top of page

1614 items found for ""

  • Ermeloërs maak hul harte oop

    Ermeloërs maak hul harte oop 1/1 Share SH HATTINGH 7 Julie 2020 Die gemeenskap van Ermelo het dit goed gedink om oor ‘n verlengde tydperk al die insamelings te doen vir die minder bevoorregte mense. Daar is verskeie ouderdomme inwoners, van klein kindertjies wat mens aanstaar met honger ogies, tot ouer mense wat nie weet hoe om vir hulle kinders te verduidelik dat daar nie kos of geld is nie. Nou dat ons in die hart van die winter is, is daar mense wat nie eers warm klere of komberse het nie. Die Ermelo gemeenskap het op Saterdag, 27 Junie, hul harte opgemaak deur vir minder bevoorregte mense kos-, klere- asook kospakkies te gaan aflewer. Die gemeenskap van Ermelo het dit goed gedink om oor ‘n verlengde tydperk al die insamelings te doen vir die minder bevoorregte mense. Daar is verskeie ouderdomme inwoners, van klein kindertjies wat mens aanstaar met honger ogies, tot ouer mense wat nie weet hoe om vir hulle kinders te verduidelik dat daar nie kos of geld is nie. Nou dat ons in die hart van die winter is, is daar mense wat nie eers warm klere of komberse het nie. Die projek is onlangs geloots om hierdie mense se behoeftes te bevredig. Die organiseerders van die projek, saam met die MOTHS Klub, wil graag almal bedank wat ‘n helpende hand bygevoeg het met die insameling van die projek. Op die foto verskyn lede van die MOTH klub. asook die bestuur van Mashala Myn, tydens die laai van al die nie bederfbare produkte en klere wat aan die minder bevoorregte mense oorhandig is, (v.l.n.r) WP Fick, Sarel Coetzer, Fritz Olmesdahl, Hendré Pieterse ( Mashala Myn), Gerrie Oosthuizen, Kurt Herman (Mashala Myn), Steve Murray, Hans de Wet, Johan Venter en Theuns Pieterse (Mashala Myn). < Previous Article Next Article >

  • Rus sag, Ria

    Rus sag, Ria 1/2 Share SH HATTINGH 12 January 2021 Sy was 57 jaar woonagtig in Ermelo. Ria gaan baie gemis word deur haar vriende, asook in die gemeenskap. Ria Fourie, ‘n bekende in die gemeenskap, is op 12 Januarie 2021 oorlede. Sy was 57 jaar woonagtig in Ermelo. Ria gaan baie gemis word deur haar vriende, asook in die gemeenskap. Sy word oorleef deur 2 seuns, 6 kleinkinders asook agterklein kinders. “Rus sag by Liewe Jesus se voete, moeder.” < Previous Article Next Article >

