top of page

1614 items found for ""

  • Drian, jou glimlag word reeds gemis

    Drian, jou glimlag word reeds gemis 1/1 Share SM HATTINGH 16 November 2021 Drian word oorleef deur sy vrou, Charlene, en hul drie kinders, Wian (14), Luan (12) en Mieke (7). Drian Odendaal (40) ‘n welbekende plaasboer in die omgewing is op Vrydag, 12 November, oorlede in ‘n motor ongeluk. Drian het altyd in die dorp gery met sy wit Toyota Land Cruiser, met die grootste glimlag op sy gesig, en het altyd almal vriendelik gegroet. Hy het tyd afgestaan om saam te kan gesels, was baie lief vir die viswaters, en het dit vreeslik geniet om te jag. Hy was ‘n regte braai meester, en het genot daaruit geput om saam met sy vriende te kuier en ‘n paar grappies te vertel. Drian word oorleef deur sy vrou, Charlene, en hul drie kinders, Wian (14), Luan (12) en Mieke (7). Charlene wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hul liefde en omgee in die moeilike tyd, en ook vir elke SMS en oproep wat sy ontvang het van die gemeenskap af. “Drian, jy gaan baie gemis word in die omgewing. Rus sag by Liewe Jesus se voete.” < Previous Article Next Article >

  • President’s Air Trophy touches down at Ermelo Airfield

    President’s Air Trophy touches down at Ermelo Airfield 1/5 Share GK CRONJE 25 May 2021 The PTAR - Presidents Trophy Air Race, is the most historically elite, internationally recognized prestigious air race in the world. Excitement and joy filled both pilots and spectators, who partook in the event hosted at Ermelo Airfield from 20-22 May. Aircraftof all shapes and sizes landed at the airport strip, while onlookers stared in amazement. The planes were then parked and shown off, where spectators could view and photograph these beautiful inventions. The PTAR - Presidents Trophy Air Race, is the most historically elite, internationally recognized prestigious air race in the world. If you’re interested in competing in future events, you may visit www.safpa.co.za . You may also view more photos and videos of the event on our Facebook page, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >

  • Ligbron groet ‘n legendendariese onderwyseres

    Ligbron groet ‘n legendendariese onderwyseres 1/2 Share SH HATTINGH 6 April 2021 "Miss Aucamp will be sorely missed by her family, friends and the Liggie community." “Juffrou Ilze Aucamp het nie net reuse spore getrap in die Afrikaanse klas nie, maar ook op die atletiek- en hokkievelde van Ligbron. Hier het sy die ekstra myl met haar leerders en spelers geloop, en hulle baie meer geleer as net vakinhoud of vaardighede. Getrou aan haar aard wou sy, tot op die laaste, ‘nog net ‘n week’ in haar klas staan en met kinders werk. Die Liggies was bevoorreg om haar as ‘n kollega, vriendin, mentor, onderwyser en afrigter te kon ken. It is with deep sadness that we share the news that our dear friend and colleague, Miss. Ilze Aucamp, passed away due to cancer. Miss Aucamp will be sorely missed by her family, friends and the Liggie community. Our deepest condolences to her family and loved ones.” < Previous Article Next Article >

  • Ermeloërs geniet Signs To See opening

    Ermeloërs geniet Signs To See opening 1/1 Share SM HATTINGH 1 February 2022 Signs To See is al 21 jaar in die bedryf. Vrydag, 28 Januarie 2022, was ‘n groot sukses vir die opening van Signs To See. Signs To See is al 21 jaar in die bedryf. Koos Olivier, eienaar van Signs To See, het dit goed gedink om almal te nooi om die opening van hul besigheid in hul nuwe perseel saam met hom en sy personeel te kom geniet. Daar was heerlik saam gekuier en gedans, en natuurlik was daar heerlike kerrie met vars gemaakte “Naan”. Pieter Marcato het die mense op hulle voete gehou met al sy liedjies. Mac Rapapali van Jakaranda het ook kom inloer en seker gemaak die mense se voete bly op die dansvloer. Heinrich Olwage, wat in die TV reeks, Ram vir ‘n Rus gespeel het, het ook kom oë wys en lekker saam gekuier. Koos en sy span wil graag die gemeenskap bedank vir hulle getroue ondersteuning, en hy sien uit om nog baie jare saam ‘n pad saam te kan stap. < Previous Article Next Article >

