top of page

Jaun, jou stem is stil

SM HATTINGH

29 June 2021

Die familie wil ook die gemeenskap bedank vir hulle hulp tydens Jaun se siekbed, vir al die boodskappies, oproepe, vinnige kuiers by die huis, die fondsinsameling, asook die lede wat verstellings by die huis gedoen het om alles vir Jaun te vergemaklik.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Jaun Walker, (53) gebore op 8 Januarie 1968, is op Woensdag, 23 Mei 2021, in Ermelo Provinsiale Hospitaal skielik oorlede na 'n lang tydperk van struikel met sy gesondheid. Jaun het gematrikuleer by Ligbron Akademie vir Tegnologie, en was daarna sy lewe lank in Ermelo werksaam in die tweedehandse voertuie sektor. Sy dogter, Jauné Walker, dra graag die volgende gedig aan hom op: “Pa, daar breek branders in my. Groter as jou hande om die stories van die Sondag koerant gevou. En daar waai 'n koue deur my. Sterker as die winde soggens op Haroldsbaai se strand. Ek mis die son en hoe trots hy op jou kon skyn, en jou hart wat afdrukke gelos het op alles waaraan hy raak. Dankie vir die voorreg om jou as gedagte te kan saamdra, en jou lewendig in my hart te kan hou. Pappa dit voel nog onwerklik. Alles herhinner my aan Pappa. 'n Liedjie, 'n reuk, 'n sê-ding. Ek mis daai gou-gou oproepe en vinnige inloer. Pappa het my alles geleer, behalwe hoe om sonder pappa te lewe. Ek weet almal sê met tyd raak dit beter, maar ek mis pappa. Pappa is vir altyd in my hart, en ek sal altyd lief wees vir pappa. Dankie vir alles wat pappa vir my gedoen het.”

“Jaun, almal se harte is baie seer, maar ons weet jy is op 'n beter plek. Ons gaan jou baie mis. Rus sag by Jesus se voete, ons is jaloers. Dit is nie totsiens nie, dit is tot ons jou weer sien.” Jaun laat sy dogter, Jauné Walker, sy suster, Daleen van Rensburg en haar twee kinders, sy oorlede sussie se twee kinders, Danie en Lindie, en hulle vier kindertjies agter.

Die familie wil ook die gemeenskap bedank vir hulle hulp tydens Jaun se siekbed, vir al die boodskappies, oproepe, vinnige kuiers by die huis, die fondsinsameling, asook die lede wat verstellings by die huis gedoen het om alles vir Jaun te vergemaklik. Dankie ook aan al die personeel en dokters by die Ermelo Provinsiale Hospitaal wat so mooi na hom omgesien het.

bottom of page