  • Nóg ‘n historiese baken in sak en as

    Nóg ‘n historiese baken in sak en as 1/7 Share GK CRONJE 3 August 2021 MLM het in 2019 beweer dat hul sou opknappings doen aan die gronde, sowel as die heining, wat op plekke platgetrek was deur kwaaddoeners. Niks het egter van dit gekom nie. Met swaar harte kyk Ermelo se inwoners hoe Ermelo se infrastruktuur en geboue stelselmatig verval en inmekaar tuimel, en dikwels in so mate gevandaliseer word dat dit finansieël nie sin sal maak om die strukture en geboue te herstel nie. Vanaf die swembad tot die ou biblioteek, onder andere, gaan die geskiedenis van Ermelo en die stigters lede, stukkie vir stukkie, jaar tot jaar, tot niet. Gepaard met die absulute finansiële wanbestuur vanaf Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM), is daar bykans geen hoop vir die toekoms van Ermelo, tensy daar drastiese stappe geneem word nie. Talle klagtes vanaf inwoners wat in die area van AJ Swanpoel Stadion woon is ingedien oor die loop van die afgelope maande, met meeste van die klagtes wat fokus op die kriminele elemente wat hulself tuismaak op die stadion se gronde. Verskeie klagtes lig ook die vandalisme van die geboue, tennisbane en korfbalbane uit. Mandla Zwane, woordvoerder van MLM, het in September 2019 aan die Tribune ePaper gesê dat hul in die begroting voorsiening gemaak het vir die opknapping van die stadion en die gronde, siende dan verskeie sportdae en wedstryde op dié gronde plaasvind. MLM het egter, soos wat verwag was, geen werk gemaak van hul beloftes nie, en die gronde is tans in ‘n aansienlike swakker toestand. MLM het in 2019 beweer dat hul sou opknappings doen aan die gronde, sowel as die heining, wat op plekke platgetrek was deur kwaaddoeners. Niks het egter van dit gekom nie, en die heining om die sportveld het intussen heeltemal verdwyn. MLM het ook beloof om die booswigte wat in die geboue plak en dwelms misbruik en verkoop te ontruim, en die geboue te herstel. Niks het egter ook van dit gekom nie. Inteendeel, tydens ondersoek het die Tribune ePaper opgemerk dat die geboue aan die binnekant gestroop is van alle items van waarde, insluitend kragproppe, venstergrepe, krane, waterpype en meer. Die meerherheid van die geboue is vensters ins gebreek, en die telbord in die tennisklub se gebou is gevandaliseer met kru graffiti. Die gebou se vloere is gesaai met gebruikte kondome en dwelm-apparate, as van vure wat gemaak is, menslike ontlasting en urine, sowel as gebruikte spuitnaalde. In die korfbal gebou het dwelmgebruikers hulself tuisgemaak, en lê in ‘n beswyming op vuil komberse en matrasse. Van die badkamers is afgekamp waar elkeen hul hoekie van die geboue geëis het. Die tennis-en korfbalbane is gestroop van alle wardevolle metaal, en die tennisbane se omheining word op hierdie stadium stuk vir stuk verwyder. Die bloekombome langs die stadion word ook stelselmatig afgekap en opgesaag deur ewekansige inwoners, en die veld word verniel deur die bandspore van inwoners wat met hul voertuie op die veld ry, en sluwe inwoners wat saans gebruik maak van dié veld se stikdonkerte om nabye prostitute te ondersteun. Alhoewel die SAPS, munisipaliteit en ander owerhede bewus is van die onheilighede wat aangaan op die terrein, word daar geen stappe geneem nie. Sien meer foto’s op ons Facebook blad, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >

  • News from ACSU’s office

    News from ACSU’s office News from ACSU’s office 1/2 Share SH HATTINGH 8 September 2020 A delivery driver was threatened by 3 males, one of which was armed, and told they wanted to rob him. The driver managed to get to the safety of ACSU’s client, who in turn pressed the panic button. ACSU escorted the delivery vehicle to all further deliveries, and then safely to Bethal on the N17. 1 September 2020, 01h22 - An alarm was activated at a church in Thusi Village. The reaction team found that a tower on the premises had been vandalized, and all copper wire stolen. A power box belonging to the tower was recovered, and brought to ACSU office for safe keeping. The owner of the tower will be sending the repair team to tend to the damage at tower. 13h16 - A delivery driver was threatened by 3 males, one of which was armed, and told they wanted to rob him. The driver managed to get to the safety of ACSU’s client, who in turn pressed the panic button. ACSU escorted the delivery vehicle to all further deliveries, and then safely to Bethal on the N17. 2 September 2020 - 20h44 - In Wesselton Extension 7, an attempted burglary took place. The reaction team inspected premises, with the client finding that a window had been broken. Suspects were scared off by the alarm. 3 September 2020, 02h34 - A call from a client in Chris De Villiers Street stated that dogs were barking continuously. ACSU’s reaction team accompanied the client through the premises, and found that approximately 30 meters of cable had been stolen from pole in the yard. 03h20 - An attempted burglary was reported in Autumn Ridge. The suspect/s were scared off by the alarm, although the burglar bars were damaged. 4 September 2020, 02h35 - An attempted burglary was reported in Lelie Avenue. The gate was opened manually, a window pane was removed and burglar bars damaged. It was found that a television set was damaged, but not stolen. Suspect left behind a torch. 07h39 - A burglary was reported in Tienie Louw Street, with suspects making off with a television and two laptops. 6 September 2020, 03h26 - A burglary was reported in Autumn Ridge. Suspects made off with a laptop, television and cellular phone. 7 September 2020, 04h44 - A burglary was reported at a store selling sports equipment. One suspect was arrested, and one escaped. All the stolen items were recovered. < Previous Article Next Article >