  • Arson is a crime, and may land you in prison

    Arson is a crime, and may land you in prison Arson is a crime, and may land you in prison 1/1 Share GK CRONJE 4 May 2021 The imprisonment term for a convicted crime relating to arson could be set up to seven years or more, and a fine of up to R250 000, and four years of probation. The crime of arson is committed in a number of different ways in the South African context. However, what is common to all incidences of the crime is that it causes danger to property, wildlife and persons. Although the act of arson is classified as a crime against property, the crime also endangers the community. Arson is the act whereby a person sets the fire, or intends to start a fire, knowing that the fire will destroy something. The majority of arson crimes are classified as intentional, wilfully and maliciously. This means that the arsonist has the intent to cause damage upon starting the fire. It does not require targeted property to be damaged by the fire, and liability can attach even though the “wrong” property caught fire. Though the act typically involves buildings, the term arson can also refer to the intentional burning of fields, dry grass and leaves, which is a common sight in Ermelo. The crime is typically classified as a felony, with instances involving a greater degree of risk to human life or property carrying a stricter penalty. The imprisonment term for a convicted crime relating to arson could be set up to seven years or more, and a fine of up to R250 000, and four years of probation. If you see a suspected arsonist in your ward or area, please contact ACSU, the SAPS or your neighborhood watch, such as SACCW, immediately. Where possible, obtain photographs or video footage of the suspect in the act, as this will make conviction of the felon easier. < Previous Article Next Article >

  • Party hard, crash harder

    Party hard, crash harder Party hard, crash harder 1/1 Share GK CRONJE 18 May 2021 The Tribune ePaper received information from the SAPS that no incident has been reported, and no case opened. On Saturday, 15 May, a collision took place between a BMW and Volkswagen at a local watering hole in Oosthuise Street. After a rough night, the driver of the BMW, allegedly driving under the influence of alcohol, smashed into the Volkswagen. According to reports, the driver of the BMW subsequently attempted to flee the scene of the accident, but his vehicle wasn’t up to the task. No serious injuries were reported. All City Towing Service was on scene in a flash, and assisted the drivers, accompanied by the relevant emergency services. The Tribune ePaper received information from the SAPS that no incident has been reported, and no case opened. < Previous Article Next Article >

  • ‘n Ongeluk is nie altyd net ‘n ongeluk nie

    ‘n Ongeluk is nie altyd net ‘n ongeluk nie ‘n Ongeluk is nie altyd net ‘n ongeluk nie 1/4 Share SH HATTINGH 15 September 2020 Die bestuurder van ‘n Nissan NP300 bakkie is ernstig beseer en die passasier, 'n man van ongeveer 30 jaar oud, is oorlede na 'n botsing tussen dié bakkie en 'n Kia 1 ton trokkie. Die bestuurder van die Kia is nie beseer nie. Ermelo SAPD ondersoek tans 'n klag van strafbare manslag. Die afgelope week was weer ‘n baie besige week vir die noodspanne. Daar het verskeie botsings op verskillende paaie plasgevind. Die meeste van die ongelukke was bloot gewees oor voertuig bestuurders nie genoeg rus in kry nie, en dan beheer verloor oor die voertuie. Die ander botsings wat op die N2, Piet Retief pad plaasgevind het was weens die verkeersligte wat nie werksaam was nie, en mense bloot nie dood stop by die verkeerslig nie. Op Donderdag, 10 September, ongeveer 10:30 het ‘n paartjie hul besigheid gaan doen by die munisipaliteit. Tydens hulle terugkeer na hul voertuig het hul gesien dat daar mense by hulle voertuig is wat hulle spaarband van die bakkie afhaal. Die paartjie het in hulle bakkie gespring, en die twee voertuie wat saam werk, ‘n Peugot bussie en ‘n Volkswagen Caddy, wat beide GP registrasie nommers het, agterna gesit. Die Peugot bussie het tot stilstand gekom waar hy teen twee ander voertuie vas gejaag het. Die Caddy het later gestop, waar die verdagtes probeer weg hardloop het, maar nie daarin kon slaag nie. Die bestuurder en insittende van die Peugot bussie het weg gehardloop. Twee van die vier verdagtes is gearresteer deur die plaaslike SAPD. Op Vrydag, 11 September, ongeveer 22:00, het ‘n botsing in Border Straat plaasgevind. Die bestuurder van ‘n Nissan NP300 bakkie is ernstig beseer en die passasier, 'n man van ongeveer 30 jaar oud, is oorlede na 'n botsing tussen dié bakkie en 'n Kia 1 ton trokkie. Die bestuurder van die Kia is nie beseer nie. Ermelo SAPD ondersoek tans 'n klag van strafbare manslag. < Previous Article Next Article >

