurgewerk het.

As bewyse het die advokate, regter, staatsaanklaer en staatsgetuie besluit om beeldmateriaal te hersien van geslote kringtelevisiekameras op die plaas. Nadat die video hersien is, stel advokaat Japie Cilliers verskeie vrae aan die hof. Die beeldmateriaal wys dat daar op 9 April, omstreeks 10:30, vier persone op die Pampoenkraal opgedaag. Dié was skynbaar gewapen met stokke van ongeveer 1 meter lank, en het dadelik die skuur binnegegaan, waar agt plaaswerkers besig was. Binne sekondes nadat die mans die skuur ingegaan het, het die werkers hul besittings geneem en die skuur verlaat. Die vier mans het in ‘n teenoorgestelde rigting as die werkers weggeloop. Die vier mans was vergesel deur ‘n vrou, wat ook ‘n stok in die hand gehad het. Mnr. Greyling het daarna opgedaag met tien werkers agter op sy bakkie. Een van die Coka broers was een van die werkers agter op die bakkie. Op die kringtelevisiekameras word opgemerk dat ‘n wit sedan minute later op die plaas opgedaag.

Die ander Coka broer was die bestuurder, en het dadelik sy hemp uitgetrek toe hy uit die voertuig klim. Op hierdie stadium was die atmosfeer nog rustig op die plaas. Drie ander mans het op die plaas opgedaag in ‘n Toyota bakkie, en het uit die voertuig geklim. Een van die Coka broers het vanaf die hek aangehardloop gekom, en sy broer gekonfronteer. Die rusie het vir etlike minute geduur. Die een broer het die ander van die plaas af probeer wegstoot. Advokaat Celliers het aan die hof verklaar dat die boere nie gewapen was soos vroeër beweer nie, en hul het ook nie koeëlvaste baadjies aangehad nie. Die bewerings was dus onfeitlik.

Die beeldmateriaal bewys dat die boere tot hede rustig en kalm verkeer het. Die vyf verdagtes doen tans aansoek vir borgtog. Bittereinders is gestig deur Devon Hofmeyr saam met sy ander lede, Justin Behr en Francois van der Merwe, wat dit goed gedink het om die SAPD, die boere, die gemeenskap asook die verdagtes te ondersteun in hul tyd van nood. Die Bittereinders se missie vir die dag was om hulp te verleen waar dit nodig was, en om die inwoners en die dorp te kom help met beveiliging.

Die Bittereinders het diegene wat opgedaag en hul onderstening getoon het bedank as volg: “As jy nie opgedaag het nie, kry liewer ‘n ander chat groepie vir die passiewes en deel jou screenshots daarop. ‘N Ware Bittereinder se ja bly sy ja, en nee sy nee. Dankie aan al julle wat opgedaag het. Julle het my respek, en ek sal altyd daar wees vir julle! Dankie aan oom Harry vir die oproep om verskoning te maak, en dankie aan Sue van die Tribune. Bittereinders SAL die verskil in Suid Afrika wees. Besluit jy of jy ‘n aktiewe bydrae wil maak, en of jy ‘n “keyboard warrior” wil wees. Ek groet julle wat nou die groep gaan verlaat.”

Die saak is uitgestel na 28 April 2021, en geen borgtog is toegestaan nie.

bottom of page