  • Don’t miss SARS deadline

    Don’t miss SARS deadline 1/1 Share GK CRONJE 16 March 2021 For more details on the submission of payroll data and the online platforms available for submission, employers can visit the PAYE page on the SARS website www.sars.gov.za . The South African Revenue Service (SARS) is calling on employers to prepare data for the annual employers filing season. “SARS calls on employers to ensure that they are ready to submit their annual reconciliation declarations with the latest and most accurate payroll information about their employees and the tax they have deducted,” said the revenue service. The revenue service said it is committed to providing certainty and clarity to all taxpayers and traders regarding their tax and customs obligations so that they can remain compliant and to ensure that transacting with the organization is as simple and easy as possible. At the same time, SARS expects that providers of third-party information from institutions who administer medical aid schemes, retirement annuities and others also provide the latest and accurate information to make it easy for taxpayers who are required to file an income tax return, stated the revenue service. However, the ease and simplicity of transactions with SARS depends on each segment of taxpayers, traders and third parties fulfilling their legal obligations to ensure a seamless service offering by SARS. The data that must be submitted to SARS from employers should cover the monthly employer declarations submitted, payments made and Tax Certificates (IRP5/IT3) as generated, covering the full tax year from 1 March to 28 February. Information submitted by third parties should cover the same tax period. “From the side of employers, their payroll data is of vital importance to SARS. Firstly, it gives a reconciled account of what amounts of tax the employer deducted from the taxable remuneration of each of its employees. Secondly, it shows what amount of tax the employer has paid to SARS on behalf of the employee. It also records other allowances that an employer pays to an employee as part of their remuneration benefits,” said the revenue service. Based on this payroll information and data from third parties, SARS will be able to issue an income tax return to taxpayers that is pre-populated with the relevant information for the ease and convenience of taxpayers who do not have complex tax affairs. For these taxpayers, filing a return becomes a simple matter of checking that all the information pre-populated on the return is correct and then submitting the return to SARS.” Employers and third parties have from 1 April 2021, until 31 May 2021 to submit their data to SARS. Employers who fail to submit payroll data on time may become liable for late submission penalties of up to 10% of the value of their payroll. “In the interests of their employers and a seamless and hassle-free filing season, we urge all employers to now prepare accurate and up-to-date information that should be submitted to SARS. “ For more details on the submission of payroll data and the online platforms available for submission, employers can visit the PAYE page on the SARS website www.sars.gov.za . < Previous Article Next Article >

  • LUR Shongwe besoek Ermelo, bedank plaaslike GPF

    LUR Shongwe besoek Ermelo, bedank plaaslike GPF 1/2 Share GK CRONJE 7 June 2022 Shongwe het ook ‘n skerp waarskuwing uitgestuur na SAPS lede en bevelvoerders wat die werk van die GPF ondermyn. Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het op Vrydag, 3 Junie 2022, Ermelo besoek om sy lof uit te spreek teenoor die plaaslike Gemeenskaps Polisie Forum (GPF). Die GPF, wyer bekend as CPF, is doodgewone lede van die gemeenskap wat hand aan hand met die SAPS en ander sekuriteit sektors werk om misdaad te bekamp. Dié lede ontvang egter tot hede geen vergoeding vir hul diens aan die gemeenskap nie, en doen die vrywilligheidswerk per eie keuse. Shongwe het egter tydens sy toespraak aan die SAPS, stasiebevelvoerders en GPF lede, gestaaf dat hy ‘n skrywe gerig het aan die regering om fondse opsy te sit vir toelae aan aktiewe GPF lede. Shongwe het sy opregte waardering uitgespreek teenoor die lede van die GPF, wat ‘n tasbare verskil maak in die misdaadsyfer in Ermelo en die omliggende omgewing. Shongwe het ook ‘n skerp waarskuwing uitgestuur na lede en bevelvoerders wat die werk van die GPF ondermyn, en versuim om hul samewerking te verleen tydens patrollie en misdaad tonele. Shongwe het verder die misdaad situasie in Ermelo betreur, veral met fokus op die bendes wat die informele nedersettings se inwoners teister, beroof, verkrag en vermoor op ‘n daaglikse basis. Hy het bevestig dat ‘n daadwerklike plan van aksie in die pyplyn is om die bende geweld te stuit, en uiteindelik op te los. Die departement het ‘n skenking aan die GPF lede oorhandig, wat bestaan uit ‘n GPF baadjie en kep met die embleem, sowel as ‘n swaardiens flitslig, wat uiteraard handig te pas sal kom in Ermelo se donker woonbuurte. Sien meer foto’s, sowel as die LUR se “live stream” toespraak op ons Facebook blad, Tribune Ermelo. < Previous Article Next Article >