  • Sonja, ons mis jou alreeds

    Sonja, ons mis jou alreeds 1/1 Share SM HATTINGH 29 June 2021 Sy kry ‘n stil verassing, en daar sal ongelukkig nie n diens vir haar gehou word nie, weens die COVID-19 beperkings en regulasies. “Ma, almal se harte is baie seer, maar ons weet jy is op 'n beter plek. Sonja Van Niekerk, (64) gebore op 4 Maart 1957, is op Woensdag, 23 Junie 2021 in Trichardt Privaat Hospitaal skielik oorlede na 'n geruime tydperk van sukkel met haar gesondheid. Sonja het gematrikuleer by Hoërskool Ermelo, en was amper haar lewe lank in Ermelo. Sy was bekend vir haar smul-lekker etes by Sonja's Kontrei Kos. Sy het egter in 2014 besluit om af te tree weens haar gesondheid. Haar seuns, Theuns en Gerhard Van Niekerk, bedank die vriende en familie vir al die ondersteunende boodskappe en oproepe die afgelope tyd. Sy kry ‘n stil verassing, en daar sal ongelukkig nie n diens vir haar gehou word nie, weens die COVID-19 beperkings en regulasies. “Ma, almal se harte is baie seer, maar ons weet jy is op 'n beter plek. Ons gaan jou baie mis. Rus sag by Jesus se voete, ons is jaloers. Dit is nie totsiens nie, dit is tot ons jou weer sien.” < Previous Article Next Article >

  • Geen gesag aan verskeersreëls

    Geen gesag aan verskeersreëls Geen gesag aan verskeersreëls 1/4 Share SH HATTINGH 1 September 2020 Verskeie bestuurders het doodluiters nie die verkeersreëls gehoorsaam nie, en kanse gevat het. Nooddienste het geskarrel van een toneel na die ander. Nooddienste het die afgelope week harde bene gekou met verskeie botsings wat plaasgevind het. Telkens het botsings plaasgevind waar die bestuurders doodluiters nie die verkeersreëls gehoorsaam nie, en kanse gevat het. Die SAPD, asook die verkeersdepartement, wil ‘n versoek rig aan die gemeenskap om altyd die verkeersreëls te gehoorsaam. < Previous Article Next Article >

  • Morsjors, tel op jou papiere!

    Morsjors, tel op jou papiere! 1/1 Share GK CRONJE 20 April 2021 Gedurende verlede week het die Tribune ePaper ‘n klagte ontvang van ‘n inwoner, wat werkers van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) op heter daad betrap het terwyl hul rommel stort net buite die Ermelo Vliegveld. Gedurende verlede week het die Tribune ePaper ‘n klagte ontvang van ‘n inwoner, wat werkers van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) op heter daad betrap het terwyl hul rommel stort net buite die Ermelo Vliegveld. Ironies genoeg preek die munisipale leiers aanhoudend vir lede van die gemeenskap oor onwettige rommel storting, maar word dan betrap as deel van die groeiende probleem. Die Tribune ePaper het ‘n navraag gestuur aan die munisipale verteenwoordiger rakende die kwessie, en wat se stappe geneem gaan word teen die skuldiges. Teen tye van publikasie, was daar geen terugvoer ontvang vanaf MLM nie. < Previous Article Next Article >

