Sonja, ons mis jou alreeds

1/1

SM HATTINGH

29 June 2021

Sy kry ‘n stil verassing, en daar sal ongelukkig nie n diens vir haar gehou word nie, weens die COVID-19 beperkings en regulasies. “Ma, almal se harte is baie seer, maar ons weet jy is op 'n beter plek.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Sonja Van Niekerk, (64) gebore op 4 Maart 1957, is op Woensdag, 23 Junie 2021 in Trichardt Privaat Hospitaal skielik oorlede na 'n geruime tydperk van sukkel met haar gesondheid. Sonja het gematrikuleer by Hoërskool Ermelo, en was amper haar lewe lank in Ermelo. Sy was bekend vir haar smul-lekker etes by Sonja's Kontrei Kos. Sy het egter in 2014 besluit om af te tree weens haar gesondheid. Haar seuns, Theuns en Gerhard Van Niekerk, bedank die vriende en familie vir al die ondersteunende boodskappe en oproepe die afgelope tyd.

Sy kry ‘n stil verassing, en daar sal ongelukkig nie n diens vir haar gehou word nie, weens die COVID-19 beperkings en regulasies. “Ma, almal se harte is baie seer, maar ons weet jy is op 'n beter plek. Ons gaan jou baie mis. Rus sag by Jesus se voete, ons is jaloers. Dit is nie totsiens nie, dit is tot ons jou weer sien.”