  • Lardus sit die virus ore aan, deel sy storie

    Lardus sit die virus ore aan, deel sy storie 1/2 Share GK CRONJE 25 May 2021 Ek het gehoor hoe hy sukkel en hyg na asem met sy long funksie wat so swak is. Die volgende oomblik is dit stil. Dit is die ergste stilte wat ek nog ooit beleef het. Lardus Botha, ‘n geliefde en dierbare in Ermelo, is onlangs uit die Ermelo Medi-Clinic ontslaan na ‘n harde stryd met COVID-19. Lardus het verlede week sy storie met die Tribune ePaper gedeel met die hoop om meer insig en raad te gee aan inwoners. Lardus het op 27 April 2021 ligte griep simptome getoon, maar het nie veel gedink daarvan nie. Hy het vitamienes gedrink en gedink hy sal soos altyd vanself herstel. “Ek is meer as twintig jaar laas in die hospitaal. Ek is oor die algemeen nie sieklik nie, en ek kry oefening in waar ek kan.” het Lardus aan die Tribune ePaper gesê. Maar, wat begin het as ligte griep, het Lardus spoedig getakel en hy het al hoe slegter begin voel. “Op 3 Mei het ek soos ‘n hond gevoel. Ek was regtig siek, en het maar besluit om mediese hulp in te roep. Ek is na my dokter toe, waarna sy my aangeraai het om ‘n COVI-19 toets te doen. Kan jy my skok indink toe die toets positief uitkom?” Lardus se gesig raak emosieloos toe hy die res vertel. “ My dokter het aangeraai dat my gesin ook getoets moet word vir die virus. Ongelukkig was my hele gesin gediagnoseer met hierdie verpresting op 6 Mei. Wat is die kanse dat my hele gesin die virus sal opdoen?” Lardus se gesin het hulself in isolasie geplaas tuis, en het gelukkig herstel van die virus sonder enige komplikasies. Lardus vertel hoe hy opgeneem was op 6 Mei nadat hy gesukkel het om asem te kry, onder andere. “Ek kan die gevoel nie beskryf nie. Jy is heeltyd doodmoeg. Jy hyg, maar jy kry nie genoeg asem nie. Jou longe voel te klein vir jou lyf. Ek is opgeneem en hande en hande vol medisyne gevoer, omtrent twaalf pille daagliks. Ek het so gesweet, julle verstaan nie. Ek moes in die nag opstaan en op ‘n aparte stoel sit sodat my klere en beddegoed eers bietjie kan droog word. Dit klink nie na veel nie, maar ek het 9KG verloor in die tyd wat ek opgeneem was. Ek het emmers vol gesweet, elke uur is ek wakker dan is ek papnat. Alles het gevoel soos moeite, want jou lyf het nie krag nie. Om badkamer toe te gaan was ‘n straf, want jy het doodeenvouding net nie die krag in jou lyf nie.” Lardus skuif ongemaklik rond gedurende die volgende deel van sy storie. “Die ergste vir my was die isolasie. Alhoewel die mediese personeel tops was, en die mans-verpleegster ‘n regte yster was en my elke dag probeer opkikker het, was die stilte en die alleenheid die ergste. Omdat ‘n mens basies in kwarantyn is, mag daar geen besoekers inkom nie. My gesin mag gladnie besoeke afgelê het nie, en so ook nie my vriende nie. Wat my emosioneel die ergste getal het was ‘n man wat hul ingebring het wat langs my gelê het. Hy het ook COVID-19 simptome gehad, maar op ‘n erge graad. Ek het toegekyk hoe die mediese personeel spartel en alles moontlik doen om hom te help, maar te vergeefs. Die man is ‘n paar uur later oorlede. Ek het gehoor hoe hy sukkel en hyg na asem met sy long funksie wat so swak is. Die volgende oomblik is dit stil. Dit is die ergste stilte wat ek nog ooit beleef het. Die finaliteit van sy laaste asem wat hy uitblaas bly ‘n mens by.” Lardus sit vir ‘n paar sekondes in stilte. “My dogter het naderhand vir my ‘n abstrakte inkleurboek gebring, want ek was op die rand van depressie. Om te dink dat die dood vir jou wag om elke draai tydens die siekte is uitmergelend. Jy sit en dink aan nonsens, want jou gedagtes dwaal heeltyd terug na COVID-19, hoe sleg jy voel, en die vrees dat jy die stryd gaan verloor. Die feit dat jou hele lyf heeltyd so onbeskryflik seer is help ook nie veel nie.” Lardus gee ‘n klein glimlag. “Die beste advies wat ek kan gee vir mense wat COVID-19 opdoen, en opgeneem word... Hou jou gedagtes van COVID-19 af. Hou jou brein besig, en moet nie lê en tob oor wat dalk kan gebeur nie. Hou moed, hou aan veg en glo dat jy gaan gesond word. Sodra jy op ‘n hoop gaan sit en jouself bejammer, het jy die stryd klaar verloor. Doen al die oefeninge wat die fisioterapeut vir jou gee gedurende jou herstel, al voel dit hoe moeilik. Ek kon nie eers ‘n gewone ballon opblaas nie, want my longe was kapoet. Die basiese oefeninge van my arms oplig en bene beweeg was ‘n opdraande stryd elke dag. Dit gaan ‘n rukkie vat om ten volle te herstel, ek kan nou selfs skaars 10 meter loop sonder om te voel asof en die Comrades nounet gehardloop het nie.” Lardus sterk tans aan by die huis, en dit gaan baie goed met hom. < Previous Article Next Article >