  • "Ons Hero", ons mis jou klaar

    "Ons Hero", ons mis jou klaar 1/1 Share SM HATTINGH 17 August 2021 Christa het vir hom inspireerende woorde en gebedjies by sy bed gaan plak terwyl hy in die hospitaal was, waar hy vir haar gesê het, wanneer hy wakker word het hy dit oor en oor gelees en hy het geglo in elke woord wat daarop staan. Werner Moller (47) ‘n welbekende in Ermelo, is op 11 Augustus 2021 oorlede. Werner was die mees vriendlikste mens wat enige persoon kon tee kom, het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad, en sy hand was permanent in die lug soos wat hy altyd almal gegroet het. Werner was vreeslik lief vir sy vrou, Christa en drie dogters, Wiané (16), Megan (13) en Natasha (11). Werner was ‘n groot familie mens, daar was niks in die lewe wat hom gelukkiger kon maak as om tyd saam met sy gesin te kon spandeer nie. Hy was baie lief vir die bosveld en die see, dit was vir hulle baie spesiale plekke gewees. Christa vertel aan die Tribune ePaper, toe hy nog in die hospitaal was, het hy aan haar gesê, “Ek is so lief vir jou en vir ons kindertjies, ek sal baklei, ek is te lief vir jou om jou te verloor.” Werner was bitter baie lief vir sy drie dogters, en sou alles in sy vermoeë gedoen het om vir sy kinders te gee wat hulle graag wil hê. Sy familie beskryf hom as ‘n passievolle mens, ‘n gesinsman wat alles vir sy vrou en kinders gedoen het en die mees ordentlikste man wat hulle geken het, hy was ‘n regte “gentleman” gewees. Godsdiens het ‘n baie groot rol in die familie gespeel, hulle het elke oggend en elke aand saam uit die Bybel gelees en saam gebid. Christa het vir hom inspireerende woorde en gebedjies by sy bed gaan plak terwyl hy in die hospitaal was, waar hy vir haar gesê het, wanneer hy wakker word het hy dit oor en oor gelees en hy het geglo in elke woord wat daarop staan. Christa het vir hom ook in die hospitaal gesê ‘Jy is my Hero, jy is so sterk en jy hou aan veg’, waar sy vir hom ook gesing het met die woorde van “Jy is my Superman, Batman, Ironman” waar hy net vir haar geglimlag het. Werner word oorleef deur sy ma, 2 boeties, sussie, stiefpa en skoonma. Die familie wil graag vir Laerskool JJ van der Merwe se personeel, Ligbron Akademie vir Tegnologie se personeel, Willie van MFG, Dr. Botha, Dr. Collis, die personeel van Medi-Kliniek Ermelo, en vir elke persoon wat ‘n boodskap gestuur het, ‘n oproep, blomme en kos gebring het, bedank vir hul omgee en liefde. Christa wil graag vir Hettie Britz uitsonder, en haar bedank vir alles wat sy gedoen en gereël het. “Hettie jy is werklik ‘n steunpillaar en ‘n staatmaker. Jy het al die reëlings getref nog voordat ek dit kon doen, het jy reeds alles gedoen, bitter baie dankie. Op Vrydag, 20 Augustus 2021, sal daar ‘n rou-diens wees vanuit die NG De Bruin Park kerk. “Rus in vrede Werner, jy word alreeds in die gemeenskap gemis.” < Previous Article Next Article >

  • ‘n Legende lê sy voorskoot neer

    ‘n Legende lê sy voorskoot neer Wyle André van Staden. Wyle André van Staden. 1/1 Share SH HATTINGH 2 Junie 2020 André wat baie lief was vir kos maak, saam met sy vriende te kuier en ook nuwe mense te ontmoet, gaan baie gemis word in die gemeenskap. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad, en het gereed gestaan om vinnig ietsie te drink, en om ‘n geselsie aan te knoop. André van Staden, ‘n baie bekende in Ermelo, is onlangs skielik oorlede. André wat baie lief was vir kos maak, saam met sy vriende te kuier en ook nuwe mense te ontmoet, gaan baie gemis word in die gemeenskap. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad, en het gereed gestaan om vinnig ietsie te drink, en om ‘n geselsie aan te knoop. Hy het gelewe om vir mense kos te maak, en hy het seker gemaak dat hy altyd iets nuuts probeer. André gaan baie gemis word in die gemeenskap, en laat ‘n reuse leemte. Hy word oorleef deur sy moeder, Kyle, sy personeel by Makou, asook al sy vriende en vriendinne van die gemeenskap. “Rus sag André, ons mis jou reeds baie.” < Previous Article Next Article >

bottom of page