"Ons Hero", ons mis jou klaar

press to zoom

press to zoom
1/1

SM HATTINGH

17 August 2021

Christa het vir hom inspireerende woorde en gebedjies by sy bed gaan plak terwyl hy in die hospitaal was, waar hy vir haar gesê het, wanneer hy wakker word het hy dit oor en oor gelees en hy het geglo in elke woord wat daarop staan.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Werner Moller (47) ‘n welbekende in Ermelo, is op 11 Augustus 2021 oorlede. Werner was die mees vriendlikste mens wat enige persoon kon tee kom, het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad, en sy hand was permanent in die lug soos wat hy altyd almal gegroet het. Werner was vreeslik lief vir sy vrou, Christa en drie dogters, Wiané (16), Megan (13) en Natasha (11). Werner was ‘n groot familie mens, daar was niks in die lewe wat hom gelukkiger kon maak as om tyd saam met sy gesin te kon spandeer nie. Hy was baie lief vir die bosveld en die see, dit was vir hulle baie spesiale plekke gewees. Christa vertel aan die Tribune ePaper, toe hy nog in die hospitaal was, het hy aan haar gesê, “Ek is so lief vir jou en vir ons kindertjies, ek sal baklei, ek is te lief vir jou om jou te verloor.”

Werner was bitter baie lief vir sy drie dogters, en sou alles in sy vermoeë gedoen het om vir sy kinders te gee wat hulle graag wil hê. Sy familie beskryf hom as ‘n passievolle mens, ‘n gesinsman wat alles vir sy vrou en kinders gedoen het en die mees ordentlikste man wat hulle geken het, hy was ‘n regte “gentleman” gewees. Godsdiens het ‘n baie groot rol in die familie gespeel, hulle het elke oggend en elke aand saam uit die Bybel gelees en saam gebid. Christa het vir hom inspireerende woorde en gebedjies by sy bed gaan plak terwyl hy in die hospitaal was, waar hy vir haar gesê het, wanneer hy wakker word het hy dit oor en oor gelees en hy het geglo in elke woord wat daarop staan. Christa het vir hom ook in die hospitaal gesê ‘Jy is my Hero, jy is so sterk en jy hou aan veg’, waar sy vir hom ook gesing het met die woorde van “Jy is my Superman, Batman, Ironman” waar hy net vir haar geglimlag het. Werner word oorleef deur sy ma, 2 boeties, sussie, stiefpa en skoonma. Die familie wil graag vir Laerskool JJ van der Merwe se personeel, Ligbron Akademie vir Tegnologie se personeel, Willie van MFG, Dr. Botha, Dr. Collis, die personeel van Medi-Kliniek Ermelo, en vir elke persoon wat ‘n boodskap gestuur het, ‘n oproep, blomme en kos gebring het, bedank vir hul omgee en liefde. Christa wil graag vir Hettie Britz uitsonder, en haar bedank vir alles wat sy gedoen en gereël het.

“Hettie jy is werklik ‘n steunpillaar en ‘n staatmaker. Jy het al die reëlings getref nog voordat ek dit kon doen, het jy reeds alles gedoen, bitter baie dankie. Op Vrydag, 20 Augustus 2021, sal daar ‘n rou-diens wees vanuit die NG De Bruin Park kerk. “Rus in vrede Werner, jy word alreeds in die gemeenskap gemis.”