  • Fondsinsameling vir Isabella Stark ‘n groot sukses

    Fondsinsameling vir Isabella Stark ‘n groot sukses 1/2 Share SM HATTINGH 26 October 2021 "Dit was 'n uitdaging met die wind, maar dit was een lekker daggie vol omgee, liefde en ondersteuning, my hart loop oor van dankbaarheid!" Op Saterdag, 23 Oktober, was daar ‘n modelkompetisie aangebied by Camel’s Madness Restaurant. Die kompetisie wasvir fondsinsameling vir Isabella Stark se mediese onkostes. Die dag was bekroon as ‘n groot sukses. Die kompetisie is aangebied deur Blush Models Ermelo, en die modelle het almal asemrowend mooi gelyk, en die dag vreeslik geniet. Blush Models wil graag van die geleentheid gebruik maak om hul borge te bedank: “Kameel van Camel's Madness Restaurant en sy yster span, julle is die beste. Linda Pitzer, Bernice Coetzer en Berdine Botha, so baie dankie! DJ Sweet Sounds, Joshua Stark, Eco Wash, Hough Burger, Burger Springkastele, Elna Janse van Vuurren, Studio 7, Lady Latte, Coal Miners, Rochelle van Creative Cutz, Anita Kruger, Bo Kamer Gastehuis en Living Waters, Chris Rothman, Danie Louw, Bart Delport, Jaco Papenfus en Stefan van Coller, Siyabonga Masuku, Margé de Lange, Nanette Cup Cakes en Jean-Roux Flack, Mr. Pre Teen SA 2021 en Mr. Pre Teen Face SA 2021. Aan die beoordelaars, Anne Marie van Heerden, Mureli Roux en Suretha van Rooyen, dankie, julle het julle goed van julle taak gekwyt. Aan my regter hand Cindy Kitchenmaster, dankie vir al jou harde werk. Natasha Lourens, vir jou mooiste rokke by Brides Choice (Pick n Pay sentrum) die modeparade was baie mooi. Aan al die modelskole, Allison Danielle Cronje en Yolandri Fourie wat my altyd getrou ondersteun, aan elke liewe model, en ouer. Dit was 'n uitdaging met die wind, maar dit was een lekker daggie vol omgee, liefde en ondersteuning, my hart loop oor van dankbaarheid!” < Previous Article Next Article >

