Nóg ‘n historiese baken in sak en as

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/7

GK CRONJE

3 August 2021

MLM het in 2019 beweer dat hul sou opknappings doen aan die gronde, sowel as die heining, wat op plekke platgetrek was deur kwaaddoeners. Niks het egter van dit gekom nie.

Met swaar harte kyk Ermelo se inwoners hoe Ermelo se infrastruktuur en geboue stelselmatig verval en inmekaar tuimel, en dikwels in so mate gevandaliseer word dat dit finansieël nie sin sal maak om die strukture en geboue te herstel nie. Vanaf die swembad tot die ou biblioteek, onder andere, gaan die geskiedenis van Ermelo en die stigters lede, stukkie vir stukkie, jaar tot jaar, tot niet. Gepaard met die absulute finansiële wanbestuur vanaf Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM), is daar bykans geen hoop vir die toekoms van Ermelo, tensy daar drastiese stappe geneem word nie. Talle klagtes vanaf inwoners wat in die area van AJ Swanpoel Stadion woon is ingedien oor die loop van die afgelope maande, met meeste van die klagtes wat fokus op die kriminele elemente wat hulself tuismaak op die stadion se gronde.

Verskeie klagtes lig ook die vandalisme van die geboue, tennisbane en korfbalbane uit. Mandla Zwane, woordvoerder van MLM, het in September 2019 aan die Tribune ePaper gesê dat hul in die begroting voorsiening gemaak het vir die opknapping van die stadion en die gronde, siende dan verskeie sportdae en wedstryde op dié gronde plaasvind. MLM het egter, soos wat verwag was, geen werk gemaak van hul beloftes nie, en die gronde is tans in ‘n aansienlike swakker toestand. MLM het in 2019 beweer dat hul sou opknappings doen aan die gronde, sowel as die heining, wat op plekke platgetrek was deur kwaaddoeners. Niks het egter van dit gekom nie, en die heining om die sportveld het intussen heeltemal verdwyn. MLM het ook beloof om die booswigte wat in die geboue plak en dwelms misbruik en verkoop te ontruim, en die geboue te herstel.

Niks het egter ook van dit gekom nie. Inteendeel, tydens ondersoek het die Tribune ePaper opgemerk dat die geboue aan die binnekant gestroop is van alle items van waarde, insluitend kragproppe, venstergrepe, krane, waterpype en meer. Die meerherheid van die geboue is vensters ins gebreek, en die telbord in die tennisklub se gebou is gevandaliseer met kru graffiti. Die gebou se vloere is gesaai met gebruikte kondome en dwelm-apparate, as van vure wat gemaak is, menslike ontlasting en urine, sowel as gebruikte spuitnaalde. In die korfbal gebou het dwelmgebruikers hulself tuisgemaak, en lê in ‘n beswyming op vuil komberse en matrasse. Van die badkamers is afgekamp waar elkeen hul hoekie van die geboue geëis het.

Die tennis-en korfbalbane is gestroop van alle wardevolle metaal, en die tennisbane se omheining word op hierdie stadium stuk vir stuk verwyder. Die bloekombome langs die stadion word ook stelselmatig afgekap en opgesaag deur ewekansige inwoners, en die veld word verniel deur die bandspore van inwoners wat met hul voertuie op die veld ry, en sluwe inwoners wat saans gebruik maak van dié veld se stikdonkerte om nabye prostitute te ondersteun. Alhoewel die SAPS, munisipaliteit en ander owerhede bewus is van die onheilighede wat aangaan op die terrein, word daar geen stappe geneem nie.

Sien meer foto’s op ons Facebook blad, Tribune Ermelo.