‘n Ongeluk is nie altyd net ‘n ongeluk nie

‘n Ongeluk is nie altyd net ‘n ongeluk nie

1/4

SH HATTINGH

15 September 2020

Die bestuurder van ‘n Nissan NP300 bakkie is ernstig beseer en die passasier, 'n man van ongeveer 30 jaar oud, is oorlede na 'n botsing tussen dié bakkie en 'n Kia 1 ton trokkie. Die bestuurder van die Kia is nie beseer nie. Ermelo SAPD ondersoek tans 'n klag van strafbare manslag.

Die afgelope week was weer ‘n baie besige week vir die noodspanne. Daar het verskeie botsings op verskillende paaie plasgevind. Die meeste van die ongelukke was bloot gewees oor voertuig bestuurders nie genoeg rus in kry nie, en dan beheer verloor oor die voertuie. Die ander botsings wat op die N2, Piet Retief pad plaasgevind het was weens die verkeersligte wat nie werksaam was nie, en mense bloot nie dood stop by die verkeerslig nie.

Op Donderdag, 10 September, ongeveer 10:30 het ‘n paartjie hul besigheid gaan doen by die munisipaliteit. Tydens hulle terugkeer na hul voertuig het hul gesien dat daar mense by hulle voertuig is wat hulle spaarband van die bakkie afhaal. Die paartjie het in hulle bakkie gespring, en die twee voertuie wat saam werk, ‘n Peugot bussie en ‘n Volkswagen Caddy, wat beide GP registrasie nommers het, agterna gesit. Die Peugot bussie het tot stilstand gekom waar hy teen twee ander voertuie vas gejaag het. Die Caddy het later gestop, waar die verdagtes probeer weg hardloop het, maar nie daarin kon slaag nie. Die bestuurder en insittende van die Peugot bussie het weg gehardloop. Twee van die vier verdagtes is gearresteer deur die plaaslike SAPD.

Op Vrydag, 11 September, ongeveer 22:00, het ‘n botsing in Border Straat plaasgevind. Die bestuurder van ‘n Nissan NP300 bakkie is ernstig beseer en die passasier, 'n man van ongeveer 30 jaar oud, is oorlede na 'n botsing tussen dié bakkie en 'n Kia 1 ton trokkie. Die bestuurder van die Kia is nie beseer nie. Ermelo SAPD ondersoek tans 'n klag van strafbare manslag.

COPYRIGHT 2020 | ALL RIGHTS RESERVED