  • Update: MLM budget announcement

    Update: MLM budget announcement 1/2 Share GK CRONJE 15 June 2021 Malaza stated that substantial amounts are being paid to Eskom, servicing an account that, according to him, may not be settled in the near future. Amidst all-time high dissatisfaction from residents, and a new low in service delivery, the IDP budget has been announced by Msukaligwa Local Municipality (MLM), and has been slated as a multi-year budget. The MLM executive mayor, Cllr. Mkhaliphi, delivered the budget announcement, and subsequently outlined the state of the municipality. He admitted that the municipality is currently in a mixed state, and that several backlogs have been ameliorated due to the purchase of new equipment. According to Mkhaliphi, MLM will no longer rely on private service providers for fault finding and other services and that service delivery will be fast tracked. According to the report, MLM acquired, since 2019, 15 new vehicles, a compactor truck, a sweage suction tanker, 2 TLB heavy machinery vehicles and 2 vehicles for traffic management. According to Mkhaliphi, this will reduce expenditure on contractors. However, water delivery to rural areas are still maintained by hired vehicles. The acting municipal manager, SI Malaza, further stated that with the assistance of Gert Sibande District Municipality (GSDM), the municipality has aquired 5 water tankers, a bulldozer for the landfill site, a waste compactor truck, crane truck, a TLB, 6 light delivery vehicles and 1 traffic vehicle. He further stated that the municipality struggles with ageing infrastructure, insufficient maintenance budget, as well as issues with revenue collection. MLM is currently implementing a financial recovery plan to enhance revenue. Another major setback involves electricity, cable and copper theft, as well as arson. Malaza stated that substantial amounts are being paid to Eskom, servicing an account that, according to him, may not be settled in the near future. According to the latest know figures, MLM has an arrangement of R180 634 883 with Eskom, with R35 000 000 already paid, and R145 634 883 being outstanding. It is unclear how these figures were calculated, or if these amounts are the interest or the capital amount owed. According to the last known report, MLM owed Eskom R172 million in August 2020. According to the MLM spokesman, Mandla Zwane, the municipality is on schedule with the arrangement between MLM and Eskom, and has stated that the NMD has remain unchanged since the court order forcing the lowered NMD to be restored. Find the detailed layout of the IDP in next week’s publication of the Tribune ePaper, including the services covered by MIG, departmental and WSIG funds. < Previous Article Next Article >

  • Zero annual price increase in Medirite’s winter flu vaccine

    Zero annual price increase in Medirite’s winter flu vaccine 1/1 Share GK CRONJE 8 March 2022 Medirite is offering the flu vaccine at its 144 pharmacies located across South Africa. All major medical aids are accepted. Medirite will be administering flu vaccines for just R109.99 each, a price unchanged from last year, when it offered the cheapest flu vaccine in South Africa among the major pharmacy chains. From the second week of March, the pharmacy chain, conveniently located inside Shoprite and Checkers supermarkets, will be among the first to offer flu vaccines for the upcoming winter season. Lisa Giltrow, senior pharmacist at Medirite, says the flu vaccine is safe, recommended for all age groups and is the most effective way to prevent infection this season. “While flu can impact all age groups, some groups and individuals are more at risk than others. In particular, the elderly, pregnant women, children, those with chronic conditions, and health care workers are at increased risk of contracting or being severalty affected by flu,” explains Giltrow. Medirite is offering the flu vaccine at its 144 pharmacies located across South Africa. All major medical aids are accepted. Customers are encouraged to call their preferred Medirite to make an appointment. < Previous Article Next Article >

  • Lakesh Maharaj, new president of Phoenix Rotary Club

    Lakesh Maharaj, new president of Phoenix Rotary Club 1/0 Share SH HATTINGH 25 August 2020 ​ The Phoenix Rotary Club hosted their Induction Dinner on Friday, 21 August, at Makou Restaurant. The club members enjoyed the evening, where Janine Cirigliano, the outgoing president, announced the new commitee. Lakesh Maharaj was announced as the new president, with Lawrence Wood as the secretary. The club also welcomed Michael and Libby Hagemann as the new members. “Congratulations to everyone, the community looks forward to work with the new committee.” < Previous Article Next Article >

  • Unmatched response from ER24 - Real help, real fast

    Unmatched response from ER24 - Real help, real fast 1/11 Share GK CRONJE 6 April 2022 Adeel comforted the boy with words of encouragement while they waited for the parents to arrive. On Friday, 1 April 2022, a young cyclist was hit by a Toyota Quantum at the Church- and Voortrekker Streets intersection, and sustained light injuries. The driver of the vehicle told the Tribune that the traffic light was green for oncoming traffic, when the boy came across the road in the direction of McDonalds. Luckily, two bystanders rushed to the boy’s aid, and kept him calm until EMS arrived. ER24 stalwarts, Adeel Vorajee and Sandile Mthupha were on scene in a matter of minutes, where they tended to the injured boy. Sandile assisted in redirecting the traffic flow and assessing the scene, while Adeel comforted the boy with words of encouragement while they waited for the parents to arrive. The youngster had to be taken to hospital to assess the extent of injuries to his left leg and ankle. The injuries has since been deemed as light, according to available information. A special word of thanks is also extended the Transport Inspectorate officer for tending the scene and directing traffic, while they waited for SAPS to arrive. < Previous Article Next Article >

bottom of page